Regering berei voor vir  COVID-19-piek

Allison Cooper

VOORBEREIDINGS VIR 'N MOONTLIKE toename in COVID 19-gevalle word tans getref, met die regering en die privaat sektor wat veldhospitale bou, persoonlike beskermende toerusting koop, en verseker dat Suid-Afrika ventilators vervaardig.
Daar word verwag dat Suid-Afrika se koronavirusgevalle (COVID-1 9-gevalle) in die ko-mende weke sal toeneem en die regering werk hard om te verseker dat die gesondheid-sektor gereed is.
"Ons het persoonlike beskermen-de toerusting (PBT) van regoor die wêreld gekoop en ondersteun plaaslike maatskappye om dit hier te produseer," bevestig President Cyril Ramaphosa.
"Ons verbeter die infrastruktuur in hospitale, stel tydelike hospitale op en kry meer beddens vir CO-VID-19-pasiënte," voeg hy by.
Meer as 27 000 publieke hospitaal-beddens is teen die begin van Junie vir COVID-19-pasiënte geoormerk.  Veldhospitale sal, wanneer hulle voltooi is, 13 000 beddens hê.
Kwarantynterreine en veldhospitaleDie Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, sê die volgende: 1 751 fasiliteite is as voorgestel-de isolasieterreine geoormerk, wat nasionaal meer as 129 600 beddens, in al 44 distrikte en agt metro's, verteenwoordig.  358 fasiliteite is in die Wes-Kaap geïdentiﬁ  seer, wat meer as 27 500 beddens verteenwoordig. 395 fasiliteite is deur die De-partement van Gesondheid ge-assesseer, wat 35 759 beddens verteenwoordig.
Die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum, die grootste veldhospitaal in die land, het 862 beddens. Die eerste 10 pasiënte is op 8 Junie opgeneem.Spanne in die Noordwes maak hospitale groter deur bykomende strukture te bou.Gauteng se gereedheidstoestandGautengse Premier, David Makhu-ra, sê die provinsie het:
• 8 301 hospitaalbeddens beskik-baar,• sommige bestaande hospitale ontruim en in COVID-19-fasili-teite omskep, wat 555 standaard-beddens en 308 ISE-beddens beskikbaar maak, nuwe perma-nente sale in die Kopanong-, Ju-bilee-, Chris Hani Baragwanathen George Mukhari-hospitaal geskep, wat 800 beddens byvoeg, en verseker dat die Nasrecfasili-teit 500 nuwe beddens het.
Premier Makhura het in Mei donasies van BMW en Nissan verwelkom om te help om ŉ veldhospitaal in Rosslyn, Tsh-wane, te bou.
Die Oos-Kaap seveldhospitaleŉ Veldhospitaal met 1000 bed-dens is in die Nelson Mande-labaaistadion in die Oos-Kaap, geskep. Ander stadions word ook as kwarantynfasiliteite en veldhospitale gebruik, in-sluitend Kaapstadstadion en FNB-stadion.  Die Duitse regering en Volkswa-gen het R107 miljoen belowe om ŉ veldhospitaal in Port-Elizabeth te bou. Die hospitaal sal 4 000 beddens kan huisves wanneer dit gereed is om pasiënte te ontvang.
Ventilators Suid-Afrika het, met die hulp van verskeie regerings, maatskappye en stigtings, 'n beduidende aantal PBT, ander mediese voorraad en ventilators verkry.

ŉ Mediese ventilator is ŉ masjien wat die longe help funksioneer. Dit word vir pasiënte wat sukkel om asem te haal, gebruik. Pasiënte wat met die koronavirus (COVID-19) besmet is, sukkel om asem te haal. Die regering het die Nasionale Ven-tilatorprojek in April geloods, om as gevolg van ŉ wêreldwye tekort meer plaaslike masjiene te bou. Daar word gehoop dat vervaar-diging in Junie sal begin en die regering is hoopvol dat 20  000 ven-tilators  in die  komende maande  vervaardig sal word.Die Solidariteitsfonds het fond-se belowe om 200 ventilators te bekom, wat volgens behoefte aan hospitale toegewys sal word.Die Verenigde State het 1 000 ventilators aan Suid-Afrika ge-skenk, waarvan 20 in Junie deur die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, ontvang is. Hulle is by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto geïnstalleer. Die volgende skenking sal in fasiliteite in die Wes-Kaap gebruik word.
Beskermende toerusting vir gesondheidsorgwerkers Een van die Solidariteitsfonds se prioriteite is om PBT aan me-diese werkers soos dokters en verpleegsters te verskaf. Die fonds, wat tot op hede R2.61 miljard ingesamel het, het gehelp om PBT te verkry om die openbare gesondheidstelsel en gemeens-kapsgesondheidswerkers vir twee maande te onderhou.Daar is egter steeds ŉ tekort aan PBT regoor die wêreld, insluitend Suid-Afrika.Maatskappye wat PBT geskenk het, sluit in Business for South Africa, Naspers, Eerste Na-sionale Bank, United Phar-maceutical Distributors, die Volksrepubliek China, die Wêreldgesondheidsorgani-sasie, Ford Motormaatskap-py en die Solidariteitsfonds.
Beroep op alle gesondheids-orgwerkers Namate die aantal CO-VID-19-gevalle toeneem, sal meer gesondheidswerkers benodig word en die regering het alle werklose gesond-heidsorgwerkers en dokters gevra om hulle provinsies te kontak. "Ons vra vir alle professionele gesondheidswerkers, selfs die-gene wat reeds afgetree is, om na vore te tree en te begin werk, selfs al is dit op die kort ter-myn," sê Minister Mkhize.Die regering het ook 217 Kubaanse dokter regoor die land ontplooi.
Die regering het die Nasionale Ventilatorprojek in April geloods, om as gevolg van ŉ wêreldwye tekort meer plaaslike masjiene te bou.
Daar word gehoop dat vervaardiging in Junie sal begin en die regering Die Solidariteitsfonds het fondse belowe om 200 ventilators te bekom, wat volgens behoefte aan hospitale toegewys sal word.
Die Verenigde State het 1 000 ventilators aan Suid-Afrika geskenk, waarvan 20 in Junie deur die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, ontvang is. Hulle is by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto geïnstalleer. Die volgende skenking sal in fasiliteite in die Wes-Kaap gebruik word.
Beskermende toerusting vir gesondheidsorgwerkersverpleegsters te verskaf.
Die fonds, wat tot op hede R2.61 miljard ingesamel het, het gehelp om PBT te verkry om die openbare Daar is egter steeds ŉ tekort aan PBT regoor die wêreld, insluitend Suid-Afrika.
Maatskappye wat PBT geskenk het, sluit in Business for South Africa, Naspers, Eerste Nasionale Bank, United Pharmaceutical Distributors, die Volksrepubliek China, die Wêreldgesondheidsorganisasie, Ford Motormaatskappy en die Solidariteitsfonds.
Beroep op alle gesondheidsorgwerkersNamate die aantal COVID-19-gevalle toeneem, sal meer gesondheidswerkers benodig word en die regering het alle werklose gesondheidsorgwerkers en dokters gevra om hulle provinsies te kontak.
"Ons vra vir alle professionele gesondheidswerkers, selfs diegene wat reeds afgetree is, om na vore te tree en te begin werk, selfs al is dit op die kort termyn," sê Minister Mkhize.
Die regering het ook 217 Kubaanse dokter regoor die land ontplooi.

“Ons verbeter die infrastruktuur in hospitale, stel tydelike hospitale op en kry meer beddens vir COVID-19pasiente” ..