Hoe om die verlies van ŉ geliefde te hanteer

Vukuzenzele unnamed

Baie mense het weens die koronaviruspandemie  geliefdes aan die dood afgestaan en dié verlies voel dikwels onwerklik en moeilik om te begryp.
“Jy is nie die enigste een nie,” verseker Zanele Ludziya, ŉ gemeenskap-sielkundige verbonde aan die Stiklandhospitaal in die Wes-Kaap.Om ŉ geliefde te verloor, is nooit maklik nie en kan ŉ vlaag emosies ontketen. “Daar is baie tekens wat daarop dui dat ŉ geliefde deur die rouproses gaan, maar ŉ gebrek aan sigbare simptome beteken nie nood-wendig dat die persoon nie rou nie. “Mense mag tekens van woede, irritasie, hartseer of onverskilligheid toon. Hul kognitiewe funksionering kan ook aangetas word omdat hulle ingedagte is danksy gedagtes oor en her-inneringe van die ontslape geliefde. Hulle mag dalk sukkel om te konsentreer of verstrooid voorkom,” sê Ludziya.Sy raai mense aan om op te let na gedragsveranderinge soos tranerigheid of ŉ toe-name in alkoholen dwelm-gebruik. “Hulle mag dalk meer as gewoonlik rook, hulle mag hulself onttrek of isoleer, of hulle mag mense en plekke vermy. Hulle mag dalk stilte of harder geraas soek. Hulle kan ook meer aggressief en kortaf wees,” sê sy.Wanneer mens steun bied aan ŉ geliefde, help dit om die rouproses te verstaan en te besef dat elke persoon dit anders ervaar, volgens Ludziya. Sy verduidelik dat om te rou nie ŉ toestand is nie, maar wel ŉ proses; en dat mense deur verskillende fases gaan tydens die rou-proses.Die algemene fases van die rouprosesDie algemene fases tydens die rouproses is ontkenning of isolasie (weens skok of verslaentheid); woede (word kwaad vir ander mense wanneer hulle niks verkeerd gedoen het nie); onderhandeling (skuld-gevoelens oor dinge wat nooit gesê is nie en onge-dane sake); depressie (die hartseer wanneer ŉ mens besef die lewe sal aangaan sonder die geliefde); en aanvaarding (die persoon aanvaar die werklikheid, maak vrede met die verlies en vind ŉ manier om steeds ŉ vervulde lewe sonder die geliefde te lei).“Een van die maniere waarop ŉ mens die situasie kan hanteer en ondersteu-ning kan bied is om begrip te hê met die roufase waarin jy of die ander persoon is. Dit sal die persoon wat rou gerusstel dat dit wat hulle ervaar, normaal is. Behandel die persoon met empatie, geduld en begrip; en hou ingedagte dat dit waardeur jy nou gaan, nie vir altyd sal aanhou nie,” sê Ludziya. 



