Bystand in die hof vir GGG-slagoffers

More Matshediso

 Die Nasionale  Vervolgingsgesag (NVG) het ŉ gespesialiseerde diens om jou by te staan as jy 'n slagoffer van geslagsgebaseerde geweld (GGG) is en ondersteuning by ŉ hof nodig het.
Die Ke Bona Lesedi Hofvoor bereidingsprogram is by die meeste howe vir seksuele oortredings beskibaar, sowel as by ander howe wat GGG hanteer. Ke Bona Lesedi beteken 'Ek sien die lig' in Setswana. ŉ GGG-slagoffer kan by die NVG aansoek doen om hulp. Die senior staatsaanklaer of hofvoorbereidingsbestuurder sal dan ŉ geskikte hofvoorbereidingsbeampte aanwys om te help. "Die diens hou nie die belofte van ŉ besondere uitkoms in die saak in nie en elke individu se ervaring is uniek. Dit help wel om slagoffers te bemagtig en hul waardigheid te herstel," sê ŉ verklaring van die NVG. Daar is landwyd 161 hofvoorbereidingsbeamptes by verskeie howe. Die diens is een van verskeie inisiatiewe wat deur die rege-ring daargestel is om die aakli ge plaag van GGG te hanteer. Volgens die NVG, sal die klaer, slagoffer, oorlewende of getuie, deur ŉ hofvoorbereidingsbeampte van die hof waar hy of sy sal getuig, gekontak word. Die hofvoorbereidingsbeampte sal beskikbaar wees om die klaer by die hof en regdeur die verhoor, by te staan. Gespesialiseerde hulpbronne en tegnieke word gebruik om die slagoffer visueel te wys dat hy of sy gehoor, beskerm en gerespekteer word. Klaers kan in hulle eie taal praat en die hofvoorbereidingsbeampte sal toesien dat die slagoffer vir berading of terapie verwys word, om hulle te help op hul pad na genesing.Baie vroue en kinders wat slagoffers van GGG, byvoorbeeld verkragting, is, voel angstig om in die hof te getuig en intieme besonderhede oor insidente voor vreemdelinge weer te gee. Dié diens sal help om hulle meer op hulle gemak te laat voel.
ALGEMEENJy kan die hofvoorbereidingsbestuurder/-koör Jy kan die hofvoorbereidingsbestuurder/-koör dineerder in jou provinsie kontak deur ŉ tele-dineerder in jou provinsie kontak deur ŉ telefoonoproep of ’n e-pos te stuur na onderstaande foonoproep of ’n e-pos te stuur na onderstaande kontakbesonderhede:kontakbesonderhede:
•	•	Oos-Kaap	(Grahamstad)	Oos-Kaap	(Grahamstad)	–	Pumla	Nomfemele-	041	502	5443	–	Pnomfemele@justice.gov.za	•	•	Oos-Kaap	(Mthatha)Oos-Kaap	(Mthatha)	–	Sindisiwe	Buthelezi	–					047	501	2646	–	Sbuthelezi@npa.gov.za	•	•	VrystaatVrystaat	–	Ena	Liebenberg—	051	410	6029	–	Eliebenberg@npa.gov.za	•	•	Gauteng	(Johannesburg)Gauteng	(Johannesburg)	–	Asewa	Fundi	–								011	220	4085	–	Afundi@npa.gov.za	•	•	Gauteng	(Pretoria)Gauteng	(Pretoria)	–	Esther	Kabini	–																				012	351	6713	–	Ekabini@npa.gov.za	•	•	Kwa-Zulu	NatalKwa-Zulu	Natal	–	Roelien	Wiesner	–															033	3928712	–	Rwiesner@npa.gov.za	•	•	LimpopoLimpopo	–	Reneilwe	Mashamaite	–																	015	483	0302	–	Rmashamaite@justice.gov.za	•	•	Noord-KaapNoord-Kaap	–	Henley	Nathan	Sass	–																				054	337	5375	–	HSass@justice.gov.za	•	•	NoordwesNoordwes	–	Mmanotshe	Seletisha	–																				012	700	9000	–	Mseletisha@justice.gov.za	•	•	Wes-Kaap	Wes-Kaap	–	Gary	Titus	–	021	487	7287/														021	421	7287–	Gvtitus@npa.gov.za	•	•	NVG-HoofkantoorNVG-Hoofkantoor	–	Karen	Tewson	–	012	845	6399/012	812	6399	–	Ktewson@npa.gov.zaBelangrike kontakbesonderhede om te onthou:
•	SAPD-nooddienste:	10111•	GGG-beheersentrum:	0800	428	428	of	skakel	*120*7867#	van	enige	selfoon	af.•	Mense	met	gestremdhede:	SMS	‘help’	na	31531•	Vrouemishandelinghulplyn:	0800	150	150•	Childline	Suid-Afrika:	0800	055	555	•	SAPD	Crime	Stop:	0860	10111	of	SMS	32211•	GGGV-verwante	klagtes	(SAPD):	0800	333	177/										complaintsnodalpoint@saps.gov.za•	Hulplyn	vir	huishoudelike	geweld:	0800	150	150	•	VIGS-hulplyn:	0800	012	322