Voorkom dat jy  ŉ slagoffer van mensehandel word 

Silusapho Nyanda

Namate die aantal gerapporteerde mensehandel-gevalle toeneem, is dit belangrik dat jy stappe doen om jou veiligheid te verseker.Om te voorkom dat jy ŉ slagoffer van mensehandel word, moet jy nie alleen, saans, of in verlate strate rondbeweeg nie.Dit is belangrik dat jy te alle tye bewus is van jou omgewing. Deur paraat te wees, sal jy makliker iets kan raaksien wat onvan-pas is. As jy agterkom dat ŉ persoon of ŉ voertuig jou volg, gaan dadelik na 'n plek met baie mense en kontak die polisie of iemand wat jy vertrou.Mensehandelaars gebruik dikwels die belofte van werk om hulle slagoffers te ontvoer en sal poten-siële slagoffers nader om aan hulle ŉ werk of een of ander tipe geleentheid te bied. Dié tipe mensehandel kan enige plek gebeur — selfs op sosiale media, by die skool, in die winkelsen-trum en buite jou huis.Maak seker dat jy deeglike navorsing oor potensiële werkgewers doen voordat jy hulle van aangesig tot aangesig vir onderhoude ontmoet. Jy kan by die Kommissie vir Maatskappye en Intellek-tuele Eiendom navraag doen om te bevestig dat die maatskappy regtig bestaan. Jy moet ook vir iemand wat jy vertrou sê wanneer jy na ŉ onderhoud toe gaan en met hulle reël dat hulle jou ná ŉ sekere tydperk ska-kel. Laat iemand saam met jou gaan, indien moontlik.  Wees versigtig wanneer jy sosiale media gebruik, veral wanneer ŉ vreemde-ling hulp, geld, blyplek of ŉ werksgeleentheid aanbied in reaksie op iets wat jy geplaas het.As jy uitgaan om iemand nuut te ontmoet, doen dit op ŉ openbare plek en sê vir iemand wat jy vertrou waar jy is.Wanneer jy saam met kinders uitgaan, hou hulle naby jou en maak seker dat jy hulle te alle tye kan sien.Jy behoort nooit ŉ kind te stuur om ŉ taak te verrig sonder dat ŉ volwassene wat jy vertrou toesig hou nie. Maak dit ŉ gewoonte om gereeld na jou kinders se welstand te verneem, sodat jy weet waar hulle is.
Kontak die Nasionale Mensehandelblitslyn by 0800 222 777 vir meer inligting oor mensehandel. Kontak die polisie by 10111 om mensehandel te  rapporteer.Hierdie inligting is deur die Depar-tement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling verskaf.