Beskerm ons vroue en kinders

vukuzenzele unnamed

Duisende vroue, mans en kinders het ŉ jaar gelede, amper tot op die dag, na die Parlement opgeruk om teen ŉ stortvloed van verkragtings en moorde op vroue en kinders te betoog.
 Suid-Afrikaners het in daardie stadium onder die moorde van Uyinene Mrwetyana, Leighandre  Jegels, Jesse Hess en verskeieander vroue wat hulle lewens deur die toedoen van wreedaardige mans verloor het, gesteier. Die vreedsame betogers uit alle vlakke van die samelewing, jonk en oud, studente en werkende vroue, het plakkate omhoog gehou met 'Genoeg is Genoeg' en 'Is ek volgende?' Die angs en woede was daardie dag tasbaar. Toe ek hulle duidelik uitgespelde eise ontvang het, het ek besef dat ons dringend en met vasberadenheid moesoptree. Dit was vir my belangrik om met opregtheid te reageeer en nie leë beloftes te maak nie. ŉ Paar dae later het ek ŉ ge-samentlike sitting van dieParlement belê waartydens ons ŉ Noodreaksieplan van R1.6 miljard om geslagsgebaseerde geweld (GGG) en vrouemoord te bestry, aangekondig het. Oor die ses maande waartydens die plan in werking gestel is, is staatsbesteding in verskeie regeringsdepartemente herprioritiseer om ingrypings vir die beskerming en ondersteuning van oorlewendes, bewustheidsen voorkomingsveldtogte, sowel as wette en beleide te verbeter, en om die ekonomiese bemagtiging van vroue te bevorder en die strafregstelsel te versterk. Nou is ons op die spits van die verreikendste wetgewende hersiening in die stryd teen GGG en vrouemoord. Drie sleutelwetsontwerpe wat met GGG verband hou is onlangs by die Parlement ingedien. Deur hierdie wetsontwerpe in te dien, kom ons die belofte wat ons verlede jaar aan die betogers en alle vroue in die land gemaak het, na. Die drie wysigingswetsontwerpe is daarop gerig om die gapings wat sommige oortreders van hierdie misdade toelaat om geregtigheid te ontwyk, te vul, asook om uiting te gee aan die regte van ons land se vroue en kinders. Wanneer hierdie wetsontwerpe gefinaliseer is, sal dit help om die vertroue van ons land se vroue, dat die wet hulle inderdaad sal beskerm, te herstel. Die eerste is die Wetsontwerp wat die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) wysig. Dit skep ŉ nuwe oortreding van seksuele intimidasie; dit brei die omvang van die bloedskande-oortreding uit en brei ook die aanmeldingsplig van persone wat vermoed dat ŉ seksuele oortreding teen ŉ kind gepleeg is, uit. Verder brei dit ook die omvang van die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders uit om alle seksuele oortreders se beson-derhede in te sluit. Tot op hede, was dit slegs van toepassing op seksuele oortreders wat aan seksuele misdade teen kinders of mense met geestesongesteldhede skuldig bevind is. Die tydperk wat oortreders se besonderhede op die register moet bly, is verleng en oortreders wat op die register gelys is, sal hierdie feit bekend moet maak wanneer hulle aansoek doen om werk met kwesbare mense. Die Wetsontwerp maak ook voorsiening dat die name van persone op die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders aan die publiek beskikbaar moet wees. Die Wysiginswetsontwerp op die Strafreg en Verwante Aan-geleenthede sal onder meer die toestaan van borgtog aan oortreders van GGG en vrouemoord verstewig, en oortredings waarvoor minimum vonnisse opgelê moet word, uitbrei. Die wysigings stel nuwe verpligtinge op wetstoepassings amptenare en op ons howe in. Wanneer ŉ aanklaer nie in sake van geslagsgeweld en vrouemoord borgtog teenstaan nie, moet hulle hul redes op rekord plaas. Tensy die beskuldigde uitsonderlike omstandighede kan gee waarom hy/sy op borgtog vrygelaat moet word, moet die hof beveel dat die beskuldigde in aanhouding bly totdat die strafregverrigtinge afgehandel is.Die howe word verplig om met verskeie oorwegings rekening te hou wanneer daar oor ŉ borgtogaansoek besluit word. Dit sluit in voor-verhoorverslae oor die wenslikheid daarvan om die beskuldigde op borgtog vry te laat, dreigemente van geweld teen ŉ oorlewende en die oorlewende se opinie oor haar of sy veiligheid. Wat parool betref, moet ŉ klaer of familielid van ŉ oorlede slagoffer ŉ voorlegging aan die paroolraad kan lewer. Gegewe die onaanvaarbare hoë vlakke van geweld op intieme maats in ons land, het ons die bepalings van die Wet op Huishoudelike Geweld, verskerp.Huishoudelike geweld word nou omskryf om diegene wat vir enige tydsduur verloof is, in ŉ verhouding is, in ’n gewoonteverhouding is of ’n werklike of skynbaar romantiese, intieme of seksuele verhouding is, in te sluit. Die Wetsontwerp brei ook die omskrywing van 'huishoudelike geweld' uit om die beskerming van ouer persone teen mishandeling deur familielede, in te sluit. Klaers sal aanlyn om ŉ beskermingsbevel aansoek kan doen. Om ŉ scenario te voorkom waar oortreders ŉ vorige geskiedenis van huishoudelike geweld kan wegsteek, sal ŉ geïntegreerde bewaarplek van beskermingsbevele tot stand gebring word  Die voorgestelde wysigings verplig ook die departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Basiese Onderwys, Hoër Onderwys en Gesondheid om, waar nodig, sekere dienste aan oorlewendes te voorsien, en om hulle vir beskerming en mediese sorg te verwys.Die omstandighede waaronder ŉ aanklaer kan weier om vervolging in te stel wanneer oortredings ingevolge die gewysigde Wet gepleeg is, of om klagtes terug te trek wanneer dit liggaamlike besering behels, of waar ŉ wapen gebruik is om ŉ klaer te bedreig, word beperk. Die voorgestelde wysiging tot die Wet wat moontlik die beduidenste pionierswerk inlui, is dat as iemand kennis, ŉ redelike oortuiging of vermoede het dat huishoudelike geweld teen ŉ kind, persoon met ŉ gestremdheid of ouer persoon gepleeg is en dit nie by ŉ maatskaplike werker of polisiebeampte aanmeld nie, hulle ŉ boete of tronkstraf opgelê kan word. Versuim deur ŉ lid van die SAPD om hulle verpligtinge ingevolge die Wet na te kom sal ook as wangedrag geag word en moet by die Burgerlike Sekretariaat vir Polisiediens, aangemeld word. Die reg is die een onfeilbare beskermer van ons samelewing, maar veral vir die kwesbaarste mense. Wanneer dit toegewyd en regverdig toegepas word, is dit die magtigste waarborger van geregtigheid.Die vroue van Suid-Afrika het genoeg gehad van louwarm optrede wat een van die fundamen teelste regte van almal, naamlik die reg om sonder vrees te leef,  nie aanspreek nie.Die regering en sy vennote sal die regte ding doen om die vroue van Suid-Afrika te beskerm. Ons sal hulle nie in die steek laat nie.