
SA is besig om MIV en vigs te oorwin

vukuzenzele Unamed

kan nie te midde van ons pogings om die verwoestende koronavi-ruspandemie te beheer, ander openbare gesond-heidsuitdagings wat ons land in die gesig staar, ignoreer nie.
Die land is al vir meer as drie dekades in ŉ voortdu-rende stryd teen MIV en vigs gewikkel, wat baie lewens-verliese, swaarkry en lyding veroorsaak.Baie MIV-, vigsen tu-berkulosedienste is swaar getref deur die uitbreek van COVID-19, die landwye grendeltydperk en die druk op ons gesondheidsfasilitei-te. Dit hou ŉ uitdaging in vir mense wat getoets is en met antiretrovirale behandeling begin het. Baie mense sukkel om hulle medisyne te gaan haal en minder mense het toegang tot ander dienste, soos vrywillige manlike me-diese besnyding.Ons het terselfdertyd baie lesse uit ons openbare ge-sondheid se reaksie op die koronaviruspandemie geleer, wat ons stryd teen MIV en TB kan versterk.Suid-Afrika het steeds die grootste aantal mense ter wêreld wat met MIV leef. Dit is egter bemoedigend dat ons oor die afgelope dekade vordering gemaak deur die aantal nuwe MIV-infeksies in die bevolking met byna 60% te verminder.Dit is ook bemoedigend dat MIV-infeksies in tiener-meisies en jong vroue oor die afgelope dekade aansienlik afgeneem het. Dit is ŉ deur-slaggewende groep, want hulle is baie meer geneig om in gevaar te wees om MIV te kry.Ons behandelingsprogram het tot ŉ afname van 60% in die aantal sterftes as gevolg van vigs, bygedra. Daar is ook ŉ groter afname in MIV-verwante sterftes onder jongmense.Dit was moontlik om die aantal sterftes te verminder omdat ons, saam met ons vennote, ŉ uitgebreide anti-retrovirale program vanstapel gestuur het, wat mil-joene mense wat met die siekte lewe, bereik het.Ons program om moeder-na-kind-oordrag (PMNKO) van MIV te voorkom het aan die begin van die dekade baie lae dekking gekry. Ons het nou een van die hoogste dekkingskoerse van PMNKO in Suider-Afrika, wat die infeksiekoers onder kinders beduidend laat afneem het.Hoewel sterftes en nuwe infeksies afgeneem het, is ons steeds ver van die doelwit af waartoe ons onsself in 2016 verbind het, naamlik om teen 2020 ŉ afname van 75% in MIV-infeksies te bereik. Indien ons sukses behaal, sal ons vigs as ŉ bedreiging vir openbare gesondheid waarskynlik teen 2030 kan beëindig.Ons is ongelukkig nog nie daar nie. Ons moet baie meer doen om te verseker dat jong-mense bemagtig word om in-feksie te voorkom, insluitend deur gedragsverandering, toegang tot kondome en gereelde toetsing. Ons moet ook seker maak dat almal wat die siekte het, toegang tot behandeling en sorg het.Ons moet harder werk aan die voorkoming van MIV onder die sleutelbevolkings, waaronder sekswerkers, mans wat seks met mans het en mense wat dwelms in-spuit. Ons moet die stigma en diskriminasie teen dié bevol-kingsgroepe stopsit. Ons kan nie poog om MIV te beëindig as ons die behoeftes, belange en regte van enige deel van ons bevolking ignoreer nie.Suid-Afrika moet sy po-gings om jong mans medies te besny uitbrei, om hul risiko om MIV op te doen, te verminder. Onveilige be-snyding behoort nie vir jong mans lewenslange probleme te veroorsaak nie en niemand behoort as gevolg van besny-ding te sterf nie. Ons moet seker maak dat daar veilige besnyding vir jong mans is. Ons is bemoedig deur die bevindings van ŉ onlangse studie oor voorblootstel-lingsprofilakse (VBP). VBP behels die gereelde gebruik van antiretrovirale middels deur MIV-negatiewe mense om infeksie te verhoed, anders as antiretrovirale be-handeling wat aan MIV-po-sitiewe mense gegee word. Die studie, wat deur weten-skaplikes van die Netwerk vir MIV-voorkomingsproewe uitgevoer is, het bevind dat langwerkende inspuitings, een keer elke agt weke, beter werk as die daaglikse pil wat vir MIV-voorkoming gebruik word. Dié bevindings het die potensiaal om ons reaksie op die epidemie aansienlik te versterk.As ons vigs binne die vol-gende dekade as ŉ bedrei-ging van openbare gesond-heid wil beëindig, moet ons dié mediese deurbrake met fundamentele gedragsver-anderinge kombineer. Ons moet ook die ekonomiese en gemeenskaplike toestande wat tot hoë infeksiekoerse bydra, aanpak.Een van ons belangsrikste take is om tienermeisies en jong vroue opvoedkundig, ekonomies en maatskaplik te bemagtig. Hulle moet in staat gestel word om hul eie besluite oor elke aspek van hulle lewens te maak, insluitend hulle seksualiteit en seksuele gedrag.Ons sal uiteindelik die ein-de van vigs bereik deur die bemagtiging van jongmen-se, vroue en ander mense wat in gevaar is. Dit sluit bemagtiging deur toegang tot inligting, raad en onder-steuning in sowel as toegang tot onderrig en ekonomiese geleenthede, veral vir jong vroue. Bemagtiging beteken ook dat elke persoon toegang tot toetsing, behandeling en ander gesondheidsdienste moet hê.
Die mense van Suid-Afrika het so ver gekom, soveel verduur en soveel vordering in die stryd teen MIV , vigs entuberkulose gemaak. Komons verskerp onsvoorneme en ons optrede om vigs vir eens en vir altyd te konfron -teer en te oorwin.
