Laat ons mekaar veilig hou

vukuzenzele unnamed

In ons reaksie op die koronavirus-pande mie, het ons land na waarskuwingsvlak 2 be weeg. Dit is 'n verligting vir alle Suid-Afrikaners wat die afgelope vyf maan de onder streng beperkings moes leef.
Dit is 'n teken van die vordering wat ons maak om nuwe infeksies te laat afneem en die eise wat dit aan ons gesondheidsinstellings stel te verlig. Dit is ook 'n baie belangrike ontwikkeling vir ons ekonomie, omdat ons daarna streef om ekonomies weer op dreef te kom.
Maar ons moet dit nie te gou vier nie.
Ons is steeds midde-in 'n dodelike pandemie wat meer as 11 000 lewens in SuidAfrika geëis het. Met meer as 'n halfmiljoen bevestigde ge valle het ons steeds die vyfde grootste aantal infeksies ter wêreld. En daar is altyd 'n kans dat die siekte weer sal opvlam.
As ons ooit ’n sterk herinne ring nodig het hoe belangrik dit is om waaksaam te bly, hoef ons net te kyk na die onlangse gebeure, duisende kilometers ver in Nieu-See land. Drie maande nadat die land koronavirusvry verklaar is, het Nieu-Seeland weer eens ’n staat van inperking aangekondig. Hoewel daar tydens die jongste uitbre king betreklik min gevalle was, het die regering vinnig beperkings heringestel.Soortgelyke beperkings moes in verskillende dele van Europa heringestel word, aangesien hulle 'n 'tweede golf' van infeksies ervaar.
Hierdie ervarings wys hoe vinnig COVID-19  dinge kan laat verander.
Dit is 'n wekroep vir ons almal wat moontlik dink dat ons selfs naby die einde van hierdie ernstige openbare gesondheidskrisis is.
Maar daar is beslis tekens van hoop. Die aantal nuwe bevestigde gevalle in SuidAfrika neem steeds af. Op die piek van die siekte, net ’n maand gelede, het ons onge veer 12 000 nuwe gevalle per dag aangeteken. Dit het die afgelope week tot gemiddeld ongeveer 5 000 per dag ge daal. Ons herstelpersentasie staan op 80 persent.
Namate die land na vlak 2 beweeg, is baie beperkings op sosiale en ekonomiese aktiwi -teite opgehef. Hiermee saam kom 'n verhoogde risiko van oordrag.
Ons moet nou hierdie risiko bestuur en seker maak dat die vooruitgang wat ons tot dus ver gemaak het om die ver spreiding van die pandemie te stuit, nie omgekeer word nie. Die grootste bedreiging vir die nasie se gesondheid is nou 'n oorgeruste selfvol daanheid. Ons mag wel weer vriende en familie besoek, by kuierplekke bymekaar kom, reis vir ontspanning en alko hol in restaurante, kroeë en tavernes gebruik.
 Maar soos die gesegde lui, beteken dit nie net omdat jy dit kan doen, jy dit moet doen nie.
Baie mense wat die korona virus het, het nie simptome nie en weet dalk nie eens dat hulle besmet is nie. Dit is 'n ontnugterende werklikheid, want dit beteken dat enigeen van ons nou besmet kan wees en ander onbewustelik kan besmet.
Dit is veral die geval wan neer ons familielede besoek, veral bejaardes en diegene met bestaande mediese toe stande wat hulle kwesbaar maak vir infeksie. Dit geld ook vir godsdienstige by eenkomste of kulturele akti witeite.
 Die 'tweede golf' van in feksies wat verskeie ander lande ervaar het, is vir ons ook 'n moontlikheid. Hoewel verskeie beperkings opgehef is, beteken dit nie dat dit nie heringestel kan word as ons 'n beduidende toename in infeksies ervaar nie. Hierdie pandemie is 'n saak van lewe en dood. Ons moet aanpas en ons moet waaksaam wees.
In die dae, weke en maande wat voorlê, moet ons pogings daadwerklik op herstel toe gespits wees. Ons ekonomie het heelwat skade gely en ons samelewing het swaargekry.
Namate ons ekonomiese ak tiwiteite in byna alle nywer hede hervat word – en ons daaraan werk om die skade wat aangerig is te herstel – is dit ons verantwoordelikheid as individue, werkgewers, gemeenskappe, gesinne, professionele mense, werkers en landsburgers om steeds waaksaam te bly.
Nie een van ons wil na die dae van uiterste inperking te rugkeer nie. Ons wil aangaan met ons lewens. Ons wil hê dat ons vriende en geliefdes gesond en veilig moet bly.
 Laat ons as ’n volk steeds saamwerk om te verseker dat ons vordering maak. Die skuif na waarskuwingsvlak 2 van die inperking, beteken nie dat almal nou kan doen net wat hulle wil nie. Die reëls oor sosiale afstand, die dra van maskers, sosiale by eenkomste en internasionale reise is steeds van krag.
Ons sukses berus op ons vermoë om hierdie regulasies na te kom en dat elkeen van ons waaksaam en verant woordelik moet optree.
Elke keer as ons enige vorm van nie-noodsaaklike akti witeite oorweeg, moet ons onsself afvra: wat is die risiko van besmetting vir onsself en ander? Waar daar 'n risiko is, selfs 'n geringe risiko, is dit beter om dit nie te doen nie.
 Laat ons, soos altyd, met omsigtigheid voortgaan. Laat ons mekaar veilig hou. 