Vulekamali bemagtig Suid-Afrikaners 

More Matshediso

Deur net op ŉ knoppie te kliek, kan mense maklik die land se be grotings verstaan, danksy ŉ aanlynstelsel, genaamd Vu lekamali.
Die portaal is twee jaar gelede deur die Nasionale Tesourie, in samewerking met verskeie burgerlike samelewingsorgani sasies, geskep.
Dié innoverende projek het tydens die Openbare Sektor se 17de Innovasietoekennings in 2019, ŉ toekenning in die kate gorie Innovasie wat 4IR-oplos sings aanwend, gewen.
Die Direkteur van die Nasio nale Tesourie, Anile Best, wat aan die stuur van die Vuleka mali-portaalinisiatief staan, sê die portaal se hoofdoel is om openbare belangstelling en kennis van, asook deelname aan die regering se finansiële programme te verhoog.
"Dit is deel van die Nasionale Tesourie se onderneming om meer deursigtig oor staatsfinan -sies te wees. Begrotingsinligting word reeds op die Tesourie se webwerf gepubliseer, maar die portaal bevat data wat maklik toeganklik is in ŉ verbruikers vriendelike formaat, sodat inligting, analise en navorsing meer doeltreffende gedeel kan word," verduidelik hy.  Volgens Best, ondersteun Vulekamali die burgerlike samelewing en die publiek se betrokkenheid in begrotings prosesse en stel burgers in staat om ingeligte besprekings oor regeringsbeleide te hou.
"As ons die publiek vra om aan begrotingsprosesse deel te neem en hulle het nie kennis daarvan nie, kan hulle nie gehalte insette lewer nie.
Tweedens, wil ons hê dat die publiek moet weet hoe die regering geld uit die staatskas bestee," sê Best.
Burgerlike samelewingsor ganisasies wil byvoorbeeld dikwels weet hoe die regering dienste lewer, hoe dienste aan die begroting verbind is en of die nasionale, provinsiale of plaaslike regering vir spesifieke dienste verantwoordelik is.
Best sê van die belangheb bendes wat by die projek be trokke is, is die Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering; die burgerlike samelewingskoalisie, Imali Yethu; die Global Initiative en die Regering se Tegniese Raad gewende Sentrum. Daar is verteenwoordiging van die regering sowel as die burgerlike samelewing op elke besluitnemingsvlak en in elke regeringstruktuur, sê hy.
Volgens Zukiswa Kota, wat namens die betrokke burger like samelewingsorganisasies praat, en hoof is van die Mo niteringsen Aanbevelings program by die Staatsdiens se Aanspreeklikheidsmonitor, asook die koördineerder van Imali Yethu is, is verantwoord bare begrotingsprosesse noodsaaklik vir ŉ demokrasie. Die uiteindelike doel is om beter dienslewering te beïnvloed, sê sy.
"Vir ons beteken toegang tot vinniger inligting dat jy nie gemeenskappe het wat gedurig ontsteld is en onbewus is van begrotingsprosesse nie," sê sy.
Sy voeg by dat mense meer bewus is van die dringendheid om op begrotings kommentaar te lewer en dat hulle weet met wie hulle oor hulle frustrasies kan praat .