KGG bied toegang tot geregtigheid

Dale Hes

Slagoffers van geslagsgeba seerde geweld (GGG) wat sukkel om die nodige hulp en ondersteuning te kry, word aangemoedig om die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) te kontak.
Die KGG kan hulle help met kwessies rakende kin deronderhoud, seksuele teistering, geslagsdiskrimi nasie en GGG en bied gratis regsadvies en -dienste aan slagoffers.
Die kommissie se Mofihli Teleki sê dit is een van die KGG se take om slagoffers te help om hofsake aanhangig te maak. "Die regsdeparte ment vergesel klaers na land droshowe om huishoudelike geweldsake aanhangig te maak en om hulp te verleen met die invul van vorms.
Die KGG speel ook ŉ moni teringsrol in sake, insluitend verkragting en seksuele oor tredings, seksuele teistering en vrouemoord.
Die KGG kan ŉ slagoffer ook help om ŉ beskermings bevel te verkry en werk dik wels saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om te verseker dat die slagoffer ŉ regverdige verhoor kry.
In dié geval voer die KGG ŉ waaksaamheidsopdrag uit en voer sy moniterings -funksie oor GGG-sake uit.
Die kommissie ondersoek ook sleutelkwessies, soos onsensitiewe gedrag deur voorsittende beamptes, sekondêre viktimisasie van oorlewendes en onsensi tiewe kruisondervragings prosesse," verduidelik  Teleki.
Wanneer ŉ slagoffer sukkel om toegang tot geregtigheid in howe vir huishoudelike geweld te verkry, kan die KGG namens ŉ slagoffer optree en regsverteenwoor diging bied. Die kommis sie kan slagoffers ook vir sielkundige ondersteuning verwys.
ŉ Noodsaaklike diensDie KGG het regdeur die in perkingstyd as 'n noodsaak like diens gefunksioneer.
"Hoewel sommige hofsake as gevolg van die inper king herskeduleer is, sal dringende aangeleenthede rakende gesinsgeweld en GGG steeds aandag deur die regstelsel geniet," sê Teleki.
Die KGG verseker dat die publiek se regte beskerm word. Suid-Afrika is 'n oop demokrasie, verbind tot fundamentele menseregte, insluitend die reg op gelyk heid en die inherente waar digheid van elke persoon, volgens die bepalings van die Grondwet.”  
Dien ŉ klagte inSlagoffers van GGG en mishandeling kan die KGG se tolvrye nommer by  0800 007 709 skakel om ŉ klag te registreer. Hulle kan ook ŉ boodskap stuur na die Facebookblad: Gender Commission of South Africa.
