ŉ Spesiale huldeblyk aanons gesondheidswerkers 

vukuzenzele unnamed

Die aantal sterftes  weens die koronavirus het onlangs 2 000 oorskry. Onder diegene wat hul lewens verloor het, is gesondheidsorgwerkers en toe gewyde professionele mense wat nie net na die siekes omgesien het nie, maar ook on dersteuning en vertroosting aan pasiënte wat geïsoleer en sonder hul geliefdes in die hospitaal was, gebied het.
Dit is ŉ verpletterende te-rugslag dat die mans en vroue wat dié edelste en heiligste plig uitvoer, self siek word en sterf.Hulle staan aan die voorpunt van die stryd teen dié pandemie. Hulle werk onder erge druk en dra ook die sielkundige las van die wete dat hulle self die risiko loop om die virus op te doen. Hulle is die ware helde en heldinne van ons stryd teen die koronavirus.
 Ons bring hulde aan dié dap per Suid-Afrikaners wat hulle woonplekke, gesinne en geliefdes agterlaat om elke dag getrou vir diens by klinieke, hospitale en ander gesondheidsfasilite ite, aan te meld. Hulle verskaf mediese sorg, administratiewe ondersteuning en ander dien-ste soos skoonmaakdienste en spyseniering.
 Net soos hulle hul profes sionele plig uitvoer, het ons ook ŉ plig teenoor hulle en hul gesinne. Hulle gesondheid en veiligheid is van die uiterste belang.
Ons bring hulde aan hulle en ondersteun hulle as die mans en vroue wat wys dat hulle bereid is om hul lewens in gevaar te stel, sodat ons kan lewe.
 Om hulle reusetaak te kan uitvoer, het hulle nie net ons ondersteuning nodig nie, maar hulle moet ook beskerm word deurdat persoonlike beskermende toerusting (PBT) aan hulle voorsien word.
 Deur die ondersteuning van die Solidariteitsfonds en donasies van talle individuele Suid-Afrikaners, besighede en stigtings, sowel as ander regerings, kon ons die nodige beskermende toerusting vir dié dapper frontliniewerkers, aanskaf. Waar daar ’n tekort aan PBT in hospitale is, skenk ons hospitale dringend aandag aan die tekorte om seker te maak dat daar voldoende voorraad is.
 Ons weet dat toegang tot PBE nie die enigste uitdaging is wat ons gesondheidsorgwerkers in die gesig staar nie. Die land se klinieke en hospitale ervaar ook landwyd ŉ tekort aan personeel. Daar word aandag aan dié pro-bleem geskenk. Ter ondersteuning van die werk wat ons frontliniewerkers regdeur die land doen, word ons ministers en adjunk-mi-nisters na elk van die distrikte ontplooi sodat hulle ŉ idee kan kry van spesifieke uitdagings in die verskillende distrikte en om met provinsiale gesondheids-owerhede saam te werk.
 Ons moet saam werk om nie net die gesondheid van ons frontliniewerkers nie, maar ook dié van die hele werkerskorps te beskerm.
 Die vakbonde het reeds deeglike werk gedoen om hul lede oor infeksiebeheer en -voorkoming, sowel as higiëne, in te lig. Hulle ondersteun ook die werk van die Departement van Indiensneming en Arbeid betreffende werkplekinspeksies om te verseker dat gesondheidsen veiligheidsprotokolle vir te-rugkerende werkers, ingestel is. Baie van ons vakbonde verskaf ook koronavirusinligting aan hul lede en werkgewers hou bewustheidsveldtogte. Een van die uitdagings wat in ons land vorendag gekom het is die stigmatisering van mense wat positief vir die koronavirus getoets het. As ŉ samelewing, het ons die gemeenskaplike verantwoordelikheid om die stigmatisering van mense wat die koronavirus het, met wortel en tak uit te roei. Daar is ontstellende berigte van individue wat uit hul gemeenskappe verstoot word en van gemeenskappe wat teen koronaviruspasiënte wat by plaaslike hospitale en klinieke opgeneem is, betoog. Dit moet stopgesit word.
 Net soos wat ons saamgestaan het om die aanvaarding van mense wat met MIV lewe te be-vorder en ons teen viktimisering verset het, moet ons nou begrip, verdraagsaamheid, welwillendheid, empatie en deernis teenoor diegene wat die virus het, asook vir hulle gesinne, toon.
 Daar word gesê dat stigma tisering aangehits word deur die vrees om die siekte te kry en ŉ gebrek aan begrip. Die beste manier om ons instinktiewe vrees vir siekte en aansteeklikheid te oorkom is om die higiëneprotokolle wat ingestel is, na te kom. Die vrees vir aansteeklikheid is gegrond en werklik. Ons weet egter wat ons moet doen om onsself en ander te beskerm. Ons weet wat die virus ver-oorsaak en wat ons kan doen om te keer dat ons dit opdoen. Ons weet dat ons sosiale distansiëring moet handhaaf, onsself moet isoleer as ons kontak gehad het met iemand wat die virus het, en na ŉ hospitaal moet gaan as ons simptome het.
 Ons moet steeds gelei word deur feite en nie deur gerugte nie.
 Die tyd toe mense kon sê dat hulle niemand ken wat die koronavirus het of daardeur geraak word nie, is lankal iets van die verlede. Ons vriende, families, kollegas en bure het ons empatie en ondersteuning nou, meer as ooit, nodig.
 Ons sal soms in die dae, weke en maande wat voorlê, wanhopig en angstig word namate ons sien dat die aantal mense wat die virus onder lede het en wat daaraan sterf, toeneem. Dinge het dalk vererger, maar ons is seker dat dit weer beter sal word. Ons wetenskaplikes en mediese raadgewers sê vir ons dat die infeksiekoers sal styg namate ons nader aan die hoogtepunt beweeg. Dit sal egter beslis weer daal.
 Ons bring hulde aan die gesondheidsorgwerkers wat hulle lewens verloor het terwyl hulle na siekes omgesien het. Ter nagedagtenis aan hulle, moet ons onsself en ons medeburgers veilig hou deur ons deel te doen.
 Ons sal hierdie virus oorwin en ons samelewing herbou. Ons het donkerder tye beleef en ons het geseëvier.
 Kom ons bl y sterk en dap -per terwyl ons saam werk  omlewens te red.

