So kan tieners onbeplandeswangerskap verhoed

vukuzenzele unnamed

Daar is verskeie maniere om tienerswangerskap te verhoed, insluitend om te kies om nie seks te hê totdat jy getroud is of gereed is om kinders te hê nie.
Sommige mense dink dat onthouding (om te kies om nie seks te hê totdat jy ge-troud is nie) ouderwets is, terwyl ander dink dat dit moreel die beste ding is om te doen. Tieners moet egter vir hulself besluit.Baie mense wil nie wag totdat hulle getroud is voordat hulle seks het nie. Hulle wil ook nie enigiets oorhaastig doen en foute maak wat hulle duur te staan sal kom nie. Hulle besluit dikwels dat dit die beste besluit is om seks uit te stel totdat hulle ouer is, meer verantwoordelik is, in ŉ stabiele verhouding is met een maat en ŉ werk het.Daar is ook ander dinge wat jy kan doen om jouself te beskerm as jy onthouding kies of kies om seks uit te stel:
• Kies jou vriende versigtig. Vriende behoort jou beste belange op die hart te dra en jou besluit om nie seks te hê nie, te respekteer.• Wees versigtig vir situasies wat onveilig kan wees, soos vriende wat drink of dwelms gebruik, wat tot onveilige seks kan lei.• Wees versigtig vir maats wat vir jou sê dat jy saam met hulle sal slaap as jy hulle lief het.• Luister na en leer van mense wat self tienerswanger skap ervaar het. Hulle weet wat die foute en nadele behels.• Luister na en leer van jou ouers oor hulle lewens ervarings.
As jy besluit dat onthou-ding en om seks uit te stel nie die beste keuses vir jou is nie en jy eerder nie wil wag nie, moet jy tyd maak om oor beskerming te leer, insluitend voorbehoeding, wat beteken jy gebruik ŉ metode (meganies of che-mies) om swangerskap te verhoed. Daar is verskeie voorbe-hoedmiddels wat op verskillende maniere werk om swangerskap te verhoed. Dit sluit in voorbehoedmiddels wat mondelings geneem word, bekend as 'die pil'; voorbehoedmiddels wat ingespuit word; en manlike en vroulike kondome.
Wat kan ek doen as ek swanger raak?As jy dink dat jy dalk  swanger is, neem iemand wat jy vertrou saam met jou na jou naaste kliniek om ŉ swangerskaptoets te laat doen.Voorgeboortelike sorg (om na jou ongebore baba om te sien) is belangrik en begin gewoonlik op agt weke. Jou plaaslike kliniek kan jou met voorgeboortelike sorg help en ŉ gesondheidsorgwerker sal jou help om ŉ plan te ontwikkel wat gepas is vir jou en jou baba.Dit is belangrik om geson-de, voedsame kos te eet, te oefen, genoeg te slaap en dwelms en alkohol te vermy wanneer jy swanger is..
*Hierdie inligting is deur die KwaZulu-Natalse Departement van Gesondheid verskaf.
OM SWANGER te raak as ŉ tiener, sal die res van jou lewe beïnvloed, maar daar is maniere om jouself teen onbeplande swangerskappe te beskerm.