Beplan jou finansies slim 

Dr Rufaro Mucheka

Die nuwe jaar is ŉ ge leentheid vir ŉ nuwe begin, om betekenisvolle doelwitte te stel, nuwe gewoontes te skep en jou vorige finansiële bestedingsgewoontes aan te pas om ŉ meer volhoubare toekoms te verseker.
Dit lyk asof die ekonomiese toestande van 2020 selfs moei-liker as dié van 2019 gaan wees, en dit is dus noodsaaklik dat jy jou persoonlike finansies noulettend en objektief bekyk. Om finansiële onafhanklik-heid te bereik is ŉ uitstekende doelwit, maar baie min mense weet waar om te begin. ŉ Paar goeie finansiële gewoontes sal jou help om jou nuwe jaar met sukses aan te pak.Om te verseker dat jy jou fi-nansiële doelwitte bereik, kan jy SMURT-doelwitte (SMART, in Engels) vir ŉ finansieel geborge toekoms toepas,. Dit beteken dat doelwitte gestel moet word wat: • Spesifiek is • Meetbaar is • Uitvoerbaar is • Relevant is • Tydsgebonde is. Dit is ook belangrik dat jy jou finansies noukeurig beplan. Hier is ŉ paar nuttige wenke:Stel jou finansiële doelwitte Dink na oor jou finansiële dissipline in 2019 en stel nuwe doelwitte vir 2020.
Vereffen jou skuld  Gebruik enige oorblywende fondse of bonusse en salarisverhogings om jou skuld te vereffen, aangesien jy baie rente kan spaar deur skuld vinniger af te betaal.
Pas jou begroting aan, soos nodig  Maak die nodige aanpassings op jou begroting, verhoog jou spaargeld en verminder jou besteding, namate jy jou bestedingsgewoontes naspoor. Spaar ‘n deel van jou salarisverhoging, as jy een kry, eerder as om jou lewenstylbesteding te verhoog.Hersien jou versekeringspolisse – Evalueer jou lewe, gesondheid, gestremdheid en korttermynversekering om te verseker dat die bedrae aan jou behoeftes voldoen.
Praat met ŉ oop gemoed met jou huweliksmaat oor geld Huwe liksmaats is geneig om finan siële kwessies vir mekaar weg te steek. Hou maandelikse vergaderings om begrotings, jul finansiële doelwitte en dit wat julle albei vir die toekoms wil hê, te bespreek. Neem die tyd om ŉ gedeelde visie te ontwikkel van hoe julle wil hê julle toekoms saam moet lyk.
Verminder jou vermaaklikheidsbe groting Kry gratis aktiwiteite soos parke, biblioteke en dinge wat jy in jou buurt kan doen. Daar is baie maniere om pret te hê sonder om geld te spandeer.
Wenke om jou te help om by die plan te houOm by jou finansiële plan te hou is nie altyd maklik nie, maar poog om die volgende te doen:
• Gaan gereeld jou bankrekeninge na – evalueer jou besteding.• Wees voorbereid op terugslae.• Vermy onbeplande skuld.• Koop slim. Vra jouself: Het ek dit werklik nodig? Is dit deel van my finansiële plan? • Praat met ŉ finansiële raadgewer as jy geen idee het waar om te begin nie.SET YOUR FINANCIAL GOALS*Dr Rufaro Mucheka (PhD) is ŉ erkende finansiële beplanner en Hoof van Strategie en die Res van Afrika by Nedbank Finansiële Beplanning







