Herstel in die vooruitsig vir SA 

vukuzenzele unnamed

Jakarandabome is oral in die land se hoof stad in volle blom, wat aandui dat die somer aangebreek het. Na 'n lang en moeilike winter behoort die begin van 'n nuwe sei soen ons met optimisme te vervul.
Toe die nasionale ramptoe stand in Maart afgekondig is, was ons onmiddellike prioriteit om die versprei ding van die virus te beperk en noodleniging aan burgers, gemeenskappe, werkers en sakeondernemings te bied.
Deur die loop van agt maan de en met die ondersteuning van ons maatskaplike ven note het ons 'n omvattende stel maatreëls ingestel om die sosiale en ekonomiese impak van die pandemie te beperk.
Ons het maatskaplike steun op ’n ongekende skaal wat nog nooit voorheen in die land gesien is nie, uitgebrei.
Ons is een van die min lande ter wêreld waar die reg op toegang tot maatskaplike se kerheid in die Grondwet ver vat is, en ons kan trots wees dat ons gedurende hierdie ernstige krisis op baie ma niere praktiese uitdrukking aan hierdie reg gegee het.
Benewens ons bestaande maatskaplike toelaes, wat elke maand meer as 17 mil joen mense bereik, het ons die ouderdoms-, ongeskiktheidsen kinderonderhoudstoelae aangevul. Ons het ook 'n spesiale COVID-19 maats kaplike noodverligtingstoe lae ingestel, wat tot dusver ses miljoen mense bereik het. Dit is gedoen binne ’n paar weke nadat die ramptoestand verklaar is.
Die omvang van so 'n on derneming kan nie onderskat word nie. Om hierdie stelsel aanlyn te bring, het omvat tende samewerking tussen die Suid-Afrikaanse agents kap vir Maatskaplike Seker heid, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Binnelandse Sake en talle ander instansies geverg.
Ons het 'n ten volle outomatiese aansoek-enuitbetalingsproses opgestel en veelvuldige databasisse geïntegreer, insluitend die Nasionale Bevolkingsregister en die databasis van die Werk loosheidsversekeringsfonds (UIF). Ons het nuwe toepas singskanale soos WhatsApp en USSD ingestel en met die handelsbanke stelsels geskep om die verifikasie van bank besonderhede moontlik te maak. Dit is 'n merkwaardige prestasie in 'n baie kort tyd.
Behalwe die maatreëls wat ons getref het om lewenson derhoud te beskerm en te onderhou, het ons ook suk kelende ondernemings on dersteun. Ons het steun aan klein ondernemings verleen in die vorm van skuldver ligting, finansiering en die uitstel van belastingbetaling, sowel as ander hulpmiddels.
Ons het 'n COVID19-leningwaarborgskema geïmplementeer om onder nemings in staat te stel om hul bedryfsuitgawes tydens die inperking te dek, en ons is tans besig om te kyk hoe hier die skema meer behoeftige ondernemings kan bereik.
Ons het inkomstebes kerming aan werkers en verligting aan sake-eienaars verskaf deur middel van die Hulpskema vir Tydelike Werkgewers wat deur die UIF bestuur word.
Al hierdie maatreëls was ’n regstreekse reaksie op 'n noodgeval en was van nature tydelik. Sommige kom nou tot 'n einde, terwyl ander verleng is terwyl die arbeidsmark herstel.
Die maatreëls wat ons geïm plementeer het, het daartoe bygedra om ons samelewing te beskerm teen die felle aan slae van COVID-19. Die by komende toelaes het gehelp om te voorkom dat miljoene mense tot onder die voedselarmoedegrens daal.
As ons nie ingegryp het om lewensonderhoud te verseker en sakeondernemings te red nie, sou die lewensomstan dighede van ons mense en die omstandighede van duisende ondernemings aansienlik er ger gewees het.
Nou is ons in 'n oorgang van verligting na herstel.
Die noodmaatreëls wat ons ingestel het, het 'n stewige grondslag gelê waarop ons ekonomie herbou kan word.
Aangesien ons fokus nou na die implementering van die Ekonomiese Heropbou-enHerstelplan verskuif, is ons prioriteit om groei te stimu leer en werk te skep.
Daar is reeds op verskeie gebiede vordering gemaak.
Na afloop van ons infra struktuurprojek-tafelronde verlede week, het ons nuwe finansieringsverbintenisse vir infrastruktuurontwikkeling verkry. Verskeie werkpro gramme onder die President se Indiensnemingstimulus het reeds begin. Ons sit ook ekonomiese hervormings voort op gebiede soos energie en telekommunikasie.
Planne word omgeskakel na aksie en verbintenisse word weerspieël in werkskepping en geleenthede.
Dit is soveel te meer krities in hierdie tyd, veral met die feestyd wat aanbreek, dat ons nie ons eie ondergang moet bewerkstellig nie.
Ons moet almal die uiterste waaksaamheid aan die dag lê om die virus te stuit.
'n Oplewing op enige skaal sal nie net ons gesondheids voordele dramaties omkeer nie. Dit sal die groen lote van ekonomiese herstel wat ont kiem het, doodwurg en ons van die lente na die winter terugneem.
Om 'n tweede vlaag van COVID-19-infeksies te voor kom, moet ons die riglyne vir openbare gesondheid wat in plek is, getrou nakom.
As ons nie 'n masker dra tydens sosiale byeenkomste nie, of geleenthede bywoon waar mense saamdrom, stel ons nie net onsself en ander in gevaar nie. Ons stel ook ons ekonomiese herstel in gevaar.
Laat ons almal steeds ons kant bring.
Die positiewe optrede om 'n masker te dra, om sosiale afstand te hou en gereeld ons hande te was, het ons gehelp om die ergste gevolge van die pandemie te oorkom. Dit is steeds ons beste beskerming.
Laat ons die opofferings onthou wat ons almal aan die begin van die inperking moes maak om die verspreiding van die virus te beperk.
Hoewel die meeste sosiale en ekonomiese aktiwiteite hervat is, moet ons steeds alle gesondheidsmaatreëls nakom. Dit is absoluut nood saaklik as ons ons ekonomie wil herbou en hierdie krisis te bowe wil kom.  