Steun aan pasiënte noodsaaklik in stryd teen TB

Dale Hes

Die USAID Tuber kulose Suid-Afrika projek is ‘n perfek te voorbeeld van hoe die regering, gemeenskappe en NRO's kan saamwerk om Tuberkulose (TB) te bestry.
Suid-Afrika het ŉ leierskap sposisie in die globale stryd teen TB ingeneem en die Ver enigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (USAID) het ingetree om hulp aan te bied.
Die projek wat oor vyf jaar strek en in 2016 begin het, word saam met die Nasionale Depar tement van Gesondheid in agt van Suid-Afrika se provinsies uitgevoer.  Een van die belangrikste dele van die projek is om gemeenskapsgebaseerde NRO's te on dersteun. Die projek voorsien befondsing aan 21 NRO's, wat meer as 3 500 pasiënte, meest al vanuit landelike gebiede, ondersteun.
Mosamaria in die VrystaatMosamaria in Mangaung, is een van die NRO's wat fondse van die projek ontvang het.
Die organisasie het ŉ span gemeenskapsgesondheidswer kers, ŉ projekbestuurder en ŉ datavaslegger wat saamwerk om te verseker dat pasiënte op behandeling bly sodat hulle oor ŉ tydperk van ses maande genees kan word.
"Ons het 74 versorgers in diens vir dié projek. Ons het aanvanklik met 200 pasiënte gewerk, toe 400 pasiënte en in ons huidige kontrak het ons 500 pasiënte waarmee ons op ŉ daaglikse basis werk. Die pasiënte word vanaf nege kli nieke in die Mangaung Metro na ons verwys wanneer hulle met TB gediagnoseer word," sê Mosamaria-koördineerder, Trudie Harrison.
Mosamaria onderneem maan delikse deur-tot-deur siftings veldtogte om nuwe TB-pasiënte op te spoor en hulle dadelik te begin behandel.
Harrison sê dat Mosamaria se werk die stigma van TB vermin der het en hegte verhoudings met die gemeenskap gesmee het. Dit het ook baie meer suk sesvolle behandelingskoerse tot gevolg gehad.
"514 van ons pasiënte is by voorbeeld in 2018 genees," sê Harrison.
Harrison deel die storie van een van Mosamaria se pasiënte.
Hy is daagliks deur ŉ Mosama ria-versorger ondersteun, wat seker gemaak het dat hy elke dag sy medikasie neem en hom ook van mieliemeel en nuwe klere voosien het.
"Hy het die behandeling voltooi en is genees en hy kon teruggaan werk toe, aangesien sy werkgewer sy werk vir hom gehou het," sê Harrison.
Wees bewus van TBsimptome Jy behoort jou naaste kliniek of hospitaal te besoek om vir TB getoets te word as jy van die volgende simptome het:
• Hoes wat vir drie of meer weke aanhou• Bloed uithoes• Borspyn of pyn het wanneer jy hoes of asemhaal• Onopsetlike gewigsverlies• Uitgeput voel• Koors. 
GESONDHEIDKontak die USAID TB Suid-Afrika Projek by 012 484 9300, vir meer inligting oor die projek.



