BMW sluit aan by die geveg teen GGG 

vukuzenzele unnamed

BMW Groep Suid-Afrika het vyf BMW i3-motors oorhandig, wat deur gemeenskapsgebaseerde sorgwerkers gebruik sal word om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te bereik.
Die voertuie is deur Pre-sident Cyril Ramaphosa en Duitse Kanselier, Angela Merkel ontvang. Hulle is aan die Suid-Afrikaanse Sakekoa-lisie oor Gesondheid en VIGS (SABCOHA) oorhandig om dit namens die multisektorale Tussentydse Loodskomitee vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord (GGGV) te beheer.Die motorgroep se bydrae de-monstreer die ontwikkelende vennootskap in die stryd teen GGGV tussen die regering en burgerlike samelewing, wat die sakesektor en internasionale vennote insluit.Die inisiatief is deel van die motorindustrie se Transforma-siefonds (wat R6 miljard werd is), wat gestig is om die motor-waardeketting te transformeer en deelname aan die sektor deur voorheen en histories benadeelde groepe te bevorder, insluitend vrouens, die jeug en mense met gestremdhede.President Ramaphosa het on-langs by die voertuigoorhan-diging wat by BMW Groep se produksie-aanleg in Rosslyn, Tshwane, gehou is, gesê dat die voertuie sal help om lewens te red. Hy het sy dank teenoor BMW uitgespreek omdat hulle die eerste maatskappy is om voertuie te skenk en het ander aangemoedig om hulle voor-beeld te volg. “Dié praktiese uitdrukking van goeie korporatiewe bur-gerskap stuur ŉ baie goeie en duidelike boodskap wat ons wil hê baie ander maatskappye ook moet opmerk en aanvaar. “Die bestaan van BMW Suid-Afrika demonstreer ge-vestigde en sterk ekonomiese verbintenisse tussen [Duitsland en SA],” sê President Ramap-hosa.
Noodreaksieplan om GGGV die stryd aan te sêDie regering is besig om ŉ noodreaksieplan om GGGV die stryd aan te sê, in werking te stel.ŉ Nasionale Strategiese Plan oor GGGV , wat ŉ reeks maatreëls om GGGV aan te pak uiteensit, is ook ontwikkel. “Die plan fokus op die versterking van voorkomingspogings en om die veiligheid van en geregtigheid vir die vrouens en kinders van ons land te verseker. Die plan het ook te make met ekonomiese bemagtiging, ŉ gebied wat só belangrik is dat ons, as die regering, daarop gaan fokus,” sê President Ramaphosa.Produksiegroephoof en voorsitter van BMW Suid-Afrika, Dr Milan Nedeljkovic, sê dat ŉ totaal van 4 000 mense in Suid-Afrika direk deur die BMW-groep in diens geneem word, insluitend vier uit vyf bestuurders wat plaaslik is.Nedeljkovic sê dat daar ook meer as 40 000 mense indirek, deur die maatskappy se nutsmaatskappye in Suid-Afrika, in diens geneem word. “Ons eerste formele opleidingsfasiliteit in BMW SA het sy deure in 1978 geopen en sedertdien het meer as 2 000 mense opleiding deur BMW ondergaan en werk by BMW gekry. “Die maatskappy het drie jaar gelede die opleidingsakademie gestig om die tegniese opleiding tot ŉ nuwe vlak te verhef,” sê Nedeljkovic. Hy sê dat die maatskappy se filosofie beklemtoon dat onderrig die sleutel tot sukses is en dat “lewenslange leer deur die BMW-groep deel van daardie sukses is”. “Ons sal teen 2025 wêreldwyd een miljoen kinders en jongmense ondersteun deur geteikende onderrigprogramme wat op vaardig heidsprogramme fokus.” 
President Cyril Ramaphosa saam met die Duitse kanselier, Angela Merkel, tydens die oorhandiging van voertuie wat deur BMW geborg is om GGGV te help bestry.



