Laat ons ons kinders beskerm en ondersteun

vukuzenzele unnamed

Internasionale Dag vir die Beskerming van Kinders, wat  wêreldwyd op 3 Junie gevier word om die aandag op kinders se regte en welstand te vestig. Op gepaste wyse is dit op dieselfde dag ook die VN seWêrelddag vir Ouers, wat hulde bring aan ouers en versorgers se toewyding aan kinders se welsyn.Ek wil die miljoene ouers, grootouers en versorgers in Suid-Afrika wat voortdurend 'n belangrike rol in die vormingsjare van ons jongste landsburgers speel, bedank. Die aanmoediging, ondersteuning en beskerming wat kinders van hul ouers en ver sorgers ontvang, is noodsaak lik vir hul toekomstige geluk en sukses.
Die land het op 1 Junie 'n nuwe fase in die stryd teen die koronavirus begin. Baie ekonomiese en sosiale aktiwiteite is hervat, insluitend 'n fase-hervatting van skoolopleiding.
 Ons het gesê dat ons, met die raad van ons wetenskaplikes as riglyn, 'n geleidelike benadering volg, wat deur die realiteite op grondvlak en oorlegpleging met belanghebbendes gelei word.  Die afgelope paar weke, namate ons voorbereidings getref het om terug te keer skool toe, het ons uitgebreide en gedetailleerde gesprekke met al die rolspelers in die onderwyssektor gevoer. Dit het as riglyn gedien vir ons benadering tot hierdie ingewikkelde en uitdagende taak.
Verskeie van hierdie be langhebbendes – waaronder onderwysers en ouers – het hul kommer uitgespreek oor die gereedheidsvlak van baie skole. Ons het dit gehoor, ons verwelkom hul bydraes en neem stappe om hul kommer sowel as voorstelle te hanteer.
Dit is verstaanbaar dat baie ouers en versorgers in hierdie tyd gemengde gevoelens oor die heropening van skole het. Dit is ’n verligting dat kinders hul onderwys kan hervat ná 'n lang afwesigheid uit klaskamers en lesingsale. Jong mense is gretig om weer skool te gaan en om hul vriende en onderwysers weer te sien.
 Maar ouers, opvoeders en leerders is ook ongerus daaroor. Ouers wil die versekering hê dat die nodige voorsorgmaatreëls getref word om leerders voldoende te beskerm. Die veiligheid van ons jongste burgers vanuit 'n gesondheidsen fisieke perspektief is nie onderhandelbaar nie. Dit is ons grootste prioriteit.
Terwyl ons voorberei op die geleidelike heropening van ons skole en instansies vir hoër onderwys, het onderwys owerhede hard gewerk om die nodige gesondheidsen veiligheidsmaatreëls in gereedheid te bring. Die nodige dokumentasie rakende standaard prosedures is aan alle skole voorsien. Hierdie standaard-bedryfsprosedures handel oor kwessies soos opleiding en oriëntasie van diegene wat sifting van leerlinge behartig, hersiening van roosters en die herrangskikking van klaskamers om aan die vereistes van sosiale afstand te voldoen.
Ons lewer steeds persoonlike beskermende toerusting af en maak seker dat daar voldoende wateren sanitasiedienste is. Sodra klasse weer begin, sal dit onder streng voorwaardes met die voorgeskrewe beperkte aantal leerders en studente wees.
 As ouers, onderwysers, be heerliggame en die regering is ons dit eens dat geen skool moet heropen totdat al die nodige voorsorgmaatreëls in gereedheid is nie. Daar moet deursigtigheid wees oor die vlak van paraatheid van elk van die skole. Elkeen wat 'n belangrike rolspeler is, of dit nou 'n ouer, 'n lid van die skoolbeheerliggaam, 'n onderwyser of 'n regeringsamp tenaar is, moet oor die korrekte inligting oor die stand van sake by elke skool beskik. Dit is ons kollektiewe verantwoordelikheid om te verseker dat die leeromgewing veilig is.
 Ek wil graag hulde bring aan ouers en versorgers vir die rol wat hulle die afgelope twee maande gespeel het. Met skole wat gesluit is, moes hulle daagliks 'n groter verantwoordelikheid neem vir die opvoeding en ontwikkeling van hul kinders. Baie ouers en versorgers moes leerders tuis help met hul skoolwerk, en het sonder twyfel ook besef en waardeer hoe hard ons onderwysers elke dag werk.
 Sodra die inperking opgehef word en meer leerders terugkeer skool toe, moet ons ouers voortgaan om 'n meer aktiewe rol in die opvoeding van ons kinders te speel, hetsy deur toetrede tot skoolbeheerlig-game, vrywilligerswerk by skole of ander vorme van hulp. Ouers kan help met die skoonmaak van skole, die vestiging van groentetuine of hulle kan deel wees van skole se veiligheidskomitees. Dit kan die skole omskep in ware betekenisvolle “gemeenskapskole”.  Hoewel ons angstig en on rustig kan voel wanneer ons seuns en dogters ons sorg verlaat, moet ons moed put uit die feit dat alles moontlik gedoen word om hulle te beskerm.
As ouers het julle die wel stand en veiligheid van julle kinders aan ons toevertrou. Dit is 'n verantwoordelikheid wat ons nie ligtelik opneem nie. In die komende dae en weke, sal ons jul kinders se terugkeer skool toe noukeurig monitor.
 As ons die protokolle volg en alle voorsorgmaatreëls handhaaf – as ouers, opvoeders, gemeenskappe en leerders – sal ons die risiko's wat die koronavirus inhou, doeltreffend verminder.  Uiteindelik is dit ons per soonlike optrede en ons ge samentlike pogings wat ons kinders veilig sal hou. Wat ook al ons volgende gaan doen, moet ons saam doen.