tap-vir-stap gids vir die gebruik van gesigmaskers 

vukuzenzele unnamed

Die Nasionale Departement  van Gesond-heid beveel aan dat almal in Suid-Afrika ŉ materiaalgesigmas-ker (ook genoem ŉ nie-mediese masker) dra wanneer hulle in die openbaar is.
Pendelaars wat taxi's en ander vorme van openbare vervoer gebruik, asook mense wat tyd op plekke deurbring waar dit moeilik is om jou fisies van ander mense te distansieer, word veral aangemoedig om gesigmaskers te dra.
Die hoofvoordeel wan-neer almal ŉ gesigmasker dra, is dat dit die hoeveel-heid koronavirus (Cov-id-19) -druppels wat deur mense wat die virus het, uitgehoes word, vermin-der, wat dus die versprei-ding deur druppels beperk.Almal behoort ŉ gesig-masker te dra, aangesien sommige mense, wat die  koronavirus het, nie simp-tome het nie of nie weet dat hulle die virus het nie.
Asemhalingshigiëne vir die dra van materiaalgesig-maskers Materiaalgesigmaskers word as deel van asem-halingshigiëne of -reëls aanbeveel, wat onder meer bepaal dat jy in jou gebuigde elmboog of ŉ snesie moet hoes of nies. Die gesigmasker moet die neus en mond heeltemal bedek. Gesigmaskers be-hoort nie afgehaal te word wanneer daar gepraat, gehoes of genies word nie.Dit is baie belangrik dat materiaalgesigmaskers reg gebruik word. Die verkeerde gebruik kan daartoe lei dat gebruikers hulself daaraan blootstel om Covid-19 te versprei.
Selfs al dra jy ŉ masker, moet jy steeds: • jou hande was • sosiale afstand handhaaf • onthou om in jou gebuigde elmboog te
hoes of te nies • nie met ongewaste
hande aan jou oë, neus  of mond raak nie.
Die publiek behoort nie chirurgiese (mediese) maskers of N-95-asemha-lingsmaskers te gebruik nie, want dit word vir gesondheidsorgwerkers en ander frontlinie mediese personeel gespaar.  vMei 2020 Uitgawe 2Hoe om jou materiaalmasker te hanteer 1. Gebruik slegs 'n masker wat gewas en gestryk is.2. Was jou hande voordat jy die masker opsit.3. Sit die masker met die regte kant na jou gesig toe op en maak seker dat dit jou neus en mond behoorlik bedek.4. Bind die toutjies agter jou kop vas, of as jy rekkies gebruik, maak seker dat die rekkies die masker styf vashou.5. Maak seker dat dit goed pas. Beweeg dit rond totdat dit goed pas. Moet nooit aan die materiaalgedeelte vat nie.6. Wanneer jy die masker op-gesit het, MOET JY NIE AAN JOU GESIG VAT voordat jy dit afgehaal het nie.7. Wanneer jy die masker af-haal, maak die toutjies los, vou die masker onderstebo, hou dit vas aan die toutjies/rekkies en sit dit in 'n houer wat spesifiek vir die was van materiaalmaskers opsygesit is.8. Was jou hande deeglik en droog hulle behoorlik af voor-dat jy enigiets anders doen.9. Daar moet minstens twee materiaalmaskers per per-soon wees sodat een gewas kan word en daar een skoon masker vir gebruik is.10. Maskers moet met seep en warm water gewas word, be-hoorlik uitgespoel en gestryk word.
Die belangrikheid van sosiale afstand Sosiale afstand is uiters belangrik in die stryd teen Covid-19 omdat dit help om die verspreiding van dié siekte regoor die land te beperk. Sosiale afstand beteken dat jy 'n veilige afstand van ongeveer 2m van ander mense af moet wegbly, sodat jy die oordrag van Covid -19 beperk. Dié gewoonte is baie belangrik terwyl ons midde-in die koronavirusepidemie is, waar die virus van persoon tot persoon oorgedra word wanneer druppels van iemand wat die virus het, deur nies, hoes of praat, versprei.Die toepas van sosiale afstand en die staat van inperking in Suid-Afrika is noodsaaklik om die kurwe gelyk te maak, wat aangedui word deur ’n afname in die aantal mense wat die virus opdoen.Dié inligting is deur die Nasionale Departement van Gesondheid, verskaf.