Brandbestryder van ‘Crew Juliet’ deel haar storie

Dale Hes

VROUE moet die weg baan, sê brandbestryder.
 Die jong brand-bestryder, Vuyise-ka Arendse (26), is deel van Crew Juliet, Suid-Afrika se eerste veldbrand-bestrydingspan wat net uit vroue bestaan. Haar krag en vasberadenheid om vir haarself 'n naam te maak in die brandbestrydings-beroep, wat deur mans oorheers word, is 'n ware inspirasie vir alle vroue.
Arendse het in die klein Wes-Kaapse dorpie Beaufort-Wes grootgeword. Na skool het sy aan 'n kollege in Oudtshoorn probeer studeer, maar het besluit om terug te gaan huis toe om haar gesin te on-derhou. Sy het 'n rukkie by 'n supermark gewerk, maar toe het brandbestryding haar aandag getrek.“Ek het die brandbestryders in hul uniforms en groot rooi vragmotors gesien. Dit het my dadelik gefassineer en ek wou meer uitvind,” sê Arendse.Arendse was een van die studente wat by die Wes-Kaapse regering se Chrysalis Akademie-jeugontwikkeling-sprogram in 2016 gegradueer het. Nadat sy die program voltooi het, het sy by Beau-fort-Wes se brandweerstasie begin werk, waar sy net R1 900 per maand verdien het. Maar toe hoor sy van ’n oplei-dingsgeleentheid wat verlede jaar deur NCC Environmen-tal Services aangebied word.“Ek was ’n fasiliteerder by die Chrysalis Akademie toe NCC met die studente kom gesels het oor ’n geleentheid om aansoek te doen vir die eerste vroulike veldbrand-bestrydingspan. Al was ek nie ’n student nie, het ek baie belanggestel. Ek het aansoek gedoen vir die opleiding en is aanvaar,” sê Arendse.  Sy het die opleiding, wat uit die teoretiese sowel as die praktiese aspekte van brandbestryding bestaan het, voltooi.“Ek het so baie geleer. Ek het byvoorbeeld nooit geweet dat daar brandbestryders is wat net veldbrande blus nie. Ek het voorheen gedink hulle werk net in stedelike gebiede om brande in geboue te blus,” vertel sy.Arendse sê voorts dat dit 'n wonderlike gevoel was om die opleidingskursus te slaag en deel van die eerste vroulike brandbestryderspan van sy soort te word.“Ek was vreeslik opgewon-de, veral omdat baie van die mense vir wie ek vertel het dat ek ’n brandbestryder wou word, gesê het ek kan dit nie doen nie omdat ek ’n vrou is en nie opgewasse sou wees vir die taak nie. Dit het my aangespoor om vir hulle te wys dat ek dit wel kon doen, nie net vir myself nie, maar ook vir al die vroue van Suid-Afrika.” Arendse sê haar eerste groot brandbestrydingstaak in Noordhoek was nie net 'n groot uitdaging nie, maar ook ’n bevredigende ervaring.“Dit was my eerste volle 24-uur-skof en die eerste keer dat ons saam met al die ander manlike brandbestryders gewerk het. Dit was vermoe-iend en ons het baie warm gekry in ons beskermende uitrustings, maar ons het die werk voltooi en daarna ’n gevoel van bevrediging ervaar.”Arendse moedig Suid-Afri-kaanse vroue aan om hulself nooit te onderskat nie.“Moenie toelaat dat dit wat mense sê jy kan, of kan nie doen nie, jou definieer nie.” v*Om uit te vind watter ander geleenthede NCC Environmental Services bied, gaan kyk na hulle Facebook-blad. Jy kan hulle ook skakel by 021 702 2884 (Kaapstad), 010 007 5272 (Gauteng), 031 003 2964 (KwaZulu-Natal) of 041 101 1033 (Oos-Kaap). ’n Jong brandbestryder, Vuyiseka Arendse, is deel van Suid-Afrika se eerste vroue-brandbestrydingspan. Foto: Alistair Burt NCC Environmental Services“Women of South Africa, be proud of what you  have achieved.”Photo: Alistair Burt NCC Environmental Services