Bestuur COVID-19: Tuis of by ŉ toegewyde fasiliteit

Allison Cooper

As jy nie kan self-isoleer nie, skakel die Nasionale Koronavirusblitslyn by 0800 029 999 vir meer inligting oor jou naaste isolasieof kwarantynfasiliteit.AS JY POSITIEF  vir COVID-19 vir COVID-19 getoets het, is dit uiters belangrik om getoets het, is dit uiters belangrik om jouself van ander mense af te sonder, tuis of by 'n gratis isolasiefasiliteit.jouself van ander mense af te sonder, tuis of by 'n gratis isolasiefasiliteit.
Baie Suid-Afrika ners wat positief vir die koronavirus (COVID-19) getoets het kan nie self-isoleer nie, omdat hulle huise te klein is om in ŉ kamer wat nie deur ander gedeel word nie te leef en te slaap.
Die regering het seker gemaak dat toegewyde isolasiefasiliteite vir mense wat positief getoets het be-skikbaar is. Daar is ook toe-gewyde kwarantynfasiliteite vir mense wat vir hul toets-resultate wag. Albei dienste is gratis.Volgens Dr. Marlin McCay, ŉ algemene praktisyn van Florida aan die Wes-Rand, is die eerste ding wat jy moet doen wanneer jy met COVID-19 gediagnoseer is, om die verspreiding van die infeksie te beperk. "Jy wil jou gesin beskerm," sê hy. Om dit kan doen, moet jy in isolasie wees — tuis of by ŉ isolasiefa-siliteit.  "As jy self-isoleer beteken dit dat jy in ’n deel van die huis heeltemal van die res van die gesin afgesonder moet wees. Niemand behoort binne drie meter van jou af te kom nie. Jy moet alleen eet, jou eie mes-segoed en breekware gebruik, jou eie badkamer gebruik indien moontlik, en seker maak dat daar geen kontak met enigiemand anders in die huishouding is nie."Jou dokter of primêre versorger behoort jou van sekere basiese medisyne te voorsien om die meeste van die simptome te verlig, veral tekens soos liggaamspyne, hoofpyn en koors. Daar is ook vitamienes wat jou kan help om gesond te bly," sê hy.Dit is ook belangrik om genoeg te rus en genoeg wa-ter of helder vloeistowwe te drink om seker te maak dat jou urine bleek en deursigtig bly. Die meeste mense wat matig siek word sal binne ŉ week nadat die eerste simp-tome begin het, beter voel, maar dit is belangrik om jou simptome noukeurig dop te hou. As jy enige noodwaarsku-wingstekens ontwikkel, soos moeilike asemhaling, bors-pyn of druk op jou bors wat nie weggaan nie, bloed hoes, deurmekaar raak, erge slape-righeid ervaar of as jou gesig of lippe blou word, moet jy onmiddellik ’n ambulans ontbied of hospitaal toe gaan.
KwarantynfasiliteiteVir diegene wat hulself nie van ander wat in die huis bly kan afsonder nie, het die regering gratis kwarantynfa-siliteite regoor die land opge-rig om hulle en hul geliefdes veilig te hou. Die Wes-Kaapse regering het onlangs kommentaar deur ’n paar pasiënte oor sy isolasiefasiliteite gepubliseer. Marie Jantjies van Witzen-berg het besluit om gesond-heidsorgwerkers se raad te volg en na die isolasiefa-siliteit te gaan omdat haar 97-jarige ma by haar en haar kinders woon en sy hulle wou beskerm. "Ek is baie goed behandel. Die kos was lekker — selfs lekkerder as by die huis. Ek het besef dat ek net positief moes bly. Ek was angstig, maar het gebid en probeer om te ontspan," sê sy.  "Daardie plek kan lewens red! Dit is regtig die beste," sê John Arnoldus, wat by ŉ isolasiefasiliteit in Draken-stein van COVID-19 herstel het. "Een van my vriende was tuis in kwarantyn en hy het gesukkel om op sy eie reg te kom. Ek het vir hom gesê om die mense te kontak wat my versorg het — dit is hoe om beter te word. Die mediese personeel en die bestuurder daar se ondersteuning — dit trek jou deur", sê hy. Arnoldus was eers huiwerig om na die isolasiefasiliteit te gaan weens die wanopvatting dat ’n mens daar sieker sal word en doodgaan. "Ek het die ergste verwag, maar ek was baie goed ontvang. Lof aan al die personeel! Hulle het vir my verduidelik dat niemand by die fasiliteit my siek kan maak nie, aangesien ek reeds COVID-19 gehad het," sê hy.Wat kan jy van 'nŉ kwarantynfasiliteit verwag?Volgens die Wes-Kaapse re-gering word daar aan al jou behoeftes voorsien. Jy kry gereelde maaltye, ŉ gesond-heidswerker moniteer jou toestand, wasgoeddienste word voorsien, daar is gemak en stilte terwyl jy herstel, en daar is gratis vervoer na en vanaf die fasiliteit.
“Dit is ook belangrik om genoeg te rus en genoeg water of helder vloeistowwe te drink om seker te maak dat jou urine bleek en deursigtig bly.”