Jong boer ontvang COVID-19-steun

Silusapho Nyanda

 'N OPKOMENDE  Oos-Kaapse boer is een van die begunstigdes van die regering se Koronavirusverligtingsfonds.
Nomagcinandile  Suduka (27) ontwikkel haar gesin se nalatenskap en welvaart deur in landbou te belê.
Die eienaar van 4 U and 4 Me Primêre Koöperasie in die Mooiplaas-gemeenskap, het ondersteuning van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Koronavirus(COVID-19) verligtingsfonds vir haar eier-, veeen groenteplaas, ontvang.
Die departement het R1.2 miljard se ontvangsbewyse aan behoeftige boere toegeken.
Suduka sê dat haar ont vangsbewyse haar sal help om haar onderneming se eierproduksie te verbeter. "Ek het drie ontvangsbewyse van altesaam R19 000 ontvang. Dit sluit in ŉ ontvangsbewys van R12 000 om hoenders wat eiers lê, aan te koop, ŉ ontvangsbewys van R6 500 om voer te koop en ŉ R500-ontvangsbewys om medisyne te koop."Sy het haar eierboerdery begin deur haar gesin se tradisionele hoenders lêmeel te voer, wat hulle in staat stel om eiers te lê sonder om te paar. Haar 50 hoenders produseer nou 50 eiers per dag, wat sy weekliks verkoop.
Suduka, wat ook met 73 bok ke, 25 skape en 25 koeie boer, het in 2015 begin boer nadat sy haar N6-sertifikaat vir Openbare Bestuur by Ikhala Oplei dingsen Beroepsonderwys en Opleidingskollege, verwerf het. Toe sy besef het dat daar nie baie werksgeleenthede is nie, het sy besluit om haar gesin se destydse bestaansboerdery oor te neem en dit in ŉ winsgewende onderneming te verander.
Suduka sê: "Ons het met boerdery grootgeword; ek het dus nadat ek gegradueer het, besluit om te boer, eerder as om werk te soek." Dit was ŉ geïnspireerde be sluit, aangesien sy die aantal bokke en koeie vermeerder het.
Suduka se groenteplaas van ses hektaar, lewer mielies, aartappels, ertjies en boontjies. Die mielies word op vier hektaar geplant, die aartappels op een hektaar en die ertjies en boontjies deel die laaste hektaar.
Suduka het baie van COVID-19 geleer, veral dat haar beste bates haar hande en harde werk is. 
Nomagcinandile Suduka het haar gesin se bestaansboer dery in 'n klein besigheid omskep.



