Help om die verspreiding van COVID-19 te stuit  

vukuzenzele unnamed

Ons nasie staar die ernstigste krisis in die geskiedenis van die land se demokrasie in die gesig. Ons het meer as 120 dae lank daarin geslaag om die verspreiding van 'n virus wat verwoesting oor die hele wêreld saai, te verlangsaam.
 Maar die styging in infeksies wat deur ons mediese spesial-iste voorspel is, het nou begin. Meer as 'n kwartmiljoen Suid-Afrikaners het die koronavirus opgedoen, en ons weet dat baie meer infeksies nie aangemeld word nie. Meer as 12 000 nuwe gevalle word nou daagliks aangeteken. Sedert die begin van die uit-breking in Maart, het minstens 4 079 mense weens COVID-19 gesterf.Soos die massiewe koue fronte wat hierdie tyd van die jaar ons land vanuit die Suid-Atlantiese Oseaan bin-nestroom, is daar min dele van die land wat nie deur die koronavirus geraak word nie. Die koronavirus-storm is baie feller en meer vernietigend as enigiets wat ons voorheen beleef het. Dit plaas ongekende druk op ons hulpbronne en ons vasberadenheid.Die styging van infeksies wat ons deskundiges en wetenska-plikes meer as drie maande gelede voorspel het, is nou met ons. Dit het in die Wes-Kaap begin en na die Oos-Kaap en Gauteng uitgebrei.Hoewel infeksies eksponen-sieel styg, is dit belangrik om daarop te let dat ons sterftesy-fer van 1,5 persent onder die laagste ter wêreld is. Dit word vergelyk met 'n wêreldwye gemiddelde sterftesyfer van 4,4 persent. Ons kan die betreklik lae aantal sterftes in ons land toeskryf aan die ervaring en toewyding van ons gesond-heidswerkers en die dringende maatreëls wat ons getref het om die kapasiteit van ons gesond-heidstelsel op te bou.Hoewel die meeste van ons mense voorkomingsmaatreëls om die verspreiding van die virus te beperk, nakom, is daar ander wat dit nie doen nie. Daar is mense in ons geledere wat die regulasies wat ingestel is om die siekte te bestry, ignoreer.Te midde van so 'n pandemie, kan mense se optrede soos om in 'n taxi te klim sonder 'n gesigmasker; saam met vriende te kuier; partytjies by te woon of selfs familie te besoek, die virus maklik laat versprei en lewens in gevaar stel. Hoewel dit 'n siekte is wat deur 'n vi-rus veroorsaak word, word dit deur menslike optrede en gedrag versprei.Deur ons eie optrede – as in-dividue, as gesinne, as gemeen-skappe – kan en moet ons die verloop van hierdie pandemie in ons land verander. Elke keer as ons uit ons huise gaan, moet ons 'n materiaalmasker dra wat ons neus en mond bedek. Ons moet steeds gereeld ons hande met seep en water of ontsmetmiddel was. Ons moet aanhou om alle oppervlakke in alle openbare ruimtes te reinig en te ontsmet. Die belangrikste is dat ons 'n veilige afstand – minstens 2 meter – van ander mense af moet hou.Daar kom tans bewyse aan die lig dat die virus ook in klein deeltjies deur die lug oorgedra kan word in plekke wat oorvol of toe is, of waar die lugsirkulasie swak is. Om dié rede moet ons die binnenshuise omgewing onmiddellik verbeter op openbare plekke waar die risiko vir besmetting die grootste is.Ons besluit om 'n landwye inperking te verklaar toe ons gesondheidsdienste nog nie voldoende voorberei was nie, het ’n massiewe aanvanklike styging in infeksies sowel as meer lewensverliese voorkom.Ons het in die tyd wat ons tot ons beskikking gehad het, belangrike maatreëls getref om ons gesondheidsrespons te versterk. Ons het meer as twee miljoen koronavirustoetse ge-doen en gemeenskapsgesond-heidswerkers het meer as 20 miljoen siftings voltooi.Ons het bykans 28 000 hospi-taalbeddens beskikbaar gestel vir COVID-19 pasiënte en het funksionele veldhospitale re-goor die land opgerig. Ons het nou meer as 37 000 kwarantyn-beddens in private en openbare fasiliteite regdeur die land, wat gereed is om mense te isoleer wat dit nie tuis kan doen nie.Om ons frontliniewerkers te beskerm, het ons miljoene ar-tikels persoonlike beskermende toerusting by hospitale, klin-ieke en skole regdeur die land aangekoop en afgelewer. Ons het ook bykomende verpleeg-kundiges, dokters en nood-gesondheidspersoneel gewerf en werf steeds meer.Ons maak vordering met ons pogings om COVID-19 te hanteer, maar ons grootste uit-daging lê nog voor. Ons werk in al die provinsies daaraan om meer beddens in die alge-mene sale, sowel as vir kritieke COVID-19-pasiënte beskikbaar te stel.Kapasiteit in algemene sale word in verskeie hospitale geskep deur gevalle wat minder dringend is tot later uit te stel, sommige hospitaalruimtes in bykomende sale te omskep en veldhospitale op te rig of uit te brei.Ons werk daaraan om groter hoeveelhede suurstof, ventila-tors en ander toerusting vir diegene wat kritieke sorg verg beskikbaar te stel, deur onder meer die toevoer van suurstof vanaf ander bronne te herlei. Ons gebruik digitale tegnolo-gieë om die identifisering, op-sporing en isolasie van kontakte uit te brei en om ondersteuning te bied aan diegene wat positief toets.Namate ons die hoogtepunt van infeksies nader, moet ons meer voorsorg tref en bestaande maatreëls verskerp om die oordragtempo te vertraag.Die regulasies oor die dra van maskers word verskerp. Werkgewers, winkeleienaars en -bestuurders, openbare vervo-eroperateurs en -bestuurders, sowel as eienaars van enige ander openbare gebou is nou wetlik verplig om te sorg dat elkeen wat hul perseel of voer-tuig betree, 'n masker moet dra.Taxi’s wat plaaslike reise onderneem, sal nou toegelaat word om hul kapasiteit tot 100 persent te verhoog, terwyl langafstandtaxi's nie toegelaat sal word om 70 persent beset-ting te oorskry nie, op voor-waarde dat nuwe protokolle vir risikovermindering wat met maskers, ontsmetting van voertuie en oop vensters verband hou, gevolg word.Duidelike bewyse het nou aan die lig gekom dat die her-vatting van alkoholverkope daartoe gelei het dat hospitale, insluitend traumaen inten-siewesorgeenhede, onder aan-sienlike druk geplaas is weens motorongelukke, geweld en ander alkoholverwante trauma. Ons het derhalwe besluit om die verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol weer in te stel om die druk op hospi-taalkapasiteit te verlig.As 'n bykomende maatreël om die druk op hospitale te verminder, sal 'n aandklokreël tussen 21:00 en 04:00 van krag wees.Ons is ten volle bewus daarvan dat die instelling van hierdie maatreëls onwelkome beperkings op mense se alledaagse lewens plaas. Dit is egter noodsaaklik om ons deur die hoogtepunt van die siekte te dra.Daar is geen manier hoe ons die aanslag van die koronavirus kan vryspring nie. Maar ons kan die skade wat dit in ons lewens kan aanrig, beperk. Ons het as 'n nasie saamgestaan om mekaar te ondersteun, om troos te bied aan siekes en om aanvaarding vir dié wat nog die virus het, te bevorder. Nou, meer as ooit tevore, is ons verantwoordelik vir die lewens van diegene rondom ons. Ons sal hierdie storm oorleef. Ons sal toesien dat ons land weer gesond en voorspoedig word. Ons sal oorwin.
