NSFAS het my drome bewaarheid  

More Matshediso 

Die Nasionale Fi nansiële Hulp skema vir Studente  (NSFAS) het Karabo Ma shego (21) se tekort aan geld en sy plan om verder te studeer, oorbrug.
Mashego, van Sebokeng in Gauteng se Vaal-omgewing, sê hy sou nooit die klasgeld en die ander uitgawes ver bonde aan tersiêre onderrig kon betaal as hy nie 'n beurs van NSFAS ontvang het nie.
“Die maandelikse toelaag wat ek van NSFAS ontvang, stel my ook in staat om met 'n vol maag te gaan slaap en te studeer,” sê hy.
Mashego is 'n derdejaar student wat vir ‘n graad in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Preto ria studeer.
“Onderrigfooie is baie hoog. Ek sou nie eers kon bekostig om vir die eerste semester van die kursus wat ek gekies het te betaal nie, wat nog te sê ’n volle akademiese jaar,” verdui delik hy.  Mashego het in 2016 ma trikuleer en was een van die toppresteerders in sy klas, maar het nie geld gehad om vir verdere studies te betaal nie. Sy aansoek om NSFAS-befondsing vir die 2018 akademiese jaar was egter suksesvol.
“Dit het my die geleent heid gegee om my droom om ingenieurswese te stu deer te bewaarheid. Onder rig speel ’n baie belangrike rol in my persoonlike ont wikkeling en help my om vordering te maak met alles wat ek wil bereik. Dit stel my ook in staat om ander mense in my gemeenskap te bemagtig en sodoende tot die land se ekonomie by te dra,” verduidelik Mashego.
“Ek doen ’n ernstige be roep op jong mense om vir NSFAS-befondsing aansoek te doen, omdat hul drome om verder te studeer nie gratis verwesenlik kan word nie; dit verg geld en NSFAS sal in daardie behoefte voorsien,” sê Ma shego.  Die Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Dr Blade Nzimande, het die NSFAS 2021-aansoeksiklus vir ‘n tydperk van vier maande, van 3 Augustus tot 30 No vember 2020, oopgestel.
Studente uit agtergeblewe en werkersklas-agtergronde wat hul studies aan enige openbare of tegniese of beroepsopleidingskollege (TVET) of universiteit wil voortsit, kan aansoek doen.
Om in aanmerking te kom vir NSFAS-finansiering, moet 'n aansoeker 'n SuidAfrikaanse burger wees en uit 'n gesin kom met 'n gesamentlike jaarlikse huis houdelike inkomste van hoogstens R350 000. Die jaarlikse huishoudelike in komste vir studente met 'n gestremdheid mag nie meer as R600 000 beloop nie.
“In die huidige akade miese jaar het NSFAS meer as 700 000 studente befonds, 248 242 aan TVET-kolleges en 481 339 aan universiteite (studente met registrasieda ta). Dit is 'n toename van 20 persent teenoor die vorige jaar, as ons registrasiege gewens wat in dieselfde tydperk van 2019 teenoor 2020 ontvang is, vergelyk,” sê Minister Nzimande.
NSFAS is verantwoorde lik vir 40 persent van die voorgraadse bevolking aan universiteite en 70 persent aan TVET-kolleges.  vHoe om aansoek te doen•	 Aansoekers	moet	 www.nsfas.org.za 	besoek	en	op	myNSFAS	klik.	Skep	'n	myNSFAS-rekening,	klik	op	die	 APPLYoortjie,	beantwoord	die	vrae	op	die	skerm	en	laai	die	vereiste	dokumente	op.	Klik	dan	op	SUBMIT.
•	 Nadat	die	aansoeker	op	 SUBMIT	geklik	het,	sal	’n	verwysingsnommer	vir	die	aansoek	op	die	skerm	verskyn.	Die	verwysingsnommer	word	ook	na	die	selfoonnommer	en	e-posadres	wat	verskaf	is,	gestuur.
•	 Aansoekers	kan	'n	selfoon,	tablet	of	re kenaar	gebruik	om	aansoek	te	doen.	Die	NSFAS-portaal	het	geringe	veranderinge	ondergaan	om	dit	makliker	om	te	gebruik	en	veiliger	te	maak.
•	 Nuwe	aansoekers	het	'n	afskrif	van	hul	ID	of	geboortesertifikaat	nodig	om	te	registreer	en	'n	profiel	op	die	myNSFAS-portaal	te	skep.	Aansoekers	met	bestaande	rekeninge	moet	by	hul	rekeninge	aanmeld	–	onthou,	slegs	een	profiel	per	aansoeker	word	toegelaat.
•	 Aansoekers	moet	toestemming	gee	dat	hul	persoonlike	inligting	deur	'n	derde	party	gekontroleer	mag	word;	as	hulle	nie	daartoe	instem	nie,	sal	hulle	nie	toe gelaat	word	om	met	die	aansoekproses	voort	te	gaan	nie.
•	 Weens	die	koronavirus-pandemie,	hoef	aansoekers	nie	die	toestemmingsvorm	in	te	dien	of	op	te	laai	nie.	In	plaas	daarvan	sal	hulle	gevra	word	om	die	voorwaardes	op	die	elektroniese	toestemmingsvorm,	sowel	as	die	voorwaardes	en	be fondsingsvoorwaardes,	te	aanvaar.
•	 Studente	moet	steeds	hul	stawende	do kumente	indien,	naamlik	’n	afskrif	van	hul	ID,	bewys	van	inkomste	van	ouer/voog,	afskrifte	van	ouer/voog	se	ID	en/of	Bylae	A	vir	aansoekers	met	'n	gestremdheid.
  Danksy NSFAS, studeer Karabo Mashego vir ‘n graad in ingenieurswese.