Kom ons staan saam in ons stryd teen Covid-19

vukuzenzele unnamed

Die hele wêreld is in die meedoën-lose greep van die koronaviruspandemie, wat vinnig versprei het. Daar is nog nie ŉ entstof nie. Meer as 3,4 miljoen mense wêreldwyd het die virus en meer as 240 000 het reeds daaraan gesterf. Ons beleef werklik wan-hopige tye.
Toe die nasionale rampstaat ses weke gelede verklaar is, het Suid-Afrika slegs 61 bevestigde koronavirusinfeksies gehad. Ondanks die betreklike klein hoeveelheid, het deskundiges se menings en internasionale ervaring, aangedui dat infek-sies eksponensieel gaan styg. Ek het gesê dat dringende en drastiese stappe geneem sou moes word.Daardie maatreëls, insluitend ŉ landwye staat van inperking en die sluit van ons grense, was doeltreffend om verspreiding van die siekte te vertraag.Dit was moontlik omdat die meeste Suid-Afrikaners die in-perkingsreëls, soos die toepas van sosiale afstand en die dra van gesigmaskers, nagekom het. Ek prys julle hiervoor, as-ook vir al die ander opofferings wat julle gemaak het. Ander lande het in dié sta-dium van die pandemie se verloop, baie meer infeksies as ons gehad. Tot op hede, 46 dae sedert ons ons 100ste koronavirusgeval aangeteken het, het ons 6 783 bevestigde gevalle. Op die 46-dae merk het Italië, met ŉ soortgelyke bevol-kingstal as ons, meer as 140 000 gevalle en die Verenigde State ongeveer 700 000 bevestigde gevalle, gehad.Dit beteken egter nie dat die gevaar nou verby is nie. Ons het nog glad nie die toppunt van infeksies in Suid-Afrika bereik nie. Al die wetenskaplike mo-delle toon dat die infeksiekoers in die volgende paar maande steeds teen ŉ baie vinniger koers kan styg.Die tempo waarteen die virus versprei en die aantal mense wat uiteindelik die virus gaan opdoen, sal egter bepaal word deur wat ons nou doen. Dit is waarom die staat van inperking geleidelik en versigtig verslap moet word. Dit is om dié rede dat baie regulasies steeds ge-handhaaf moet word en waar-om dit absoluut noodsaaklik is dat mense dit nakom. Ek weet hoe moeilik dit is en ek verstaan die besorgdheid van baie van ons landgenote oor hoe dié regulasies inbreuk maak op hulle regte en dit beperk, maar dit is alles noodsaaklik. Ons oorheersende doelwit is om lewens te red.Sosiale afstand en behoorli-ke higiëne is steeds ons beste en enigste beskerming in dié stryd. Dit is wat die regulasies wat ons vir vlak 4 van ons reak-sie ingestel het, teweegbring. Ons oorwegings is gegrond op empiriese bewyse, sowel as wetenskaplike en ekonomiese data en internasionale beste praktyk.Regter Arthur Chaskalson het in 1994 in die uitspraak van die Grondwetlike Hof wat die doodstraf as onwettig verklaar het, geskryf: "Die regte tot lewe en waardigheid is die belangrikste menseregte en die bron van alle ander persoonlike regte. Deur onsself aan ŉ same-lewing wat op die erkenning van menseregte gegrond is, te verbind, word daar van ons vewag om dié twee regte bo alle ander te stel."Die regulasies wat ons inge-stel het, is gegrond op daardie toewyding aan lewe en waar-digheid en dit regverdig, in dié uiterste omstandighede, tydeli-ke beperkings op ander regte, soos vryheid van beweging en assosiasie.Deur dit te doen, het Suid-Afrika nie anders as baie ander lande opgetree nie.Daar word beraam dat ŉ vyfde van die wêreld se bevol-king onder kwarantyn of in ŉ nasionale staat van inperking is, terwyl dié getal vinnig styg in reaksie op toenemende infeksies. Dit sluit lande met aansienlik groter bevolkings as ons s'n in, soos Indië, met 1,5 miljard mense.Tientalle lande het aandklok-reëls ingestel, soos wat nou hier ingestel is. Beperkings op beweging is in verskeie lande ingestel. In Brittanje en die Franse hoofstad, Parys, is open-bare fisiese oefening tot sekere ure en binne ŉ sekere afstand van ŉ mens se huis af, beperk.Inperkingen voorkomings-maatreëls wat soortgelyk aan ons s'n is, is in verskeie lande ingestel. Byvoorbeeld, die verkoop van alkohol tydens die inperking is in verskeie grondgebiede en deur plaasli-ke regerings beperk of verbied, insluitend dele van Meksiko, Hongkong en Groenland, wat verlede maand ŉ verbod op al-koholverkope tydens die inper-king ingestel het om infeksies asook ‘geweld teen vroue en kinders' te beperk.Die regering se besluit om die verbod op tabakprodukte in vlak 4 te verleng, het heel-wat openbare kommentaar uitgelok. ŉ Besluit soos hierdie gaan omstrede wees, maar dit is verkeerd om te beweer dat ministers of die president net sê en doen wat hulle wil oor hierdie saak.Ek het op 23 April aangekon-dig dat die verkoop van siga-rette tydens vlak 4 toegelaat sou word. Dit was gegrond op die mening van die Nasionale Koronavirusbeheerraad (NKB) soos vervat in die konsepraam-werk wat vir konsultasie gepu-bliseer is.Die NKB het na deeglike oorweging en bespreking, sy posisie oor tabak heroorweeg. Dit het daartoe gelei dat die die regulasies wat deur die Kabinet bekragtig is en op 29 April deur Minister Nkosazana Dlamini-Zuma aangekondig is, die verbod verleng het.Dit was ŉ gesamentlike besluit en die openbare verklarings deur my en die minister is na-mens en volgens die mandaat van die kollektief wat ek lei, gedoen.Elke regulasie wat ons inge-stel het, is deeglik oorweeg. Ons het voortdurend mediese deskundiges, verskeie kiesaf-delings en verskillende indus-trieë geraadpleeg. Ons is deur internasionale instansies en die ervaring van ander lande gelei.Die werklikheid is dat ons in onbekende waters vaar. Daar is steeds baie dinge oor die virus se epidemiologie wat onbekend is. Dit is beter om nou versigtig wees as om die rampspoedige prys vir ŉ toekomstige oor-deelsfout te betaal.Hoewel daar uiteenlopende menings oor sommige van die besluite is wat ons geneem het – en dit in sommige ge-valle opvattings gepolariseer het – doen die  regering alles moontlik om op ŉ manier op te tree wat die reg tot lewe en waardigheid van al ons mense bevorder. Een van die onderskeidende kenmerke van hoe ons, as die regering, dié pandemie hanteer, is dat ons tydens dié tydperk na ons mense en hulle bekommernisse luister. Ons sal steeds na ons mense se bekommernisse luister en is bereid om wysigings te maak wat mense se besorgd-heid oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar, met die behoefte om lewens te red, balanseer.In dié moeilike tyd, moet ons ons gesamentlike krag daarop rig om te verseker dat ons mense gesond bly en dat lewens gered word, asook dat die voorsiening van kos, water, gesondheidsorg, maatskaplike sekerheid en maatskaplike ondersteuning nie onderbreek word nie.Onder hierdie uitsonderlike omstandighede, sal ons as die regering, individue en die sa-melewing, soms foute maak. En wanneer dit gebeur, sal ons dit regstel, maar ons moet voortgaan sonder om moed te verloor en ons voornemens prys te gee.Die situasie waarin ons ons-self bevind vereis moed en geduld, sowel as goedgesind-heid en vertroue tussen jou, die mense, en jou regering, en tussen mekaar.