Ons demokrasie sal ons help om COVID-19 te oorwin

vukuzenzele unnamed

Ons aanvaar dikwels ons gesonde en le-wenskragtige de-mokrasie as vanselfsprekend. Dit is egter waarskynlik ons belangrikste bate in ons ge-wigtige stryd om die koro-naviruspandemie te oorwin.
Ons het van die mees polities betrokke burgery ter wêreld. 'n Opname wat in 2018 deur die Pew Navorsingsentrum gedoen is, dui daarop dat Suid-Afrikaners besonder geneig is om politieke stappe te doen oor kwessies waaroor hulle baie sterk voel, soos gesondheidsorg, onderwys, vryheid van spraak en korrupsie.Die opname bevestig heelwat van wat ons reeds oor onsself weet. Ons geniet niks meer as om in robuuste gesprekke oor aktuele sake met ons regerings en ons medeburgers te tree nie. Ons het 'n aktiewe burgerlike samelewing, wat immer gereed staan om ons fundamentele vryhede en regte te beskerm.Een van die oorwinnings van ons demokrasie is dat elke Suid-Afrikaner glo dat die Grondwet hulle beskerm en dat die howe 'n regverdige en onpartydige arbiter van hul belange is.Tydens 'n onlangse besoek aan die Oos-Kaap om die provinsie se korona-gereedheidstoestand te evalueer, het ek al hoe meer oor hierdie kwessies begin nadink.'n Joernalis het my gevra of ek bekommerd is oor die hangende hofsaak wat verskeie bepalings van die Wet op Rampbestuur uitdaag. Hierdie wet is die basis vir al die regulasies wat ingevolge die nasionale ramp-toestand uitgevaardig is om die koronavirus te bestry.Sedert die begin van hierdie krisis het verskeie mense al hul reg uitgeoefen om hof toe te gaan. Die inperkingsmaatreëls is reeds in die eerste week van die inperking deur 'n inwoner van Mpumalanga uitgedaag, wat van die reisverbod vryge-stel wou word om 'n begrafnis te gaan bywoon.In die sewe (7) weke wat daar-op gevolg het, is 'n hele aantal hofaansoeke deur verskeie individue, godsdiensliggame, politieke partye, NRO’s en sake-organisasies gebring teen een of meer van die inperkings-maatreëls waarmee hulle ontevrede was. Party was sukses-vol en ander nie. Sommige het die howe op 'n dringende basis genader, en hul argumente is verwerp, terwyl ander weer alternatiewe regshulp gevind het. Ander het later besluit om hul aansoeke terug te trek ná gesprekke met die regering.Hoewel ons natuurlik eerder regstappe teen die regering wil vermy, moet ons aanvaar dat inwoners wat ontevrede is met watter stappe die regering ook al besluit om te implemen-teer, altyd die reg het om ons howe met die oog op regshulp te nader. Dit is 'n normale beginsel van 'n grondwetlike demokrasie en 'n totaal aan-vaarde praktyk in 'n land wat op regsoewereiniteit gegrond is.Ons het wigte en teenwigte van toepassing om te verse-ker dat elke aspek van ons bestuur en beheer noukeu-rige grondwetlike onder-soek kan slaag. Waar ons te kort skiet, sal ons deur ons howe – en bowenal deur ons burgery – aanspreeklik gehou word. Benewens ons howe, is ons Hoofstuk 9-instellings ook daarop gerig om ons landsbur-gers se regte te bevorder en beskerm, net soos die liggame wat met die oorsigfunksie van die wetstoepassingsagentskappe belas is.Soos ek vir die joernalis gesê het, elke Suid-Afrikaner het die reg om die howe te nader en selfs ek, as president, kan nooit in die pad staan van enigiemand wat daardie reg uitoefen nie.Daar was robuuste en skerp kritiek teen verskeie aspekte van ons nasionale reaksie op die koronaviruspandemie, van die datamodellering en projeksies en die ekonomiese gevolge van die inperking, tot die regulasies – en hierdie kritiek sal ongetwyfeld in die toekoms voortduur. Ons as die regering het nog nooit gevra dat sulke kritiek onderdruk of stilgemaak moet word nie.Inteendeel, waar kritiek opbouend is, help dit ons om aan te pas en vinnig op ver-anderende omstandighede en toestande te reageer. Dit verryk openbare debat-voering en gee vir ons almal 'n breër begrip van die kwessies wat ter sprake is.Ons het deurentyd volgehou dat ons op wetenskaplike,
ekonomiese en empiriese data steun wanneer ons besluite neem en regulasies as deel van ons koronavirusreaksie formu-leer. Ons het onder hierdie uit-dagende omstandighede sover moontlik daarna gestreef om met belanghebbers oorleg te pleeg. Ons wil hê dat alle Suid-Afrikaners deel van hierdie nasionale poging is. Gewone landsburgers se stemme moet altyd steeds tydens hierdie kritieke tyd gehoor word.Die koronaviruspandemie en die maatreëls wat ons getref het om dit te bestry, het reeds 'n massiewe negatiewe impak op ons mense gehad. Dit het geweldige ontwrigting en ont-bering veroorsaak. Hoewel ons beduidende vordering gemaak het om die oordrag van die vi-rus te vertraag, is daar steeds 'n lang en moeilike pad voor. Die volgende weke en maande sal nie maklik wees nie, en sal nog meer van ons mense verg.Die pandemie sal dus in die toekoms steeds enorme druk op ons samelewing en ons in-stellings  uitoefen. Die uitwerking op mense se materiële omstandighede sal ingrypend wees, selfs terwyl ons die ekonomie geleidelik ontsluit. En solank dit die ge-val is, bestaan die potensiaal vir konflik, onenigheid en ontevredenheid.Maar terwyl ons ons pad deur hierdie troebel waters vind, bly ons Grondwet ons heel belangrikste riglyn en ons waardevolste besker-mingsmaatreël. Ons robuuste demokrasie verskaf die krag en die veerkragtigheid wat ons be-nodig om hierdie diepgaande krisis te oorkom.Net soos die regering besef dat die meeste hofaansoeke deur mense se algemene wel-stand gemotiveer word, moet ons ook insien dat die besluite wat die regering neem in goeie trou geneem word en daarop gerig is om die belange van alle Suid-Afrikaners te bevorder, en nie te benadeel nie.Ons allerbelangrikste priori-teit is om lewens te red. Elke  besluit wat ons neem, berus op die strewe om die reg op lewe en waardigheid soos dit in ons Grondwet uiteengesit word, te bevorder.Ons sal in die toekoms steeds verskillende – selfs afwykende – sienings oor ons nasionale koronavirusreaksie verwel-kom. Al hierdie sienings en menings help ons om beter en slimmer te werk.Die uitoefening van ons fundamentele vryhede van uitdrukking, assosiasie en spraak is 'n barometer van ons demokrasie se welstand. Maar dit is veel meer – hierdie regte is noodsaaklik vir die sukses van ons nasionale en kollek-tiewe stryd om die koronavirus te oorwin.