
COVID-19 entstof: Wat jy moet weet

Allison Cooper

Met Suid-Afrika se grootskaalse koronavirus  (COVID-19)-inentingsprogram wat in Februa rie vir gesondheidswer kers ontplooi word, werp Vuk’uzenzele ‘n bietjie lig op wat die COVID-19-entstof is en waarom dit so belangrik is om die verspreiding van die virus te bekamp.
Wat doen ’n entstof?‘n Entstof leer jou liggaam se immuniteitstelsel (wat infeksie beveg) om teenliggaam pies (proteïene wat siektes beveg) te vervaardig – presies soos dit sou doen as jy aan ’n virus blootgestel sou word.
Hoekom is die entstof so belangrik?Inenting teen COVID-19 is ’n doeltreffende manier om jouself teen die virus te beskerm, want jy het ’n verminderde risiko op infeksie. Die kans is dan ook kleiner dat jy die virus aan iemand anders sal oordra.Die doelwit van inenting is om kudde-immuniteit te bereik – wanneer genoeg mense van die bevolking immuun teen die virus is, verskaf dit indirek beskerming aan diegene wat nie immuun is nie, wat die verspreiding van die virus onder beheer bring.
Is entstowwe noodsaaklik om die verspreiding van COVID-19 te voorkom?Daar is oorweldigende wetenskaplike bewyse dat inenting die beste verdedigingsmeganisme teen ern stige infeksies is.
Sal die entstof voorkom dat ek COVID-19 kry? Geen entstof bied 100% bes kerming nie.Kudde-immuniteit bied ook nie volledige beskerming aan diegene wat nie ingeënt is nie, alhoewel hierdie mense tog beduidende beskerming sal geniet.Is die entstof veilig?COVID-19-entstowwe onder gaan ’n veeleisende, multi-fase-toetsproses, insluitend kliniese proewe waaraan tienduisende mense deelneem.Elke entstof wat in Suid-Afrika se grootskaalse entstofprogram gebruik word, moet deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) goedgekeur word.Die Oxford Universiteit-AstraZeneca-entstof is reeds deur verskeie reguleerders regoor die wêreld goedge-keur en word tans in ander lande ontplooi.
Waarvandaan kry Suid-Afrika sy eerste entstowwe?Die eerste twee besendings entstowwe wat na Suid-Afrika toe kom (een miljoen in Januarie en 500 000 in Februarie) is die Oxford Universiteit-AstraZeneca-entstof van die Serum-instituut van Indië.
Wie gaan die entstof eerste kry?Die land se geskatte 1,25 miljoen gesondheidsorgwerkers gaan die entstof eerste kry. In Fase Twee sal prioriteit gegee word aan essensiële werkers soos onderwysers, die polisie, munisipale werkers, taxibestuurders en ander frontliniepersoneel; mense in inrigtings en tehuise soos ouetehuise, skuilings en tronke; asook mense ouers as 60 en volwassenes met onderliggende siektetoestande. In Fase Drie sal ongeveer 22,5 miljoen van die oorblywende bevolking ingeënt word.Die mikpunt is om 67% van die bevolking teen die einde van 2021 in te ent. Ons behoort dan kudde-immuniteit te bereik.
Wie koop die entstof aan?Die regering is die enigste aankoper van entstowwe en sal dit na die provinsiale regerings en private sektor versprei.Almal wat ingeënt is, se name sal op ’n nasionale register geplaas en van ’n inen tingskaart voorsien word.  


