
Suid-Afrika gee tekort aan ventilators ’n hupstoot 

Silusapho Nyanda

Die stryd teen koronavi-russiekte (COVID-19) in Suid-Afrika het ’n hupstoot gekry met die eer-ste ventilator wat in die land gemaak is.
Die CPAP-ventilator (Conti-nuous Positive Airway Pres-sure) help pasiënte met ligte simptome van COVID-19 om 
'N PLAASLIK ONTWIKKELDE ventilator help pasiënte met ligte COVID-19 simptome om makliker asem te haal.
makliker asem te haal deur 'n beperkte hoeveelheid suurstofhoudende lugdruk te voorsien wat hul lugweë oop hou.Die ventilator is deur die Wetenskaplike Ny-werheidsnavorsingsraad (WNNR) in samewerking met 'n aantal plaaslike vennote ontwerp, en sal landwyd versprei word vir die behandeling van pasiënte met respiratoriese nood in die vroeë fase van die COVID-19-infeksie.“Die lug wat ’n persoon normaalweg inasem, het 'n suurstofkonsentrasie van 23 persent. Die CPAP-ventilator kan meer suurstof pomp en sodoende 'n pasiënt help om asem te haal. Die CPAP kan deurlopend gekonsen-treerde suurstof pomp. ’n Mens kan die hoeveelheid suurstof wat ’n pasiënt ina-sem, verhoog of verlaag,” sê die Uitvoerende Bestuurder van die WNNR se Future Production Manufacturing, Martin Sanne.Pasiënte wat met die ventilator behandel word, word deur 'n gesigmasker aan die ventilator gekoppel. Suurstof word uit 'n suur-stoftenk gepomp en met natuurlike lug in die venti-lator gemeng, waarvandaan dit na die masker oorgedra word en deur die pasiënt ingeasem word. Sanne sê benewens die inpomp van suurstofhoudende lug, help die CPAP pasiënte ook om uit te asem.Die CPAP-ventilator kan in hoë-tegnologie kliniese om-gewings, sowel as tydelike instellings soos veldhospi-tale en kwarantyngeriewe gebruik word.Sanne sê die WNNR sal teen einde Augustus 10 000 ventilators kan vervaar-dig. In samewerking met Siemens, Simera, Akacia, Gabler, Umoya en die Universiteit van Kaapstad, het die WNNR die CPAP volgens die standaarde van die Wêreldgesondheidsorga-nisasie vervaardig. Die eerste stel ventilators sal aan staatshospitale voorsien word wat onder druk is weens die tekort aan toerusting om COVID-19 te hanteer.Die WNNR het aan die CPAP begin werk nadat daar wêreldwyd 'n ernstige tekort aan ventilators ontstaan het. “Teen ongeveer Maart en April was daar skielik ’n te-kort aan ventilators van ons internasionale verskaffers. As ’n mens dit in die hande kon kry, was dit baie duur; die regering het daarom ’n tender vir die vervaardiging van ventilators uitgereik,” sê Sanne.Die tender was deel van die regering se nasionale ventila-torprojek in die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging.Die WNNR werk ook aan 'n tweevlak-positiewe lugwegdrukventilator wat daarop gerig is om pasiënte met meer ernstige COVID-19-simptome te behandel. Die ventilator sal met ina-seming sowel as uitaseming help, hetsy in vaste drukmo-dusse of deur die suurstof-toevoer wat deur die pasiënt benodig word, te bepaal en die druk dienooreenkomstig aan te pas.




