SA beweeg na  waarskuwingsvlak 3

vukuzenzele unnamed

President Cyril Rama phosa het aangekon dig dat Suid-Afrika met ingang van 1 Junie na vlak 3 beweeg het – met die gepaardgaande ontsluiting van meer sektore van die ekonomie en die opheffing van 'n aantal beperkings op mense se bewegings.
Tydens sy toespraak oor die ontwikkelings in Suid-Afrika se risiko-aangepaste strategie om die verspreiding van COVID-19 te bestuur, het die President gesê dat die land 'n gedifferensieerde benadering volg in die hantering van gebiede met veel hoër infeksieen oordragvlakke.
COVID-19 -brandpunteHierdie gebiede is tot korona virus-brandpunte verklaar, en sluit die volgende metro's in:  Stad Tshwane  Stad Johannesburg  Ekurhuleni  Ethekwini  Nelson Mandelabaai  Buffalo City en Kaapstad.Ander gebiede wat as brandpunte geïdentifiseer is, is die Weskus, die Overberg en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteite in die Wes-Kaap, Chris Hani-distrik in die Oos-Kaap, en iLembe-distrik in KwaZulu-Natal.'n Brandpunt word omskryf as 'n gebied met meer as vyf besmette mense per elke 100 000 mense, of waar nuwe infeksies teen 'n vinnige tempo toeneem. Ten einde die virus in hierdie gebiede te hanteer, sal die re-gering intensiewe ingrypings maatreëls implementeer, wat daarop gerig is om die aantal nuwe infeksies te verminder.“Ons implementeer beter maatreëls vir waarneming, infeksiebeheer en -bestuur. Ons sal 'n voltydse span bestaande uit ervare personeel aan elke brandpunt toewys," het die President verduidelik.Hierdie spanne sal bestaan uit epidemioloë, huisartse, verpleegpersoneel, gemeen skapsgesondheidswerkers, kenners op die terrein van openbare gesondheid asook mediese nooddienste, en sal deur Kubaanse spesialiste bygestaan word.“Elke brandpunt gaan aan toetsdienste, isolasieen kwarantynfasiliteite, behandeling, hospitaalbeddens en kontak opsporing gekoppel word.“Indien die verspreiding van die infeksie ondanks ons ingrypings nie beheer word nie en die gevaar ontstaan dat ons gesondheidsgeriewe oorweldig kan word, kan enige deel van die land weer na vlak 4 of 5 terugkeer, het hy gesê.Die lys van brandpunt-gebiede sal elke twee weke hersien word, afhangend van die vordering van die virus.

Ontsluiting van die ekonomieDie implementering van waarskuwingsvlak 3, wat aan die begin van Junie in werking getree het, beteken dat die meeste ekonomiese sektore hul bedrywighede kon hervat, onderhewig aan die nakoming van streng gesondheidsprotokols en reëls oor sosiale afstand. Al hoe meer staatsamptenare het ook teruggekeer werk toe ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, en die riglyne van die Departement van Staatsdiens en Ad ministrasie in samewerking met al die ander regeringsdepartemente.
Protokols en werkplekplanneNamate al hoe meer sektore van die ekonomie weer begin sake doen, sal die regering sterk op sosiale kompakte met alle sleutelrolspelers steun om die sleutelrisikofaktore by die werkplek en in die kontakpunte tussen werknemers en die publiek nougeset te bestuur.“Ons sal dus 'n aantal sektorprotokols finaliseer en van ondernemings verwag om 'n werkplekplan op te stel voordat hulle mag her-open," het hy gesê.Volgens hierdie planne moet ondernemings higiëneen sosiale-afstandmaatreëls en -fasiliteite implementeer; werkers elke dag skandeer wanneer hulle by die werkplek aanmeld, diegene wat moontlik besmet is in afsondering plaas en reëlings maak om hulle te laat toets.“Hulle moet ook help met kontakopsporing indien werknemers positief toets. Omdat personeel ouer as 60, en diegene wat aan onderliggende toestande soos hart siekte, diabetes, chroniese lugwegsiekte en kanker ly meer kwesbaar is, moet hulle verkieslik tuis bly," het die President verduidelik.Werknemers wat van die huis af kan werk, moet toegelaat word om dit te doen.Onderhewig aan hierdie maatreëls het alle vervaardiging-, mynbou-, kon struksie-, finansiële dienste, professionele en sakedienste, inligtingstegnologie, kommunikasiedienste, regerings dienste en mediadienste op 1 Junie heropen. Die toepaslike heropeneningsen infaseringsreëlings sal vir elke werkplek gespesifiseer moet word.“Grooten kleinhandel kan ten volle heropen, insluitend winkels, spazawinkels en informele handelaars. E-handel sal steeds oop bly. Ander sektore wat reeds heropen het, soos landbou en bosbou, nutsdienste, mediese dienste, voedselproduksie en vervaardiging van higiëneprodukte, sal oop bly," het hy gesê.
Hoërisikoekonomiese aktiwiteite verbiedHoërisikoekonomiese ak tiwiteite bly steeds verbode tydens vlak 3. Dit sluit in:
• Restaurante, kroeë en tavernes, behalwe vir aflewering of afhaal van kos.• Akkommodasie en binnelandse vlugte, behalwe vir sakereise, wat ingefaseer sal word op datums wat nog aangekondig sal word.• Konferensies,funksies, vermaak en sportaktiwiteite.• Persoonlike sorgdienste, insluitend haarkapperen skoonheidsdienste.
Beweging van mense en verkoop van alkoholMense mag enige tyd van die dag oefening doen, mits dit nie in groepsverband is nie. Die aandklokreël op die beweging van mense is opgehef.“Alkohol mag vir tuisverbruik slegs onder streng voorwaardes verkoop word, op spesifieke dae en vir 'n beperkte aantal uur. Aankondigings in hierdie verband sal gedoen word sodra besprekings oor die spesifieke omstandighede met die sektor  afgehandel is,” het die President verduidelik.
Die verkoop van tabakprodukte bly verbode op waarskuwingsvlak 3, weens die gesondheidsgevare wat met rook gepaardgaan.“Alle byeenkomste bly verbode, buiten begrafnisse met hoogstens 50 mense, of vergaderings in die werkplek vir werksdoeleindes."Verwag toename in infeksies“Volgens President Rama phosa is ongeveer 20 000 hos pitaalbeddens vir COVID-19-gevalle opsygesit, en 27 veldhospitale word regoor die land gebou. “Sommige van dié hospitale is nou gereed om koronavirus-pasiënte te ontvang.” Die President het gesê dat die regering die werk van staatsamptenare hoog op prys stel, veral diegene in die voorste linie in die stryd teen COVID-19.“Die veiligheid van alle werkers, ook staatsamptenare, is vir ons uiters belangrik.
Ons sal alles moontlik doen om voldoende persoonlike beskermingstoerusting te voorsien om almal se veiligheid te verseker terwyl hulle werk.“Ons prioriteit is om die geleenthede vir oordrag van die virus te verminder en 'n veilige omgewing vir almal te skep,” het hy afgesluit. – SAnews.gov.za• Vervolg van bladsy 1CORONAVIRUSUPDATECOVID-19  JONGSTE NUUSVuk’uzenzele 2
Junie 2020 Uitgawe 2Wenke om besmetting met die  koronavirus te voorkom: »Bly sover moontlik by die huis. »Onthou om sosiale afstand te handhaaf. »Dra jou gesigmasker. »Was jou hande deeglik met seep. Was die agterkant van jou hande, tussen jou vingers en onder jou naels. Was altyd jou hande met seep voordat jy eet en nadat jy in die openbaar beweeg het. »Bedek jou mond met 'n sneesdoekie wanneer jy hoes of nies. Moet onder geen omstandighede met vuil hande aan jou gesig raak nie. Was jou hande eers deeglik met seep en water indien jy wel aan jou gesig moet raak. »Kry mediese hulp as jy siek voel. Tipiese simptome van COVID-19 sluit in 'n gehoes, loopneus, koors en kortasem. Kry onverwyld mediese hulp indien jy enige van hierdie simptome ervaar.
Vir meer inligting, skakel die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes se 24-uurblitslyn by  0800 029 999 of teken aan op www.health.gov.za  en www.nicd.ac.za
