Ma met onderliggende siektetoestand oorwin COVID-19

Silusapho Nyanda

INSAAF MOHAMMED sê dit is baie belangrik vir Suid-Afrikaners, veral diegene met onderliggend siektetoestande, om verantwoordelikheid vir hulle gesondheid te aanvaar.

 Mense met on-derliggende  siektetoestande — soos asma, hoë bloed-druk, kroniese niersiekte en diabetes — kan ernsti-ger koronavirussimptome (COVID-19-simptome)  ervaar en kan selfs as ge-volg van die spanning wat die virus op hulle liggame plaas, sterf.
Toe die arbeidsterapeut van Kaapstad en ma van drie, Insaaf Mohammed (40) po-sitief vir COVID-19 getoets is terwyl sy siek was met asma, was sy gelukkig in staat om beide toestande te hanteer en nie ernstig siek te word nie.Mohammed het COVID-19 by haar man, wat by die Groote Schuur Hospitaal se laboratorium werk, aange-steek. Mohammed se sewe-jarige seun het ook positief getoets.Al drie het hulself tuis ge-isoleer nadat hulle positief getoets het. "Ons het onsself in ons slaapkamer geïsoleer terwyl my skoonma —wat diabetes en hoë bloeddruk het, en gelukkig nie die virus gekry het nie — na ons ander twee kinders omgesien het," sê Mohammed.Mense met hoë bloeddruk, diabetes en kroniese nier-siekte is onder diegene met die mees algemene onderlig-gende siektetoestande van COVID-19, volgens die  Departement van Gesond-heid.Mense met die volgende onderliggende siektetoe-stande het, soos op 25 Mei, ernstige simp-tome getoon:
• Hoë bloeddruk, 58 persent• Diabetes, 56 persent• Kroniese niersiekte, 17 persent• MIV , 16 persent• Asma of kroniese asemha-lingsiekte, 15 persent• Hartsiekte, 11 persent• Vetsug, 13 persent• TB, 13 persent• Kanker, twee persent• Ander kroniese siektes, 16 persent.Mohammed het gesê dat haar grootste vrees was om ernstige asemhalings-komplikasies as gevolg van COVID-19 te ervaar. "Ek het moegheid, 'n gehoes en 'n toe bors ervaar, wat met my asmapomp opgelos is. My simptome was nie so erg soos my man sŉ nie, wat liggaamspyne, naarheid, ŉ toe bors, kortasemrigheid, verstopte sinusse, dik slym in sy bors en ŉ koors gehad het. My seun het vir drie dae ŉ koors gehad, maar het redelik vinnig herstel nadat hy sy simptome oorkom het," sê sy.Mohammed se gesin het by alle higiëneprotokolle by die huis en by die werk gehou om nie die virus op te doen nie. "My familie het begrip getoon, omgegee en was ondersteunend en het elke aand vir ons aandete gebring, maar ŉ mens se ge-meenskap kan soms afsydig wees en die skade wat op sosiale media veroorsaak word, is skrikwekkend," sê Mohammed.Die  Departement van Ge-sondheid sê dat dit belangrik is om gehidreer te bly en jou bloedsuiker en tempera-tuur te kontroleer ten einde COVID-19 te hanteer, veral vir pasiënte met onderlig-gende siektetoe-stande.Die departement raai ook mense met onderliggende siektes aan om die volgende voorsorgmaatreëls te tref:
• Neem jou medisyne kor-rek, soos deur jou gesond-heidsorgpraktisyn voor-geskryf. • Was jou hande vir min-stens 20 sekondes met seep en water voordat jy aan enige medikasie raak.• Moenie ophou om medi-syne te neem tensy ŉ ge-sondheidsorgpraktisyn vir jou so sê nie en moet nooit medisyne met eni-giemand te deel nie.• Probeer om elke dag vir 30 minute te oefen.Die departement sê dat mense met diabetes meer geneig is om ernstige kom-plikasies weens COVID-19 te ervaar, maar die risiko om baie siek te word is baie laer as ŉ mens se diabetes goed hanteer word."Mense met diabetes is in die algemeen meer geneig om ernstige simptome en komplikasies te ervaar wan-neer hulle ŉ virus onder lede het. Voortdurende sosiale of fisiese distansiëring word, waar moontlik, aanbeveel, aangesien diabetiese indi-vidue meer geneig is om COVID-19 op te doen. Om oorgewig te wees, is ook ŉ risikofaktor vir ernstige COVID-19. Gewigsverlies, indien moontlik, word dus aanbeveel." Gesond verklaarMohammed het ná 14 dae se isolasie teruggekeer werk toe. Sy sê dat haar denkpro-sesse en perspektief oor die lewe verander het namate sy van die virus herstel het."Jy waardeer jou gesin en die klein dingetjies in die lewe selfs nog meer. Ek wil hê dat mense in enige werksomgewing verant-woordelikheid vir hulle gesondheid moet aanvaar en hulle gesinne en kinders daaroor moet opvoed, veral noudat kinders teruggekeer skool toe. "Help jou kind om kre-atiewe maniere te kry om liefde teenoor hulle vriende te betoon sonder om naby aan mekaar te gaan en aan mekaar te raak. Oortuig jou gesin om hulself te ontsmet voordat hulle in die huis ingaan, los jou skoene in die motorhuis as jy kan, trek al jou klere uit en stort voordat jy jou gesin groet en wees meer gesondheidsbewus om hulle te beskerm," sê sy.Die departement raai mense met onderliggende siektetoestande aan om ge-sond te eet, gereeld te oefen, hulle spanningsvlakke te hanteer, by hulle mediese behandelingsplan te hou en alle nodige voorkomings-maatreëls na te kom.
 vtwee kinders omgesien het," sê Mohammed.
Mense met hoë bloeddruk, diabetes en kroniese niersiekte is onder diegene met die mees algemene onderliggende siektetoestande van COVID-19 , volgens die  Departement van Gesondheid.
Mense met die volgende onderliggende siektetoestande het, soos op 25 Mei, ernstige simptome getoon:COVID-19  te ervaar.
"Ek het moegheid, 'n gehoes en 'n toe bors ervaar, wat begrip getoon, omgegee en was ondersteunend en het elke aand vir ons aandete gebring, maar ŉ mens se gemeenskap kan soms afsydig wees en die skade wat op sosiale media veroorsaak word, is skrikwekkend," sê Mohammed.
Die  Departement van Gesondheid sê dat dit belangrik is om gehidreer te bly en jou bloedsuiker en temperatuur te kontroleer ten einde COVID-19  te hanteer, veral vir pasiënte met onderliggende siektetoestande.
giemand te deel nie.
• Probeer om elke dag vir 30 minute te oefen.
Die departement sê dat mense met diabetes meer geneig is om ernstige komplikasies weens COVID-19 te ervaar, maar die risiko om baie siek te word is baie laer as ŉ mens se diabetes goed hanteer word.
"Mense met diabetes is in die algemeen meer geneig om ernstige simptome en komplikasies te ervaar wanneer hulle ŉ virus onder lede het. Voortdurende sosiale of fisiese distansiëring word, waar moontlik, aanbeveel, aangesien diabetiese individue meer geneig is om COVID-19  op te doen. Om  Insaaf Mohammed, wat aan asma ly, het daarin geslaag om COVID-19 te oorwin.

Kontak die  COVID-19-blitslyn by 0800 029 999 of WhatsApp die woord "Hi" aan 0600 123 456 as jy enige simptome soos koors, hoes of kortasem ervaar.