SA media ŉ steunpilaar vir ons demokrasie

vukuzenzele unnamed

Die koronaviruspan demie het in baie lande regoor die wêreld ŉ beperking van burgerlike vryhede geverg en sosiale samehorigheid op die proef gestel.
Lande met sterk instellings, waaksame regstelsels en ŉ gesonde media kon egter verhoed dat menseregte on dermyn en die gesag van die staat misbruik word.
Dit is ses maande sedert die nasionale ramptoestand verklaar is. Ons het goed ge vaar, odanks die ongekende aard van die siekte en die ontsaglike uitdaging om ŉ land van 58 miljoen mense in ŉ staat van inperking te plaas.
Ons kon die verspreiding van die siekte, hoofsaaklik danksy al ons landsburgers se same werking en waaksaamheid, in bedwang hou.
Dit is tot ’n groot mate ook te danke aan ons media se deeglike werk.
Ons is dank verskuldig aan Suid-Afrika se hardwerkende en volhardende joernaliste.
Hulle het ons mense inge lig gehou deur belangrike gesondheidsboodskappe oor sosiale distansiëring en higiëne te versprei. Hulle het dit onder uiters moeilike omstandighede, dikwels met beperkte hulpbronne,  gedoen.
Hulle het stories oor die uitwerking wat die inper king op mense se lewens en besighede gehad het, vertel.
Deur gemeenskappe, dorpe en stede te besoek om gewo ne mense se stories na vore te bring en mense se aandag landwyd op probleme wat in hospitale en klinieke ervaar word, te vestig, het hulle regeringsoptrede aangehits.
Ons media het ook die aandag op uitspattighede ge vestig wat normaalweg dalk nie vorendag sou gekom het nie. Hulle het hul waghondrol vervul deur korrupsie en wanadministrasie openbaar te maak, wat ŉ omvattende nasionale debat aangehits het en tot verskeie hoë-pro fielondersoeke gelei het. Deur hierdie soort verslaggewing het hulle mense se vertroue gewen.
ŉ Vrye pers is nie ŉ doel op sigself nie. Dit is ŉ manier om te versker dat demokrasie uit geleef en gehandhaaf word.
Ons media het tydens dié pandemie nie net sy tradisio nele waghondrol vervul nie, maar ook sy burgerlike plig nagekom deur die nasionale poging om die koronavirus in toom te hou, te ondersteun.
Gegewe die belangrikheid van die media vir ons demo krasie se gesondheid, is dit ŉ ernstige bron van kommer dat, soos alle ander sektore van die ekonomie, die ko ronavirus ook ’n negatiewe uitwerking op ons media huise gehad het. Sommige publikasies het aan die begin van die inperking soveel as 60 persent van hul inkomste verloor. Verskeie maatskap pye moes salarisse besnoei, en personeel of werksure verminder. Ongelukkig is sommige publikasies waar onder van Suid-Afrika se mees gevestigde en bekende tydskriftitels, genoodsaak om toe te maak.
Die werksverliese as gevolg van die inperking het ŉ kri sis vir mediamaatskappye wat reeds uitdagings soos die verlies aan advertensieinkomste, dalende sirkulasie en markaandeel wat deur vars nuus op mobiele toestelle en ander tegnologieë vervang is, vererger. Sulke finansiële hindernisse word algemeen, van aanlynpublikasies en tra disionele breëbladkoerante, tot die openbare uitsaaier, in die gesig gestaar.
Dit was een van die sleu -telkwessies wat tydens my vergadering met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum geopper is. In plaas daarvan dat hul le hul lot betreur, werk die mediabedryf egter hard om besigheidsmodelle te verfyn, om innovering aan te dryf en soveel personeel as moontlik te behou.
Die media is terselfdertyd ŉ unieke entiteit in enige same lewing omdat sy praktisyns ŉ rol vervul wat noodsaaklik vir ons demokratiese orde is.
Hulle werk om die publiek in te lig en die mag in toom te hou.
Ons het meer joernaliste nodig, nie minder nie. Dit is waarom die verlies aan selfs ŉ enkele joernalis nie net ŉ verlies vir die bedryf is nie, maar ook vir die land.
Ons het ons mediaveterane nodig omdat hulle wye erva ring en institusionele geheue, sowel as kritiese verslag gewing en ingeligte analise kan bied. Ons het terself dertyd meer jong joernaliste in die beroep nodig wat  tegnologieslim is, op hoogte is van nuwe tendense rakende storievertelling en in voeling is met ŉ jeugdige bevolking se belange.
Ons, as ŉ samelewing, is ons volle ondersteuning aan die media verskuldig. Ons kan almal ons deel doen om dié bedryf wat ŉ krisis ervaar, te ondersteun, hetsy deur te kies om vir inhoud te betaal, skare befondsde joernalisme te ondersteun, ons SAUK-lisen siefooie te betaal of eenvou dig ŉ koerant te koop. As die regering, sal ons ondanks die somber ekonomiese klimaat, steeds adverteringbesteding aan publikasies en uitsaaiers, veral gemeenskapsmedia, uitbrei.
Die privaatsektor moet ook steeds die bedryf ondersteun deur advertensies en deur saam met mediahuise te werk rakende die produksie van innoverende inhoud, in ooreenstemming met globale mediatendense. Plaaslike filantropiese en skenkersorga nisasies behoort ook betrokke te raak en openbare belange joernalisme-ondernemings te ondersteun, soos wat die geval in baie demokrasieë is.
Die verspreiding van vals nuus tydens die pandemie, hoofsaaklik op sosiale me diaplatforms, het bygedra tot die noodsaaklikheid vir meer nuus wat akkuraat, regverdig en onpartydig is. Ons mense het in dié tyd staatgemaak op ons gevestigde mediahuise vir inligting, wat weereens hul noodsaaklike rol as steun pilare vir ons demokrasie beklemtoon.
Namate ons die groot taak aanpak om ons ekonomie in die nadraai van die pandemie te herbou, sal die mediabedryf ons ondersteuning meer as ooit tevore nodig hê.
Die vrye pers is al beskryf as 'die waaksame beskermer van elke reg wat vrye mans en vroue op prys stel.' Terwyl ons hulde bring aan die vrye en diverse media se rol in hierdie pandemie, moet ons doen wat ons kan om te verse ker dat hulle in ons land kan oorleef en floreer. 