 Hulp aan ons kwesbare burgers

vukuzenzele unnamed

Baie lande regoor die wêreld het korona-virus-inperkings in-gestel om die lewens van hulle burgers te red. Ons het dieselfde hier gedoen, maar ons inperking het 'n baie betreurenswaardige foutlyn in ons samelewing onthul, wat aandui hoe uiterste armoede, onge-lykheid en werkloosheid die struktuur van ons ge-meenskappe uitmekaar skeur.
 Daar kan geen groter folte-ring wees as dié van ouers wie se kinders by hulle huil omdat hulle nie kos het nie, maar hulle het niks om te gee nie. Daar kan geen groter onreg bestaan as 'n samelewing waar sommiges in gemak en oorvloed leef, terwyl ander sukkel om met min of niks te oorleef nie.Ja, dit is die hartseer nage-volge van 'n gebroke en onge-lyke verlede. Maar dit is ook 'n simptoom van 'n fundamentele mislukking in ons samelewing ná apartheid. Die landwye inperking in reaksie op die koronavirus het 'n jarelange probleem aansienlik vererger. Die afgelope paar weke is ons gekonfronteer met ontstellende beelde van desperate mense wat mekaar vir kospakkies by verspreidingsentrums vertrap en gemeenskappe wat protesoptogte hou teen voed-seltekorte. Ons het ook bewerings ge-hoor wat ontstellend en walglik is. Verskeie provinsies het be-rigte ontvang van gewetenlose individue, sommige van hulle na bewering regeringsampte-nare, wat kospakkies wat vir die behoeftiges en kwesbares bestem is opgaar of verkoop, of vir hul vriende en familie gee. As daar bevind word dat daar enige waarheid in hierdie bewerings steek, sal ons baie streng teen die betrokke indi-vidue optree. Met die verklaring van 'n nasionale ramptoestand en die instelling van 'n landwye inperkingstoestand het ons ’n onbekende terrein betree. Dit was nog nooit voorheen vir Suid-Afrika nodig om 'n open-bare gesondheidsnoodsituasie van hierdie omvang te hanteer nie. Ons moes vinnig optree om lewens te red. En ons moet erken dat die voorsiening van ondersteuning aan die land se kwesbaarste burgers in die dae en weke wat hierop gevolg het, stadiger was as wat dit moes wees, en dat sekere probleme oor die hoof gesien is. Die uitbetaling van maatskap-like toelaes het egter betreklik glad verloop, en ná 'n aantal tegniese uitdagings word die voedselverspreidingstelsel nou gestroomlyn. Die instelling van 'n landwye inperkingstoestand op baie kort kennisgewing het tot verskeie uitdagings gelei. Ons moes die relatiewe uitwerking van die nasionale reaksie opweeg teenoor die omvang van die beperkings wat ons sou moes instel. Ons het oplaas die roete van omsigtigheid gekies. En soos die Ministerie van Gesondheid se voorlegging onlangs aange-dui het, het die inperking wat ons die afgelope tyd afgedwing het die infeksiekoers vertraag en, selfs belangriker, vir ons tyd gekoop om voor te berei op 'n moontlike toename in infeksies in die komende weke en maande. Ons moes die impak op 'n reeds sukkelende ekonomie op die lang en kort termyn oorweeg, en ons moes die uit-werking van hierdie wesenlike ontwrigting op die lewensbe-staan van miljoene mense in oënskou neem. Ons moes nadink oor wat weke se inperking by die huis sou beteken vir werkers wat nie gereelde salarisse kry nie, vir werkloses en mense wat werk soek, vir mense wat informele of seisoenale werk doen, vir diegene in die informele sektor, vir die behoeftiges en vir die kwesbares. Die kabinet gaan 'n stel maat-reëls ﬁ  naliseer om te reageer op die uitwerking van die inper-king op die lewensbestaan van ons mense. Dit is voorafgegaan deur 'n reeks samesprekings met verskeie belanghebben-des, waaronder die sakesek-tor, georganiseerde arbeid, godsdienstige organisasies, die burgerlike samelewing en die Presidensiële Ekonomiese Adviesraad.Die maatskaplike vennote het verskeie voorstelle inge-dien oor ingrypings wat die onmiddellike kwesbaarheid van die armstes van die armes, waarvan die meeste staatmaak op maatskaplike hulp om te oorleef, kan verlig. Ons sal die voorsiening van welsynsdienste in hierdie tyd-perk opskerp om huishoudings wat onder die armoedegrens leef, te help. Selfs as die landswye inper-kingstoestand opgehef word, sal die gevolge daarvan nog 'n geruime tyd gevoel word. Diegene wat bevoorreg is om 'n bestendige inkomste te verdien, sal na hul werk kan terugkeer; maar vir miljoene ander sal dit 'n verlore maand wees waar hulle andersins ty-delike werk kon gehad het, in die informele sektor sake sou gedoen het of geld kon gespaar het om hul gesinsverantwoor-delikhede na te kom. Voedselondersteuning is 'n noodmaatreël op die kort ter-myn. Dit moet gepaard gaan met volhoubare oplossings wat ons kwesbaarste burgers help om in die moeilike tye wat nog voorlê, te oorleef. Ek wil die talle NRO's, gods-dienstige groepe en gewone burgers bedank wat geld skenk en as vrywilligers help om honger en behoeftige mense te voed. Om honger te verlig, is nie 'n daad van barmhartigheid nie. Dit is 'n noodsaaklikheid vir enige samelewing wat gegrond is op respek vir menseregte. Ons is op 'n punt in ons stryd teen die pandemie waar oor-gerustheid rampspoedig kan wees. Ek doen 'n beroep op elkeen om waaksaam te bly, om steeds die regulasies na te kom, om veilig te bly en om ander veilig te hou.As regering sal ons inligting voorsien oor die direkte ingry-pings wat ons onderneem om ons kwesbaarste burgers teen die skrikwekkende vooruitsig van honger te beskerm. Die talle probleme wat ons mense tans in die gesig staar, moet nie nog verder vererger word deur onsekerheid oor waar hulle volgende maaltyd vandaan sal kom nie.
