Beter 2021 vir alle Suid-Afrikaners Die eerste weke van die nuwe jaar was maar moeilik vir alle Suid-Afrikaners.
 
Vukuzenzele Unnamed

Die koronaviruspandemie het vererger, met nuwe infek-sies wat baie vinniger ge-styg en groter getalle be-reik het as ooit vantevore. Hospitale is onder baie druk geplaas, met al hoe meer mense wat mediese aandag benodig het.
Alhoewel die meeste van die land se ekonomiese sek-tore nou al vir ŉ hele paar maande weer in staat was om handel te dryf en te pro-duseer, gaan dit tyd neem vir die ekonomie om te herstel, en werkskepping en indiens-name om weer op die been te kom. Met die begin van die nuwe jaar is daar baie gesinne en families wie se lewens en lewensbestaan steeds deur die pandemie geraak word. Die wêreld betree nou die tweede jaar van die koronaviruspandemie. Vir Suid-Afrika, soos ook vir die meeste lande regoor die wêreld, gaan die jaar 2021 vol uitdagings wees. Die tweede vlaag KOVID-19-infeksies kan heel moontlik deur nóg vlae gevolg word, wat bedrei-ging vir beide ons mense se gesondheid en die herstel van ons ekonomie inhou. Ek is seker daarvan, so moeilik soos wat vanjaar gaan wees, dat ons die pan-demie te bowe sal kom en saam ons land koersvas op die herstelpad sal plaas. Dié vertroue wat ek het, is te danke aan die mense van Suid-Afrika. As ek kyk na hoe Suid-Afrikaners van meet af op die krisis reageer het, van-dat die eerste koronageval op eie bodem bevestig is, twyfel ek nie vir ŉ oomblik dat ons die deursettingsvermoë, dis-sipline en vermoëns het om die virus te klop nie. Die volstrekte meerderheid van Suid-Afrikaners het begryp dat dit noodsaaklik was om hul daaglikse doen en late en aktiwiteite te be-perk en die maatreëls wat in plek gestel is, te gehoorsaam — natuurlik was daar ŉ paar uitsonderings. Inteendeel, dié maatreëls is getrou gevolg en die meeste Suid-Afrikaners het voorts ook die verant-woordelikheid vir hulself en diegene om hulle op hulself geneem deur ag te slaan op voorkomingsmaatreëls soos sosiale distansiëring, die dra van maskers en gereelde handewas.
Waar dié voorkomende maatreëls egter nie gevolg is nie, was die nagevolge onge-lukkig ooglopend. Ons besef nou die risiko’s verbonde aan samedromming in geslote spasies en tussen ŉ groot aan-tal mense, noue kontak met ander mense en wat gebeur as mense nie maskers dra nie en ŉ gesonde afstand van ander mense handhaaf nie.  Dit is goeie tekens vir die jaar vorentoe — ons weet immers nou baie meer van die koronavirus en hoe om die verspreiding daarvan te bekamp en, ten spyte van sogenaamde “pandemie-moegheid”, is ons, as Suid-Afrikaners, meer vasberade as ooit om te doen wat van ons vereis word.Ons gaan ook, benewens dat ons die basiese voorkomings-maatreëls selfs nog meer pligsgetrou gaan handhaaf, ŉ reuse inentingsveldtog van stapel stuur. Ons gaan, namate daar meer en meer mense ingeënt word, lewens red en boonop voortskrydend die risiko van infeksie onder die bevolking verminder.Een van die jaar se grootste uitdagings gaan wees om genoeg inentings te bekom — en seker te maak dat dit die mense wat dit benodig, bereik. Wat dit verder be-moeilik, is dat al die lande regoor die wêreld meeding vir die beperkte voorraad inentings wat beskikbaar is. Ons werk egter saam met handelsvennote, asook ven-note in die arbeidsektor en die burgerlike samelewing, hard daaraan om soveel moontlik inentings te bekom. Ons is tans op ŉ hele paar fronte besig om inentings te probeer kry, insluitend die globale COVAX-fasiliteit, die inisia-tief van die Afrika-unie asook deur ons eie samesprekings met entstofvervaardigers.Ons gaan ook kragte moet saamsnoer om ons ekonomie te herbou en transformeer, namate ons saamstaan om die pandemie die hoof te bied. Ons het beide die vermoëns en die wil om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer, die ekonomie te ontwikkel en sodoende werkskepping te bevorder; dít alles te midde van ŉ pandemie. Staatsfinansies is erg onder druk, nou meer as ooit van-tevore, weens die koste van ons gesondheidsaksieplan met betrekking tot KOVID-19 en die maatskaplike en eko-nomiese verligtingsmaatreëls wat ons in plek gestel het om besighede en armoedige huishoudings te steun. Die krimping in die ekonomie beteken dat belastinginkom-ste ook noemenswaardig afgeneem het. Daar is som-mige dele van die ekonomie wat langer gaan neem om te herstel, danksy die daling in die algemene wêreldwye aanvraag, asook die beper-kings op internasionale reis. Ons gaan juis daarom in-noverend moet wees en ons moet toespits op ons planne om die ekonomie te herbou. Dit is noemenswaardig dat die Ekonomiese Herkon-struksieen Herstelplan wat ons laasjaar in Oktober aangekondig het, gebaseer is op die breë konsensus onder alle maatskaplike ven-note rakende die aksies wat geneem moet word om die ekonomie te herbou. Dit skep ŉ vaste basis vir doeltreffende samewerking gestel in die hulpbronne, vermoëns en kragte van alle dele van die samelewing.Dié is merkbaar op verskeie praktiese maniere. Ons is, byvoorbeeld, in noue same-werking met verskeie privaat befondsers en multilaterale ontwikkelingsinstellings met betrekking tot infrastruktuur-projekte in gebiede soos ver-voer, menslike nedersettings, water en telekommunikasie. Ons is besig om befondsings-modelle vir dié projekte te ontwikkel wat van verskeie bronne in beide die openbare en privaat sektor gebruik sal maak en wat die Infrastruk-tuurfonds as middel gebruik. Dit is veral van belang ge-gewe die huidige beperkings op staatsfinansies. Die Presidensiële  Werkskeppingstimulus is nog ŉ voorbeeld van sulke vennootskappe in aksie. Ons het, met die verstandhou-ding dat dit tyd gaan neem vir ekonomiese groei om ŉ styging in werkskepping in die privaat sektor te toon, die ekonomiese stimulus geloods om onmiddellik te begin om werksgeleenthede te skep. Die Presidensie koördineer dié program, maar dit word deur ŉ verskeidenheid staats-departemente en verskillende staatsfere geïmplementeer. Derduisende werklose mense is, danksy dié program, nou in staat om beide geld te ver-dien asook om nuwe vaardig-hede aan te leer terwyl hulle waardevolle maatskaplike dienste lewer. Dié program sal mettertyd ook ŉ 'maatskaplike' indiens-name-gedeelte insluit, waar ons saam met ander maats-kaplike rolspelers bande gaan smee om mense in ŉ verskei-denheid aktiwiteite in diens te stel — wat  wissel van die bevordering van voedselse-kuriteit tot die aanspreek van geslagsgebaseerde geweld en die opgradering van informe-le nedersettings — alles in die belang van die samelewing. Al dié werk word benadruk met ŉ aggressiewe fokus op die ekonomiese hervormings wat tot die grootste mate op groei gefokus is. Dit sluit in om elektrisiteitsopwekking-kapasiteit te verhoog, om ons hawens meer doeltreffend en mededingend te maak, om toegang tot bekostigbare breëband te verbeter, en om die omkeertye van water-, mynbouen ander lisensies te verbeter. Dié werk word gesamentlik deur my kantoor en die Nasionale Tesourie gemonitor en gekoördineer.Daar is soveel wat ons in die jaar wat voorlê te doen staan en ons gaan sonder twyfel teen baie steil uitdagings te staan kom. Ons het egter getoon dat ons as ŉ nasie sukses kan behaal, mits ons saamwerk in die strewe na ŉ gemeenskaplike doel. Ons kan verseker, solank ons dit onthou en verenig optree, dat 2021 net beter ge-sondheidheid en beter lewens vir ons almal sal inhou.  Ek wens julle net die beste toe vir die nuwe jaar. 