Stimulering van ŉ ekonomie wat werk

vukuzenzele unnamed

Die bekendstelling van die Presidensiële Indiensne mingstimulus verlede week, dui op ŉ fundamentele verskuiwing in ons benadering om werkloosheid aan te pak.
 Ons onderneem ŉ verryken de en ambisieuse openbare belegging in menslike kapitaal, met die staat as beide die skepper en instaatsteller van werksgeleenthede. Die Presidensiële Indiensnemingstimu lus is ongeëwenaar in skaal en omvang, en behels ŉ openbare belegging van R100 miljard oor die volgende drie jaar.Ons sal werksgeleenthede  wat direk befonds word en bestaansondersteuningsingrypings beskerm en skep, terwyl ons arbeidsmark ná die koronaviruspandemie herstel. Elkeen hiervan is gereed om geïmplementeer te word en is bykomend tot bestaande verpligtinge.Terwyl sommige van die ingrypings voortbou op die sterkpunte van bestaande programme, sluit die stimulus ook nuwe en innoverende benaderings in. Dit sluit ŉ fokus in op wat ons 'maatskaplike indiensneming' noem. Ons gaan van die veronderstelling uit dat daar geen tekort aan werk is wat gedoen moet word om die magdom maatskaplike probleme in ons samelewing op te los nie. Die doelwit is om die aansienlike kreatiwiteit, inisiatief en institusionele vermoëns te ondersteun wat in die breër samelewing bestaan, om mense te betrek by werk wat die algemene belang dien. Dié werk dek ŉ wye verskeidenheid temas, insluitend voedselsekerheid, die beëindiging van geslagsgebaseerde geweld, opgradering van informele nedersettings en baie meer.Dit sal die openbare sektor se pogings aanvul om groter omvang en maatskaplike impak te verseker, asook nuwe tipes vennootskappe met diverse maatskaplike rolspelers.Die stimulus sluit ŉ nuwe nasionale program in om onderrigen skoolassistente in skole aan te stel. Skole doen nou reeds dié aanstellings en bied nuwe geleenthede in elke gemeenskap oor die lengte en breedte van die land.Openbare indiensneming het nie net op ongeskoolde werk betrekking nie. Daar is ŉ geïntegreerde fokus op graduandi, met geleenthede vir verpleërs, wetenskapgraduandi, ambagsmanne en ander.Die stimulus sal ook werksgeleenthede in kwesbare sektore, wat hard deur die pandemie getref is, beskerm. Ondersteuning sal aan Vroeë Kinderontwikkelingspraktisyns, hoofsaaklik vroue in eie diens, verskaf word. Meer as 74 000 kleinboere sal ook produksie-insettoelae ontvang.As ŉ nasie benodig ons kuns en kultuur om ons gemoedere weer te lig  — die stimulus verskaf nuwe befondsing om die sektor weer op sy voete te kry, insluitend ondersteuning aan digitale inhoudskepping en uitbreiding van e-handelplatforms.Dit sal kunstenaars in staat stel om aan te pas by die nuwe marktoestande wat die pandemie op ons afgedwing het en om nuwe geleenthede vir groei aan te gryp.ŉ Kritieke instaatsteller vir breër werkskepping, wat selfs belangriker gemaak is deur die pandemie, is konnektiwiteit. Die stimulus sal bekostigbare, hoëspoedbreëbandkonnektiwiteit aan lae-inkomste huishoudings verskaf deur innoverende verbindingsubsidies en die uitbreiding van openbare WiFi, ten einde die digitale kloof te oorbrug.Ons betwyfel geensins die omvang van die taak wat voorlê namate ons land herstel van die verwoesting van die koronaviruspandemie nie. Ons moet ŉ ekonomiese herstelpunt bereik wat vinnig en inklusief is. Ons moet soveel moontlik van ons mense weer aan die werk kry. Ons moet ook verlore veld herwin betreffende die verskaffing van basiese dienste en kritieke infrastruktuur, wat maat skaplike uitdagings aanpak en townships en landelike gemeenskappe transformeer. Openbare betrokkenheid is ŉ instrument wat dit alles kan doen: werkskepping op skaal op kort termyn terwyl markte herstel, met die skepping van maatskaplike waarde in die proses. Die voorbeeld word dikwels genoem van die massiewe openbare-werkeprogram wat deur die Verenigde State onderneem is ná die Groot Depressie in die 1930's. Dit was nie net ŉ stimulus nie, maar het ook maatskaplike deelname en insluiting behels.Daar is verskeie voorbeelde van innoverende openbare werkskeppingsprogramme in die ontwikkelende wêreld, insluitend Indië, Etiopië en hier in Suid-Afrika. Dié programme maak ŉ direkte beleg ging in plaaslike ekonomieë, wat eerstens armer gebiede bereik en plaaslike klein ondernemings ondersteun en van daar af deursyfer na die breër ekonomie.Sulke programme bevorder ook maatskaplike deelname en insluiting, wat aan gemeenskappe die middele verskaf om hulle lewens te verander namate hulle nuwe tipes werk onderneem. Sodoende dra hulle by tot die transformasie op beide plaaslike vlak en in die breër samelewing.Direkte openbare belegging om indiensneming te ondersteun en ekonomiese geleenthede te skep wat maatskaplike waarde genereer, doen meer as om net die werkloosheidskrisis aan te pak.Dit is responsief, want dit gebruik die staat se hulpbronne om op plaaslike gemeenskapsbehoeftes te reageer, hetsy vir groener ruimtes, voedselsekerheid, nog meer vroeë kinderontwikkelingsentrums, of beter en meer toeganklike paaie.Dit is progressief, want dit bied maatskaplike beskerming en inkomstesekerheid aan diegene wat armoede in die gesig staar omdat hulle nie werk kan kry nie.Dit is ŉ belegging in die toekoms, omdat dit die breër ekonomie se herstelagenda ondersteun deur dringend ons mense aan die werk te kry om ons nasionale en munisipale infrastruktuur te verbeter.Deur middel van die ingrypings in die stimulus skep ons werk vir diegene wat dit nodig het, terwyl dit ŉ blywende impak op gemeenskappe laat.Net soos openbare diensprogramme wêreldwyd, ondersteun en vul die  indiensnemingstimulus die kritieke rol van die privaatsektor in werkskepping aan. Dit is teen-siklies omdat, namate die herstelproses vorder, die skaal van openbare indiensneming sal afneem. Die werkservaring en -vaardighede wat deur begunstig des van die Presidensiële In diensnemingstimulus benodig word, sal hulle vooruitsigte om formele werk te verkry, verbeter.  Die ervaring wat opgedoen word, bied ook ŉ pad na entrepreneursaktiwiteit. Deelne mers sal hulle vaardighede en vermoëns om hulle eie besighede te begin, verbeter en kan die vaste inkomste wat deur die openbare indiensneming verskaf word gebruik om na ander inkomstegenererende aktiwiteite uit te brei. Ek het deurentyd bevestig dat die COVID-19-krisis ook ŉ geleentheid bied om ons samelewing weer beter op te bou.Ons sal, in hierdie tyd van groot omwenteling, onsself geen guns bewys deur onrealistiese beloftes te maak wat verwagtinge skep, net om tekort te skiet wanneer dit nie realiseer nie. Dit is waarom elkeen van die betrekkings en bestaansondersteuning ten volle befonds word, tesame met ŉ duidelike implementeringsplan. Die indiensnemingstimulus gaan nie oor vae verpligtinge vir eendag in die toekoms nie, maar oor werk wat hier en nou geskep word.Die stimulus is die resul-taat van uitgebreide oor-legpleging met nasionale departemente, provinsies en metrorade om vinnig in-diensnemingprogramme te skep wat binne ses maande bekendgestel en uitgebrei kan word.Die implementeringsdepar-temente en ander belangheb-bendes is streng geassesseer op grond van hulle imple-menteringskapasiteit.In elkeen van die program-me wat deel uitmaak van die stimulus, sal geleenthede wyd geadverteer word en werwing sal regverdig, oop en deursigtig wees.Die doelwitte wat ons vir onsself gestel het is realis-ties, meetbaar en bereikbaar en put uit vorige ervaring en internasionale beste praktyk.Ons mense is gereed en gewillig om te werk. Hierdie geweldige potensiaal moet benut word en ons kollektie-we vaardighede en vermoëns moet aangewend word om ons land in die nasleep van die koronavirus te herbou.Die Presidensiële Indiensnemingstimulus verskaf verligting aan gesinne wat ŉ lang, moeilike winter verduur het, met inkomste wat baie verminder het en vir individue wat reeds baie jare sonder werk moes oorleef.Regte, behoorlike werk is elke mens se reg. Dit is ŉ voorwaarde vir ekonomiese groei en maatskaplike stabi-liteit.Die Presidensiële Indiensnemingstimulus lewer ŉ deurslaggewende bydrae tot die ontwikkeling van ŉ samelewing wat werk, deur uiting aan dié fundamentele reg te gee.