Terugkeer werk toe nadat jy van COVID-19 herstel het

Allison Cooper

Wanneer kan jy te rugkeer werk toe as jy positief vir die koronavirus (COVID-19) getoets het? Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siek tes het die nodige antwoorde.  Hoe lank moet ek in iso lasie bly as ek positief vir COVID-19 getoets het?Mense wat positief vir CO VID-19 getoets het maar nie simptome het nie, moet vir 10 dae, vanaf die dag wat hulle die positiewe toetsresultaat ontvang het, in isolasie by die huis of in ŉ regeringsisolasiefasiliteit bly.Diegene met matige simptome moet vir 10 dae, vanaf die dag wat hulle simptome begin het, in isolasie by die huis of in ŉ regeringsisolasiefasiliteit bly.Diegene wat ernstig siek is en hospitaal toe moet gaan, moet vir 10 dae, vanaf die dag wat hulle stabiel is en nie meer suurstof nodig het nie, in isolasie bly.
Hoe kan mense wat CO VID-19-positief is die siekte aan ander oordra?Volgens die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhise, kan die meeste mense met ŉ matige infeksie die virus vir tussen sewe en 12 dae oordra. Mense wat baie siek word kan egter aansteeklik wees en kan die virus vir ŉ langer tydperk aan ander oordra.Moet ek nog 'n COVID-19-toets doen om te bewys dat ek negatief is voordat ek kan terugkeer werk toe?Nee. Daar word nie aanbeveel dat mense wat matig siek was en gesond geword het, weer getoets moet word nie. ŉ Persoon word as veilig geag om terug te keer werk toe en uit isolasie te kom wanneer hulle nie meer aansteeklik is nie. Dit beteken dat hulle die eerste simptome meer as 10 dae gelede ontwikkel het en vir minstens drie dae geen simptome gehad het nie.Werknemers kan in die meeste gevalle terugkeer werk toe sonder om weer getoets te word as:
• Hulle 10 dae van verpligte kwarantyn of self-isolasie voltooi het.• Diegene wat matige tot ernstige simptome gehad het, medies ondersoek is.• Hulle steeds persoonlike higiëne en sosiale distansiering handhaaf.• Die werkgewer die werker monitor om te verseker dat hy/sy nie agteruitgaan nie.• Hulle vir minstens 21 dae ná die diagnose ŉ masker dra.
My toets was negatief maar ek het steeds simptome. Wat nou?Dit is moontlik om ŉ vals ne gatiewe toetsresultaat te kry. Dit beteken dat jou eerste toets negatief kan wees, maar dat jy in ŉ later stadium positief kan toets. Kontak ŉ professionele gesondheidsorgwerker as jou COVID-19 simptome voortduur.
En as ek na 10 dae steeds simptome het?Dit is algemeen vir pasiënte om vir meer as 10 dae simptome te ervaar. Dit kan ’n paar weke neem om ten volle te herstel. Raadpleeg jou gesondheidsorgwerker as jy steeds simptome het.
Vir meer inligting oor COVID-19, besoek die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se webwerf by www.nicd.co.za , die gratis COVID-19 webwerf by coronavirus.datafree.co , skakel die COVID-19-blitslynnommer by 0800 029 999, of stuur 'n WhatsApp na 0600 12 3456.