Vereer vroue deurVereer vroue deurekonomiese insluitingekonomiese insluiting

vukuzenzele unnamed 

Suid-Afrika vier in Augustus Vrouemaand. Dié geleentheid is die herdenking van die dag in 1956 toe 20 000 vroue na die Uniegebou opgemars het — ŉ see van vroue van alle rasse, wat verskillende tale gepraat het en uit verskillende oorde ge-kom het. Hulle was verenig in hulle aandrang op die einde van die aaklige paswette en vir hulle reg om in vryheid te lewe.Die huidige status en posi-sie van vroue in Suid-Afrika is heeltemal anders as wat ons ma's en ouma's in 1956 in die gesig moes staar. Ons het ver gekom om ŉ Suid-Afrika te verwesenlik wat nie-rassig, nie-seksisties, demokraties, vooruitstrewend en vry is.Daadwerklike vordering is gemaak om Suid-Afrikaanse vroue se lewens ekonomies, politieties en in die openbare lewe te verbeter.Maar ons is bewus daarvan dat daar nog heelwat vor-dering gemaak moet word. Vroue staar steeds diskrimi-nasie, teistering en geweld in die gesig en dra die grootste las van armoede.As ons die belofte wat in ons Grondwet vervat is wil verwesenlik, moet ons die ekonomiese en finansiële uitsluiting wat vroue meer kwesbaar vir mishandeling en geweld maak, die hoof bied.Ons het by ’n baanbreker-veldtog aangesluit wat ons met globale pogings om teen 2030 geslagsgelykheid te bereik, verbind.
Generation Equality is ŉ vooruitstre-wende en transformatiewe agenda om diskriminasie en geweld teen vroue te beëindig en te verseker dat hulle gelyke deelname in die politieke, maatskaplike en ekonomiese sfere het. Ons het, as deel van die veldtog, by twee 'Aksiekoa-lisies' aangesluit; een vir ekonomiese geregtigheid en ŉ ander een teen geslags-gebaseerde geweld. Albei is kernbelangrik vir ons eie nasionale agenda.Elf maande sedert die toepassing van die Nood-reaksie-aksieplan om ge-slagsgebaseerde geweld en vrouemoord te bekamp, het ons vordering gemaak met die uitbreiding van ondersteuning en sorg vir oorlewendes. Daar is ook vordering gemaak met regs-hervormings wat aan hulle meer beskerming sal bied.Ons het in Augustus begin om die Nasionale Strategiese Plan vir die Bekamping van Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord, uit te voer. ŉ Kernaspek van die plan is om die finansiële insluiting van vroue te verseker. Dit is omdat ekonomiese en maatskaplike ongelykheid onderling verbind is. Die ekonomiese status van vroue in Suid-Afrika maak hulle meer kwesbaar vir mishandeling. Ons moet dus ondersteuning vir vroue verskerp om hulle in staat te stel om finansieel onafhanklik te word. Ons het verskeie beloftes onder Gene ration Equality  gemaak, wat deur die Nasionale Strategie-se Plan nagekom sal word.Ons gaan eerstens vroue se ekonomiese insluiting deur openbare verkryging verbe-ter. Ons doelwit is om te ver-seker dat minstens 40 persent van goedere en dienste wat deur openbare entiteite ver-kry word, van besighede wat deur vroue besit word verkry sal word.Tweedens, gaan onsondersteuning vir KMMO's in vroue se besit, en vir vroue wat in die informele sektor werk of wat werkloos is, verskerp. Dit sal medewer-king met die finansiële sektor insluit om finansiële dienste meer toeganklik en bekostig-baar vir vroue te maak.Derdens, wil ons ver-seker dat meer vroue toegang tot produktiewe bates, soos grond, het. Dit is noodsaaklik dat vrouebegunstigdes van die ver-snelde grondhervormings-program is. Dit is beduidend dat 53 persent van die begun-stigdes van die R75 miljoen vir COVID-19-noodleniging wat vir boederyinsetbewyse opsy gesit is, landelike vroue sal wees. Ons moet verseker dat vroulike bestaansboere en kleinskaalse boere steeds na afloop van die pandemie ondersteun word.Vierdens, wil ons verseker dat vroue teen geslagsgeba-seerde geweld in die werk-plek beskerm word. Ons sal in dié opsig op nasionale en streeksvlak vir die regstelling van die IAO-konvensie oor geweld en teistering in die werkplek werk.Daar word gesê dat vryheid nie gegee word nie, maar ge-neem word.Die emansipasie van vroue is slegs woorde op papier, tensy dit met ŉ verbintenis deur alle sektore van die samelewing gepaardgaan.Wanneer ons ná die korona-viruspandemie vir die herbou van ons ekonomie voorberei, kan ons nie bloot terugkeer na waar ons voor die uitbre-king van die virus was nie. Ons moet ŉ ekonomie bou wat wesentlik anders is, wat onder meer die materiële po-sisie van vroue daadwerklik verbeter.Dit beteken dat ons beleg-gings in infrastruktuur nie net die ontwikkeling van plaaslike nywerhede moet ondersteun nie, maar ook ondernemings wat deur vroue besit word. Dit moet doelbewus werksgeleent-hede vir vroue op alle vlakke van beplanning, finansiering, konstruksie en die onder-houd van infrastruktuur skep. Net soos die maatreëls vir die verskerping van ons openbare indiensnemings-programme, moet ons ook seker maak dat veral jong vroue as deelnemers aan-gewys word. Benewens ’n inkomste, sal die programme hul ook geleenthede bied om vaardighede en ervaring te verkry wat nodig is om die hoofstroomekonomie te betree. Hoewel dit die regering se verantwoordelikheid is om ekonomiese geleenthede vir vroue  en ŉ bemagtigende raamwerk vir die bevor-dering van geslagsgelykheid te skep, moet almal in die samelewing hul deel doen.Die sakesektor moet onder-nemings wat deur vroue besit word ondersteun wanneer goedere en dienste verkry word. Hulle behoort meer vroue in diens te neem en meer vroue in bestuursposi-sies aan te stel.Dit is veral belangrik as mens in ag neem dat die privaat sektor se rekord oor geslagsverteenwoordiging op bestuursvlak agter dié van die staatsdiens is. Hierdie kwessie word herhaaldelik in gesprekke wat ek met verskeie sakeorganisasies vir vroue gehad het geopper. Net so moet ons ongelykheid ten opsigte van vergoeding vir mans en vroue uit die weg ruim en uiting gee aan die beleid van gelyke vergoeding vir gelyke werk soos in die Wet op Gelyke Indiensne-ming vervat word.Vroue moet ook teen teis-tering en diskriminasie in die werkplek beskerm word. Dit is  vervoeroperateurs, universiteitsadministrateurs, skoolbeheerliggame engodsdienstige organisasies se plig om omstandige te skep waarin vroue en meisies veilig kan reis, studeer en aanbid.
Ons moet ons pogings om chauvinisme, seksisme en patriargie uit te roei, met mening voortsit. Dit is hierdie opvattings wat die onderdrukking van vroue in staat stel.Dit is die plig van beide mans en vroue om te bevestig dat vroue se waarde, posisie en opinies nie minder as mans sŉ is nie. Dit is ons plig as ouers en grootouers om ons seuns en dogters dieself-de groot te maak.Dit is ons plig as mans om geslagsgebaseerde geweld te verwerp en ons daarteen uit te spreek waar ons dit ook al sien, selfs al is dit teen ons vriende, pa's of broers.Kom ons wees die generasie wat in ons leeftyd die onder-drukking van vroue in alle vorms beëindig. Die dapper geslag vroue in 1956 het vir ons almal opgemars. Ons is dit aan hulle en toekomstige geslagte verskuldig om nie dié eerbare erfenis te versaak nie.