SA-jeug is ŉ bron van inspirasie en hoop

vukuzenzele unnamed

Elke keer wat ek die ge-leentheid het om met jong Suid-Afrikaners te praat, kom Frantz Fanon se woorde, naamlik dat 'elke generasie sy missie moet ont-dek', by my op.
Elkeen het ŉ brandende  be-geerte om die wêreld te veran-der, ongeag waar hulle woon en wat hulle doen. Hulle wil ook, terwyl hulle beslis hulle eie lewens wil ver-beter, ŉ beter samelewing en wêreld tot stand bring. Hulle sien hulself as agente vir fun-damentele transformasie.Jong mense was nog altyd regdeur die geskiedenis ŉ dryfkrag vir verandering. Jong mense het die afgelope paar de-kades verskeie veldtogte teen ongeregtigheid gevoer, van die 1968-studenteopstand in Parys, tot die teenoorlogbeweging in die Verenigde State in die 1960's, tot die teenkoloniale stryd in baie Afrikaen Asiatiese lande, tot die stryd teen apartheid, tot die Arabiese Lente.Jong mense was mees on-langs aan die spits van die #BlackLivesMatter-beweging, wat wêreldwyd steun verwerf het nadat George Floyd in die Verenigde State vermoor is.Aktiviste van regoor die wêreld het ook die afgelope paar weke die verwydering van simbole wat die barbaarsheid en geweld van die slawehan-del en kolonialisme verheerlik, geëis.ŉ Betoger het onlangs by ŉ be-toging by Oxford Universiteit ŉ plakkaat gedra  met die woorde 'Rhodes moet val', 'n strydkreet  van studente in ons eie land vyf jaar gelede.Jong mense regoor die wêreld het ŉ gemeenskaplike doelstel-ling gevind. Hulle breek stand-beelde en simbole van rassisme af, eis die dekolonisasie van opvoedkundige kurrikula en vereis van instansies om ras-sisme en maatskaplike uitslui-ting aan te pak.Ons het op 16 Junie 2020 hulde aan die generasie van 1976 gebring en bring ook hulde aan die jeug van post-apartheid Suid-Afrika, die waardige erfgename van dié edele nalatenskap.Die 1976-generasie se missie was om Bantoe-onderwys af te breek; die missie van vandag se jeug is om die projek van nasionale versoening en trans-formasie voort te sit. Daar sal mettertyd gesê word dat dié jaar, 2020, die begin van ŉ nuwe epog in menslike geskiedenis was.Die koronavirus het nie net ŉ enorme impak op mense se lewens en bestaan gehad nie, maar ook die globale maats-kaplike orde verander.Die wyse waarop die pan-demie toegeslaan het, is ŉ herinnering aan die onderlinge verbintenisse van die mens-dom en die diep ongelykhede wat tussen lande en in lande bestaan.Die pandemie bied ŉ geleent-heid om ŉ wêreld wat deur erge materialisme, selfsugtigheid en selfbeheptheid van individue en hele samelewings geken-merk is, te 'herstel' .Jongmense sê vir ons dat die noodsaaklike waardes van integriteit, deernis en eensge-sindheid die kenmerke van die nuwe samelewing moet wees wat na vore sal kom en dat hulle vasbeslote is om die kampvegters vir dié nuwe, beter wêreld te wees. Ek het in my gesprekke met jongmense gesê dat ons nooit die mag van ŉ idee moet on-derskat nie, want idees kan en het die wêreld verander. Idees het menslike vooruitgang aangewakker en dit is wat ons in staat stel om ŉ nuwe pad in die post-koronavirusera uit te stippel. Dié jongmense het hulle idees  in optrede omgeskakel. Hulle het nie toegelaat dat ŉ tekort aan hulpbronne hulle kniehal-ter nie. Hulle het in ŉ hele aan-tal sektore, van hipertegnologie tot omgewingsvolhoubaarheid, vir hulself ŉ nis uitgekerf.Ons sal nou, meer as ooit, ons op die innoverende en baanbre-kersgees van ons jeug beroep om oplossings vir die werk-loosheidskrisis te vind wat vir hulle, hulle gemeenskappe en die samelewing voordelig sal wees.Ek daag terselfdertyd ons land se jeug uit om programme te prakseer en ontwerp wat ons in staat sal stel om ons ontwik-kelingsdoelwitte te bereik. Revolusionêre Kuba het in 1961 talryke jong studente-vrywilligers na die berge en dorpies toe gestuur om skole te bou, geletterdheid te on-derrig en nuwe opvoeders op te lei. Dit word steeds as een van die suksesvolste geletterd-heidsveldtogte in die moderne geskiedenis beskou.Ons jongmense moet maats-kaplike opheﬃ ngsinisiatiewe ontwikkel en aan die stuur daarvan staan.Die aansienlike energie van ons jeug moet, net soos wat hulle die stryd vir geslags-gelykheid in hoër onderwys aangedurf het, ook vir die stryd vir gelyke toegang tot gesond-heidsorg, die transformasie van grondeienaarskap en, die belangrikste, vir geslagsgereg-tigheid, aangewend word. Ek, soos alle Suid-Afrikaners, is diep ontsteld oor ŉ opwel-ling in die aantal moorde op jong vrouens deur mans. Dit is skokkende, onmenslike dade wat nie in ons samelewing tuishoort nie.Burgerlike aktivisme, bewus-making en portuurberading wat deur die jeug gelei word, is kernbelangrike hulpbronne in ons poging om geslagsge-baseerde geweld in ons same-lewing uit te roei. Ons moet terselfdertyd ons regstelsel versterk en verseker dat oor-treders aan die pen sal ry, dat borgtogen paroolvoorwaardes opgeskerp word en dat diegene wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, die res van hulle le-wens agter tralies sal spandeer.Alhoewel dit optrede van regoor die samelewing ver-eis, vra ek vir jong mans in besonder om die stryd teen geslagsgebaseerde geweld aan te pak. Die droom van ŉ nuwe samelewing sal ons bly ontwyk, tensy ons die oorlog wat teen Suid-Afrikaanse vrouens woed, beëindig.Diegene van ons wat tydens die apartheidsera deel van die studentebewegings was, word gereeld gevra wat ons van van-dag se jongmense dink. Daar is ŉ versoeking om in nostalgie oor die 'glorieryke dae' van studentepolitiek en jeugstryd wat nooit herhaal kan word nie, te verval.Net soos wat die jeug van die verlede hulle missie bepaal het, bepaal vandag se jeug egter ook hulle sŉ.Die Suid-Afrikaanse jeug van 2020 voldoen beslis aan die hoë standaard van hulle voorgangers. Hulle is optimis-ties, lewenskragtig en dapper, dikwels in die moeilikste om-standighede denkbaar.Hulle is ŉ bron van inspirasie en hoop. Hulle bou, deur hulle dade, ŉ wêreld wat meer reg-verdig, gelykwaardig, volhou-baar en vreedsaam is.