Drink water om ontwatering te voorkom

Allison Cooper

Erge hitte en ’n ge-brek aan vloeistow-we in die liggaam kan tot ontwatering en hitte-uitputting lei, wat dodelik kan wees.
Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid hou die somerhitte 'n groot gevaar van ontwatering in; dit beteken dat die verlies aan water skadelik vir die liggaam kan wees.Ontwatering word ge-woonlik veroorsaak wan-neer ’n mens nie genoeg vloeistowwe drink om die water wat deur sweet verlore gaan, aan te vul nie. Dit kan ook veroorsaak word deur siektes wat met braking en/of diarree gepaard gaan; en deur sweet as gevolg van ’n hoë koors.Die verlies aan liggaams-vloeistowwe word nie net deur strawwe fisiese akti-witeite veroorsaak nie, maar kan ook ontstaan deur akti-witeite soos stap, tuinmaak of ﬁ  etsry, veral in warm of bedompige toestande.As jy ontwater, kan jou liggaam nie soos gewoonlik funksioneer nie. Kinders jonger as vyf jaar, bejaardes en mense wat buite werk, is veral kwesbaar vir ontwate-ring en sonsteek ('n toestand wat veroorsaak word as 'n mens se liggaam oorverhit).Sonsteek is 'n mediese noodgeval. Kry onmiddellik mediese hulp vir enige van hierdie simptome:
• Jy voel verward of jou spraak word stadig en onduidelik.• Naarheid en braking.• Vinnige, vlak asemhaling.• Vinnige hartklop.• 'n Kloppende hoofpyn.
Waarskuwingstekens van ontwatering Sommige van die vroeë waarskuwingstekens van ontwatering sluit in:
• Dors en lighoofdigheid.• ’n Droë mond.• Moegheid.• Urine met ’n donker kleur en ’n skerp reuk.• Urineer minder dikwels as gewoonlikOm ontwatering en sonsteek te voorkom, moet jy:
• Meer water as gewoonlik drink op baie warm dae.• Binnenshuis bly of in die koelte bly as jy buite is.• ’n Wyerandhoed in die son dra of ’n sambreel gebruik.• Altyd ’n bottel met wa-ter by jou hou en gereeld daarvan drink.• Gereeld ruskanse uit die son neem as jy buite werk. • Jouself met water uit ’n spuitbottel afkoel.
Babas en kindersOuers en versorgers moet veral aandag aan kinders en babas gee om seker te maak dat hulle nie ontwater nie.Moeders wat borsvoed, moet hul babas meer gereeld voed as dit baie warm is.Hou kinders binne of in die koelte, trek vir hulle ligte klere aan en vee hulle lyﬁ  es met 'n klam lap af om hulle koel te hou. Onthou om ’n sonskermmiddel te gebruik as die kind buite speel.Kry onmiddellik mediese hulp as kinders jonger as vyf waterige stoelgang het, aanhoudend braak en moeg is. Kry ook onmiddellike mediese sorg as jou baba nie wil borsvoed nie, of versonke oë en 'n versonke sagte plek (fontanel) op sy kop het.By kinders is ander waars-kuwingstekens van ontwate-ring die volgende:
• ’n Droë of taai mond.• Min of geen trane wanneer hulle huil.• Urineer minder met min-der nat doeke as gewoon-lik.• Droë, koel vel.• Prikkelbaarheid.• Lomerigheid of duiselig-heid.
