Nog ŉ kans om matriek te slaag 

Cathy Grosvenor

Die boodskap van die Departement van Basiese Onder wys (DBO) se Second Chan ce-ondersteuningsprogram is dat dit nooit te laat is om matriek te slaag of die uitslae te behaal wat jy wil hê nie. Die programdirekteur, Dr. Sandy Malapile, sê dat ŉ matriekkwalifikasie ŉ absolute noodsaaklikheid is aangesien baie deure na geleenthede daarsonder gesluit bly. “Sektorale Onderwys en Opleidingsowerhede (SETA's) is die taak opgelê om die nasie se vaardigheidsvlakke te verbeter deur opleidingsprogramme en vakleerlingskappe en vereis ook dat kandidate matriek het," sê Dr Malapile.Die Second Chance -pro gram, wat in Januarie 2016 geloods is, ondersteun enigiemand — van enige ouderdom — wat vak-vir-vak en deeltyds ŉ matriekkwalifikasie wil behaal of hul uitslae wil verbeter. Daar is geen koste aan verbonde nie.
Wie kwalifiseer? • Mense wat hulle ma triekuitslae wil verbeter, hetsy hulle onlangs of selfs dekades gelede matriek geskryf het. Dr. Ma lapile verduidelik dat ŉ persoon wat byvoorbeeld ŉ ingenieurskwalifikasie wil verwerf, moontlik hulle wiskundepunt moet verbeter om vir die kursus te kwalifiseer.
• Mense wat matriek gedruip het en ŉ tweede kans wil hê om te slaag.
• Mense wat die skool verlaat het nadat hulle graad 9 (destyds standerd 7) geslaag het, of mense wat 21 of ouer is en matriek wil verwerf.
Hoe om te begin Registreer by een van die 75 distriksonderrigkantore landwyd of aanlyn by:  www.eservices.gov.za.Registrasie het op 1 Oktober geopen en sal in Februarie 2021 sluit. Leerders studeer óf na-ure op hulle eie óf by een van die 133 Second Chance-sentrums waar on derrig na-ure en oor naweke van aangesig-tot-aangesig plaasvind. Dr. Malapile sê dat slegs die top presterende onderwysers in elke distrik by hierdie sentrums werk. Daar is nie ’n sentrum in elke stad of dorp nie, maar slegs in gebiede waar die meeste mense geregistreer het; dit beteken dat hul ligging elke jaar kan verander.Leerders wat van aangesig-tot-aangesig leer sowel as leerders wat by die huis studeer het toegang tot ŉ volle reeks studie-ondersteuningsdienste, wat wissel van lesse wat op spesifieke tye op radio en televisie uitgesaai word, tot aanlynmateriaal wat afgelaai kan word. Vir diegene wat nie toegang tot rekenaars, drukkers en die internet het nie, word gedrukte studiemateriaal deur die DBO aan hulle gestuur. Mense wat ŉ rekenaar het, maar geen internet of data nie, mag ŉ CD met al die studiemateriaal aanvra, wat aan hulle gepos sal word."Volwasse leerders mag dalk nie baie tyd hê om aan hulle studies te bestee nie. Hulle kan gelukkig besluit hoeveel vakke hulle per jaar wil neem, omdat hulle nie hul matriek binne ŉ vasgestelde tyd hoef te voltooi nie.”Die DBO sal elke ouer leerder help, sodra hulle geregistreer is, om die vakke te kies wat hulle wil neem en verduidelik watter verpligtend is. Wanneer  mense wat die skool na 2008 verlaat het, slaag, sal hulle ŉ Nasionale Senior Sertifikaat ontvang en diegene wat die skool vroeër verlaat het, sal ŉ Gewysigde Senior Sertifikaat ontvang. Dr. Malapile sê egter dat albei kwalifikasies dieselfde gewig dra en, afhangende van die vakke wat geneem is en punte wat behaal is, gebruik kan word om by universiteite en kolleges aansoek te doen.Kry tweede kanseDie DBO hou gemeen
  skapsveldtogte om mense aan te moedig om vir die Second Chance -program in te skryf. Tersiêre onderriginstansies en SETA's word genooi om soveel inligting moontlik aan belangstellendes te verskaf.By verskeie van hierdie veldtogte het die jeug Minister Angie Motshekga ge vra om programme bekend te stel wat jongmense kan help om meer geskik vir indiensneming te wees, sê Dr. Malapile. Die DBO het gereageer deur vanjaar ŉ vaardigheidsontwikkelingsprogram te loods wat gerig sal wees op ongeveer 3,4 miljoen jongmense wat nie werk, onderrig of opleiding het nie. Kursusse sal wissel van lewensvaardighede — wat onderwerpe soos hoe om ŉ CV te skryf en wat om by ŉ werksonderhoud te doen, dek — tot basiese vaardigheidskursusse soos hoe om skoene te herstel, basiese Inligtingstegnologie en -kommunikasie en geletterdheid. vVir meer inligting, besoek:  www.education.gov.za/Curriculum/SeniorCertificate/SCRegistration.aspxHet jy geweet?
•	Jy	moet	die	huidige	kurriku-lum	volg,	ongeag	of	jy	in	die	60's	of	onlangs	die	skool	verlaat	het.
•	Die	Suid-Afri-	 kaanse	onder-wysstelsel	maak	ook	voorsiening	vir	mense	wat	voor	graad	9	die	skool	verlaat	het,	deur	die	Departement	van	Hoër	Onderwys	en	Opleiding	se	basiese	onder-rig-	en	oplei-dingsprogramme	vir	volwassenes.