Woza Matrics program geloods

Dale Hes

DIE WOZA MATRICS-PROGRAM poog om alle Graad 12 leerders te help om hulle finale eksamen te slaag.
  Vanjaar se matri kulante staar  wesenlike uitdagings in die gesig as gevolg van die koronavirus (COVID-19).
Die Departement van Ba-siese Onderwys het verseker dat die veilige heropening van skole, sowel as bystand aan leerders deur verskeie programme wat hulle help om hul akademiese jaar suksesvol te voltooi, een van die departement se top-prio-riteite is. Een so ’n program is die Woza Matrics-program wat op 1 September, in samewer-king met verskeie uitsaai-vennote en opvoedkundige deskundiges, geloods is. Opvanglesse oor ses ma-triekvakke word elke dag vir 12 weke, van 8vm. tot 10vm. en 1nm. tot 3nm.,as deel van die program op SABC, DStv en Openview (Kanaal 122), uitgesaai. Die doelwit is om leerders te help om vir hulle finale eksamen voor te berei. Die platform maak ook voorsiening vir regstreekse lesse, waartydens leerders aan onderwysers vrae kan vra. Eksamenwenke word ook verskaf. Woza Matrics erken dat, terwyl alle leerders skooltyd verloor het, Graad 12's die ergste beïnvloed is, aangesien hulle punte uiters belangrik vir hul beroep en universiteitstoelating is. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshek-ga, sê die program is nood-saaklik as die onderbreking in onderrig weens CO-VID-19, in ag geneem word. "Matriek is altyd stresvol, maar 2020 het buitengewone spanning meegebring. Ek wens al ons Graad 12 leer-ders en hulle gesinne geluk met hul deursettingsvermoë en vasberadenheid. Dit is glashelder dat bykomende ondersteuning vir leerders nodig is en ons sal dit steeds voorsien. Daar is ŉ paar maande oor voor die einde van die jaar en Woza Matrics sal leerders die ondersteu-ning bied wat hulle nodig het om vir hul finale eksamens voor te berei," sê sy.Die program is uniek in die sin dat dit die meeste Graad 12's in die land teiken wat nie gereelde toegang tot die internet en digitale dienste het nie.  Die meeste van die 1,2 miljoen leerders wat in November matriek skryf, sal na die uitsendings kan kyk. Die Raad vir Opvoed-kundige Ministers het alle leerders en ouers aangespoor om van die platform gebruik te maak.  Die SABC se Hoof Uitvoe-rende Beampte, Madoda Mxakwe, sê die uitsaaier is trots daarop om deel van die inisiatief te wees. "Ons is verheug om as een van die sleutelrolspelers te kan help om die 2020-matriekjaar te red. As ŉ openbare diensuit-saaier, is ons verplig om te verseker dat ons inhoud ŉ beduidende aantal opvoed-kundige programme bevat, veral in ŉ tydperk waar dit die nodigste is.Jou vrae beantwoordJou vrae beantwoordWatter vakke sal gedek word?Watter vakke sal gedek word?•	Wiskunde	•	Aardrykskunde•	Lewenswetenskappe	•	Natuurwetenskappe	•	Rekeningkunde	•	Wiskundegeletterdheid.		Hoekom is hierdie tydgleuwe gekies, want leerders Hoekom is hierdie tydgleuwe gekies, want leerders kan by die skool wees?kan by die skool wees?•	Skoolbywoningstye	verskil	as	gevolg	van	sosiale	distansiëringsmaatreëls	in	verskillende	distrikte	en	provinsies.	Baie	matrieks	sal	ten	tye	van	die	uitsendings,	tuis	wees.	•	ŉ	Klein	persentasie	leerders	ontvang	ook	tuisonderrig.	•	Die	hoofuitsendings	sal	na	4nm.	op	Openview	herhaal	word	en	op	DStv	Catch-Up	beskikbaar	wees.	Hoekom net matrieks?Hoekom net matrieks?•	Matrieks	is	onder	die	meeste	druk	om	hul	lewens	na	skool	te	beplan.•	Matrieks	het	sedert	Maart	2020	meer	beduidende	onderbrekings	in	hulle	onderrig	ervaar	omdat	hul	kurrikulum	nie	verkort	is	nie.•	Matrieks	het	die	verste	agter	geraak	met	hulle	kurrikulumonderrig.
Waar kan ek die uitaaiskedule kry?Waar kan ek die uitaaiskedule kry?Die	uitsaaiskedule	is	in	TV-gidse	en	op	die	Woza	Matrics-webwerf,	by	wozamatrics.co.za,	beskikbaar.		Heruitsendings	sal	ook	beskikbaar	wees.	Word ondersteuning aan ouers en onderwysers Word ondersteuning aan ouers en onderwysers gebied?gebied?Ja.	Die	uitsaaiskedule	sal	sommige	sessies	oor	wenke	vir	ouers	oor	hoe	om	hulle	matriekkinders	te	ondersteun,	bied.	Sommige	sessies	sal	op	onderwysers	fokus	en	die	Departement	van	Basiese	Onderwys	se	Teacher	Connect	WhatsApp-platform	sal	sleutelboodskappe	aan	onderwysers	oordra.	Sal daar inligting wees oor hoe om die spanning Sal daar inligting wees oor hoe om die spanning wat matrieks in die gesig staar, te hanteer?wat matrieks in die gesig staar, te hanteer?Ja.	Verskeie	sessies	sal	op	wenke	oor	studentewelsyn	fokus,	sowel	as	hoe	om	stres	en	angs	te	hanteer.		Vir meer inligting, besoek die Woza Matrics-webwerf by wozamatrics.co.za  of stuur 'n e-pos aan info@wozamatrics.co.za



