Sigaretverbod sal lewens red

Silusapho Nyanda

Rokers wat die koro-navirus (Covid-19) opdoen, loop die gevaar om ernstiger simp-tome te ontwikkel.
Covid-19 is 'n respirato-riese virus (virus wat die asemhalingstelsel aantas). Rokers loop dus dubbel die gevaar om ernstiger simp-tome te ontwikkel as mense wat nog nooit gerook het nie, sê dr Catherine Egbe, 'n spesialis-wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Eenheid vir Alkohol-, Tabaken Dwelmnavorsing.Dr Egbe sê dat daar reeds bewys is dat rook verskeie onderliggende mediese toestande veroorsaak wat met ernstige simptome van Covid-19 verbind word. Dit sluit in:
• kanker • hartsiekte en beroerte • asma• diabetes. “Selfs al veroorsaak rook nie direk dat 'n roker aan  Covid-19 sterf nie, kan dit steeds indirek die oorsaak wees, omdat rokers meer waarskynlik aan die siektes ly wat daartoe kan bydra dat mense aan Covid-19 sterf," sê sy.Daarbenewens beskadig si-garetrook bykans elke orgaan in die liggaam en verminder in die algemeen die liggaam se vermoë om siektes te be-stry. Dr Egbe sê dat tabakrook meer as 7 000 chemikalieë produseer; 250 hiervan is as toksies vir die menslike lig-gaam bewys. Nege-en-sestig van hierdie 250 chemikalieë veroorsaak kanker. Dit benadeel rokers se gesond-heid asook die gesondheid van diegene wat aan twee-dehandse rook blootgestel word, verduidelik dr Egbe.Sy sê dat diegene wat aan TB of asma ly ook as hoërisiko pasiënte vir Covid-19 beskou word. “Daar is bewyse dat mense wat aan asma ly die risiko loop om ernstige simptome te ontwikkel of selfs te sterf as hulle Covid-19 opdoen. Daar is nog nie enige studies oor TB-pasiënte se risiko gepubliseer nie, maar die Wêreldgesondheidsorga-nisasie het gewaarsku dat dit nie onwaarskynlik is dat mense wat TB het swak op behandeling sal reageer as hulle Covid-19 opdoen nie.”Sy sê die besluit om die verkoop van sigarette onder die huidige inperkingsvlak te verbied, is in die publiek se belang. Verkoop van sigarettePresident Cyril Ramaphosa het aanvanklik aangekondig dat sigaretverkope onder Vlak 4 toegelaat sal word, maar die regering het die besluit omgekeer nadat die Nasionale Koronavirusbe-velsraad met mediese ken-ners en verskeie rolspelers oorleg gepleeg het.Dr Egbe sê dat, benewens die direkte gesondheidsim-plikasies van rook, sigarette dikwels onder vriende ge-deel word, wat tot vinniger verspreiding van Covid-19 in gemeenskappe kan lei.“Onthou, mense word versoek om nie aan hul mond, neus en oë te raak nie. Wanneer 'n persoon rook, sal hy of sy nie daardie higiënepraktyk kan nakom nie,” sê dr Egbe.Gegewe dat ons in 'n land woon met 'n hoë voorkoms van onder meer MIV/vigs, TB, dwelmmisbruik en al-koholisme, glo dr Egbe dat die regering die regte besluit geneem het.Sy sê dat die regering die data tot sy beskikking gebruik om voorkomende maatreëls in te stel om Suid-Afrikaners voortdurend teen toestande soos dié wat in lande soos Italië ontstaan het, te beskerm.“Dit is nie 'n permanente verbod nie; mense moet dit onthou," sê sy. Suid-Afrika het tans 'n be-perkte aantal ventilators, en indien die aantal mense wat  ventilators gedurende die pandemie benodig skerp styg, sal die land  hom in 'n posisie bevind waar diegene wat hulp nodig het, nie ge-help kan word nie.“Ons het net meer as 3 000 ventilators. Dink net wat sal gebeur as mense wat ouer as 65 is en rokers is, ventilators sou benodig. Ons sal meer as 10 000 ventilators net vir daardie groep nodig hê. Dit is een van die probleme wat die regering probeer vermy. Ons hoop dat mense dit sal beskou as 'n goed genoeg rede om op te hou rook," sê sy.
Het jy geweet?  Jy kan Die Nasionale Raad teen Rook by 011 720 3145 skakel om jou te help om op te hou rook. Die Kankervereniging van Suid-Afrika bied 'n aanlynprogram aan wat ondersteuning en inligting aan rokers wat wil ophou rook bied. Besoek http://www.ekickbutt.org.za.

