My kind het epilepsie – wat nou?

Allison Cooper

Die nuus dat ŉ kind epilepsie het, kan ŉ skok vir die hele gesin wees. Tog is dit moontlik om ŉ omge-wing vol begrip, liefde en aanvaarding te skep waarin jou kind kan groei en kan glo in hul vermoëns om sukses te behaal.
Volgens Epilepsy South Africa kan ouers van ŉ kind met epilepsie besorg wees oor hul kind se toekoms en dit moeilik vind om die toe-stand te aanvaar of daaroor te praat. Jy mag moontlik angstig, kwaad, depressief, onvolwaardig of skuldig voel, maar jy kan hierdie ge-voelens oorkom deur jouself oor epilepsie in te lig.Epilepsie behels die ge-neigdheid tot aanvalle ofte-wel stuipe, wat deur abnor-male elektriese impulse in die brein veroorsaak word.Hoekom my kind?Om epilepsie en die rede vir stuipe te verstaan, verduide-lik egter nie hoekom dit juis met jóú kind gebeur nie.Die onderliggende oorsaak van epilepsie is in ongeveer 66% van alle gevalle onbe-kend. Dit word na verwys as idiopatiese epilepsie. In die res van die gevalle kan die onderliggende oorsake wel geïdentifiseer word en word dit simptomatiese epilepsie genoem.Daar is ŉ verskeidenheid onderliggende oorsake, byvoorbeeld kopbeserings, wat op enige ouderdom kan plaasvind; ŉ besering tydens geboorte, soos ŉ suurstoftekort met geboorte; koorsstuipe, enkefalitis, me-ningitis of masels as kind; en metaboliese of biochemiese versteurings of wanbalanse.
ŉ Doktor sal medikasie  voorskryf na aanleiding van die ouderdom en fisiese toestand van jou kind, asook die tipe aanvalle wat jou kind kry. Onthou dat anti-stuip-wekkende medikasie nie epilepsie genees nie, maar, in die meeste gevalle, sal dit die frekwensie en felheid van die aanvalle beperk.Wenke vir ouers van kinders met epilepsie• Maak jou kind bewus van die toestand. Kinders van so jonk as drie jaar oud kan verstaan dat die brein die liggaam beheer. Ouer kinders kan ŉ meer breed-voerige verduideliking met meer besonderhede verstaan.• Lig familielede na aan die gesin in, asook jou kind se vriende, onderwysers en ander verantwoordelike skoolbeamptes. • Maak seker dat jou kind ŉ breedvoerige mediese on-dersoek by ŉ gekwalifiseer-de professionele mediese kenner ondergaan, ideaal gesproke ŉ neuroloog.• Beklemtoon jou kind se talente en enige aktiwiteite wat hul selfvertroue, self-aanvaarding en eiewaarde sal bevorder. • Maak seker dat daar altyd volwasse toesig by akti-witeite soos, byvoorbeeld, swem is.• Maak seker jou kind neem hul medikasie getrou en soos voorgeskryf.• Bepaal ŉ vaste roetine met baie tyd vir rus, drie geba-lanseerde maaltye per dag en gereelde oefening.• Wanneer jy die epileptiese aanvalle aan jou kind ver-duidelik, gebruik woorde wat hulle sal verstaan.• Moenie jou kind toelaat om epileptiese aanvalle of stuipe as ŉ verskoning te gebruik om huistake vry te spring of nie verantwoor-delikheid te aanvaar nie.

