Sy bou ŉ beter lewe

vukuzenzele unnamed

Drie-en-twintigjarige Silondiwe Magwaza, het vanuit ne derige omstandighede in die KwaNongoma-gemeenskap, KwaZulu-Natal, talle struikelblokke oorkom om haar droom om ŉ konstruk-siebestuurder te word, te verwesenlik.  Deur in ’n omgewing groot te word waar sy deur swak infrastruktuur omring was, is Magwaza gemotiveer om nuwe maniere te vind om haar gemeenskap op te hef. Sy is nou die eerste lid van haar gesin wat ŉ graad verwerf het.  Magwaza het in 2019 haar graad in konstruksiestudies aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.  "KwaNongoma het baie swak infrastruktuur en dit lyk of die verskaffing daarvan baie stadig gebeur. Ek is aangemoedig om iets wat aan konstruksie verwant is te doen, sodat ek een van die mense kan wees wat toestande daar kan verander," sê sy. Om haar graad te verwerf was nie ŉ maklike taak nie. Magwaza sê dat dit moeilik was om te konsentreer omdat sy haar voortdurend oor befondsing bekommer het. Die Munisipale Infrastruktuur Ondersteuningsagentskap (MISA) het toe hulp aangebied.
"Ek my baie oor befondsing bekommer, aangesien ek uit ŉ benadeelde agtergrond kom. Maar dit het in 2018 verander toe ek ŉ beurs van MISA ontvang het. Dit het my gehelp om my graad sonder enige verdere spanning te voltooi. Alles was betaal en ek kon net op my studies fokus," sê sy.
Magwaza is een van hon derde studente wat jaarliks deel van MISA se jeugontwikkelingsprogramme is. Die pro gramme verskaf befondsing en steun en help studente om werk te kry wanneer hulle gekwalifiseer is.  "Ek het regtig uitgesien na ons gradeplegtigheid. Dit sou baie beteken het, aangesien ek die eerste een in my gesin sou gewees wat ’n graad het. Ek hoop steeds dat ons ’n gradeplegtigheid sal hê, maar dit sal dalk as gevolg van die koronaviruspandemie nie moontlik wees nie," sê sy. Die konstruksiebedryf bestaan hoofsaaklik uit mans.
"Soms word vrouens ver kleineer omdat daar aan hulle vermoë om verandering mee te bring getwyfel word. Soms word hulle stemme nie gehoor nie.
"Ek het nogtans konstruk siebestuur gekies omdat ek glo dat ek die mag het om die bedryf, waar nodig, te verander en te verbeter. Ek het gesien hoe vroue in dié bedryf topposisies bereik en invloedryk is. Ek glo dat ek dit ook kan maak," sê sy.Danksy befondsing van MISA is Silondiwe Magwaza die eerste gegradueerde in haar gesin is.
MISA-beurse word vanaf September op www.misa.gov.za, Facebook @MISA, op Twitter @MISA_CoGTA en op Instagram @MISA-CoGTA, geadverteer.
