Kom ons werk saam om ons finansies reg te ruk  

vukuzenzele unnamed

Die begroting wat deur Tito Mboweni, Mi nister van Finansies, voorgelê is, bied 'n nugtere oorsig oor die stand van ons ekonomie.
Dit is duidelik uit die syfers dat, tensy ons nou optree om dinge om te keer, daar nog moeiliker tye voorlê.
Eenvoudig gestel, ons bestee baie meer as wat ons verdien.  As gevolg hiervan, leen ons al hoe meer terwyl die koste om skuld te betaal styg. Trouens, skuldkoste is nou die vinnigste groeiende vlak van besteding.
Ons bestee meer aan skuldte rugbetalings as aan gesondheid; slegs onderwys en maatskapli ke ontwikkeling kry meer.  Hierdie posisie is onseker en onvolhoubaar.  Ons moet aansienlike veran deringe aanbring en dit moet nou aangebring word.  Daar is verskeie redes vir die posisie waarin ons tans is. Ons ekonomie het die afgelope de kade nie veel gegroei nie, veral weens die wêreldwye finansiële krisis in 2008 en 'n afname in die vraag na die minerale wat ons uitvoer. As gevolg hiervan was die invordering van inkomste swak en moes ons meer leen om besteding aan ontwikke ling, infrastruktuur en lone te kon volhou. Terselfdertyd het staatskaping en korrupsie 'n invloed gehad op bestuur, bedryfsdoeltreffendheid en finansiële volhoubaarheid by verskeie openbare instellings, insluitend ondernemings in staatsbesit (SOE's).  Pogings wat die afgelope twee jaar aangewend is om die ekonomie te laat herleef en instellings te herbou, word nou ondermyn deur die elek trisiteitskrisis, wat groei verder beperk en 'n bykomende las op openbare finansies plaas.  Ons prioriteite in hierdie be groting is dus om die ekonomie weer op 'n groeipad te plaas, openbare besteding te beperk en ons skuld te stabiliseer.  Die begroting is 'n integrale deel van ons strewe na inklu siewe groei, werkskepping, belegging en 'n bekwame staat.  Ons het 'n doelbewuste besluit geneem om nie die pad van besnoeiingsmaatreëls te volg nie. Op so 'n roete sou die uitga wes aan maatskaplike dienste waarop arm mense staatmaak, heelwat besnoei moes word.
Dit kon daartoe gelei het dat staatsamptenare se salarisse dramaties sou verminder; die omvang van die staatsdiens, bo nusse en pensioene gekortwiek word; belasting verhoog word en die belangrikste staatsbates verkoop moes word.  'n Besnoeiingsbegroting sou ons groeivooruitsigte verder benadeel het en die staat se ver moë om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer en in die behoeftes van mense te voorsien, verswak het.
Ons het in plaas daarvan 'n begroting voorgelê wat verskeie gebalanseerde en weldeurdagte maatreëls bevat om besteding in toom te hou, omset te verhoog en groei aan te moedig.  Oor die volgende drie jaar ver wag ons om ongeveer R261 mil jard te bespaar deur verskillen de departemente se begrotings te besnoei en die koers waarteen die staatsdiens se loonrekening verhoog, te verlaag. Terself dertyd sal ons egter meer moet bestee om die herstruk turering van SOE's soos Eskom en die SAL te ondersteun. As gevolg hiervan, verwag ons 'n netto vermindering van R156 miljard in nie-rente-uitgawes oor die mediumtermyn.  Dit sal help om die tekort te verklein en ons leningsbehoef tes te verminder.  'n Groot deel van die bespa ring sal uit die vermindering van die koers waarteen ons loonrekening groei, spruit. Dit sal verg dat gefokusde bespre kings tussen alle maatskaplike vennote, maar veral met vak bonde in die openbare sektor, gehou moet word. Hierdie be sprekings moet plaasvind met die wil om oplossings te vind.
Ek is bemoedig deur die bereid willigheid van alle partye om oplossings deur daadwerklike onderhandelinge te vind.  Ons benadering is nie om die grootte van die staatsdiens dramaties te verminder nie, maar om te kyk na die tempo waarteen lone groei. Staats -dienslone het oor baie jare ge middeld teen 'n baie hoër koers gestyg as inflasie, en ons moet dit regstel om die openbare finansies onder beheer te kry.
Dit geld ook vir die bestuur van mense se persoonlike finansies, waar enige uitgawes wat meer as inflasie styg of dit nou elektrisiteitstariewe, mobiele tariewe of kos is die begroting en finansies van elke individu altyd onder druk sal plaas.  Die loonrekening is volgens ekonomiese klassifikasie die grootste bestedingskom ponent. Die toename in die loonrekening het begin om die besteding aan kapitaalprojekte vir toekomstige groei en items wat van kritieke belang is vir dienslewering, te verdring.  Die staatsdiens se loonreke ning is geensins die enigste gebied waar ons koste besnoei nie. Ek het besluit dat die sala risse van senior openbare amps draers nie vanjaar verhoog sal word nie. Dit volg op 'n vermin dering in voordele wat spruit uit wysigings aan die Ministe riële Handboek. Ons sal vanjaar 'n nuwe wet publiseer waarin 'n vergoedingsraamwerk vir openbare entiteite en onder nemings in staatsbesit bekend gemaak sal word om buitenspo rige betaling aan raadslede en bestuurders te voorkom.  Ons vakbondgenote is reg wanneer hulle sê dat ons op 'n bewysbare manier lekkasies van openbare fondse moet voorkom deur korrupsie uit te roei, en onreëlmatige, nuttelose en verkwistende uitgawes te beëindig. Ons sal dit, en nog baie meer doen.  Net so belangrik as wat dit is om die openbare loonrekening in toom te hou om openbare finansies te stabiliseer, is dit noodsaaklik om die prestasie van die openbare sektor te verbeter om 'n meer bekwame, doeltreffende staat te bou. Ons het meer van die regte mense in die regte posisies nodig.
 Deur openbare besteding in toom te hou, streef ons daarna om groei te verbeter. Dit is om hierdie rede dat daar geen groot belastingverhogings is nie, ondanks die fiskale tekort. In plaas daarvan is daar 'n mate van verligting vir individuele belastingbetalers en verskeie maatreëls om die korporatiewe belastingbasis te verbreed. Ons gaan ook voort met verreiken de hervormings in gebiede soos elektrisiteitsvoorsiening, hawens en spooren telekom munikasie om die koste van saketransaksies te verlaag. Deur die Infrastruktuurfonds wil ons finansiering vanuit 'n verskei denheid bronne mobiliseer om in 'n massiewe bouprogram te belê. Deur ons industriële stra tegie en beleggingsaansporing, ontsluit ons belangrike groei gebiede.  Ons herstel ons openbare finansies om inklusiewe groei en werkskepping moontlik te maak. In sulke omstandighede moet ons realisties wees, nie dogmaties nie. Dit verg same werking, nie konflik nie. Daar moet kompromieë en aanpas sings gemaak word.
Ons is almal saam in dieselfde bootjie, en ons deel 'n gesament like verantwoordelikheid om die roeispane te neem, om as ’n eenheid saam te roei en ons land deur hierdie stormagtige waters te stuur.