Kleinsake tydens COVID-19 ondersteun

Dale Hes

DIE ONSEKERHEID en finansiële druk wat deur die globale koronaviruspandemie op entrepreneurs en kleinsakeondernemings geplaas word, word ietwat deur ŉ reeks privaat en staatsondersteuningskemas verlig.
Eienaars van  kleinsake en in-formele hande-laars is onder diegene in Suid-Afrika wat die ergste deur die grendel-tydperk beïnvloed word. Dié besigheidseienaars kan uit ŉ aantal ingryp-ings voordeel trek wat die regering in plek ges-tel het om hulle te help om deur dié moeilike tyd te kom.
KMMO-skuldverligtingsfondsDie Departement van Kleinsake-ontwikkeling het, ná die aankondiging van die grendeltydperk, onmiddel-lik ŉ verligtingsfonds aan kleinsake wat negatief deur die COVID-19-pandemie beïnvloed word beskikbaar gestel. Meer as R500 miljoen is deur die fonds beskikbaar gestel, waarvoor kleinen mediumsakeondernemings deur ŉ aanlynaansoekproses moet aansoek doen. Hier is die stappe wat gevolg moet word:1. Jou besigheid moet op die KMMO-Suid-Afrika-por-taal geregistreer wees. Jy moet na www.ssmesa.gov.za toe gaan om te registreer, as jy nog nie geregistreer is nie. 2. Sodra jy geregistreer is, kan jy vir die COVID-19 KMMO-skuldverligtings-fonds aansoek doen. Die aansoekvorm is op die Departement van Kleinsa-ke-ontwikkeling se web-werf beskikbaar. 3. Verligtingsbefondsing sal binne 12 werksdae aan goedgekeurde aansoekers uitbetaal word, mits jy aan al die kriteria voldoen (soos dat jou besigheid aan belasting onderworpe is en 100% deur Suid-Afrikaners besit word). Die Kleinsake-ontwikkelings-agentskap is beskikbaar om jou te help om aansoek vir die skuldverligtingskema te doen as jy ŉ mikro-onderneming besit. Versoeke om hulp moet per e-pos aan debtrelief@seda.org.za gestuur word. SolidariteitreaksiefondsPresident Cyril Ramaphosa het ook die stigting van die Solidariteitreaksiefonds aan-gekondig, wat ŉ aanvanklike hupstoot van R150 miljoen van die regering ontvang het. Die fonds laat organisasies en individue toe om die landwye ondersteuningspogings vir kleinsake en COVID-19-reak-siepogings deur skenkings te ondersteun. Meer as R2 miljard is gedu-rende die eerste twee weke van die fonds geskenk, wat vir verligtingspogings ge-bruik sal word.
Ondersteuning vir spazawinkelsDie regering erken die unieke uitdagings van die pandemie op diegene wat in die informele sektor werk. Die minister vir kleinsa-ke-ontwikkeling, Khumbud-zo Ntshavheni, het in dié verband ook ondersteunings-pakkette vir mense wat in dié sektor werk beskikbaar gestel.Dit sluit ŉ toegewyde onder-steuningskema vir spazawin-kels in. "Die spazawinkelonder-steuning sal die toegewyde netwerkgeleenthede, aan-koopkrag en grootmaataan-kope deur voorafgekeur en -goedgekeurde groothande-laars insluit," verduidelik die minister. Dié ondersteuning sal spa-zawinkels in staat stel om toegang tot goedere te ver-kry wat hulle kan verkoop. Minister Ntshavheni voeg by dat die skema ook krediet aan spazawinkeleienaars sal verskaf, wat hulle toegang sal gee tot die geld om voorraad aan te koop. "Dit sal opgevolg word met ŉ kredietfasiliteit om spaza-winkeleienaars in staat te stel om deurlopend te koop, selfs nadat die COVID-19-uitbraak verby is."Die departement sal ook raad verskaf oor hoe om hulle winkels met sukses te bedryf. "Ons ondersteun hulle ook met besigheidsbestuurson-dersteuning, omdat ons weet dat spazawinkels probleme aangaande die winsgewende bestuur van die ondernemings ondervind," sê Ntshavheni. Help informele handelaarsDie regering werk ook daar-aan om ŉ pakket te skep wat inkomsteverligting sal vers-kaf aan informele handelaars wat as gevolg van die krisis hulle inkomste verloor het. Informele besighede  kwalifiseer ook vir dieKMMO-skuldverligtings-fonds, maar hulle moet op dieselfde manier as ander kleinsake by die departement registreer. 