Wees aangeskakel en skakel af

Silusapho Nyanda

DAAR IS VERSKEIE din-ge wat Suid-Afri-kaners kan doen om elektrisiteit te bespaar en beurt-krag te vermy.
Die Waarnemende  Stasiebestuurder  van Eskom se Matimba-kragstasie, Oba keng Mabotja, sê dat die tekort aan voldoende krag in Suid-Afrika ŉ impak op mense se lewens het, omdat normale aktiwiteite tydens beurtkrag nie kan plaasvind nie.Matimba-kragstasie is in Lephalale, Limpopo, geleë.Mabotja verduidelik dat beurtkrag plaasvind wanneer Eskom nie genoeg elektrisiteit kan opwek om aan die land se behoeftes te voldoen nie. Dit is  derhalwe noodsaaklik  dat alle Suid-Afrikaners hulle deel doen om minder krag te gebruik.
Wenke van Eskom oor hoe om minder elektrisiteit te gebruik:
• Skakel ligte af wanneer jy ŉ vertrek verlaat.•  Gebruik LED-gloeilampe•  Skakel toestelle af wanneer hulle nie gebruik word nie.• Gebruik slegs koue water, tensy warm water werklik nodig is•  Gebruik ŉ warmtekombers om jou geiser te bedek.• Verskeie faktore kan kragop wekking belemmer, inslui tend onderhoud, onbeplande afsluitings, en ook die weer, wat ‘n deurslaggewende faktor is.
Mabotja sê dat haar aanleg, in besonder, deur hoë temperature, beïnvloed word.  “Op baie warm dae is die stasie nie in staat om krag tot sy volle kapasiteit, te lewer nie”, sê sy.Die Matimba-kragstasie gebruik steenkool om elektrisiteit op te wek en is ontwerp om 3990 MW krag te genereer.  “Krag word via ŉ verspreidingsubstasie versprei. Dit beweeg langs hoëstroomspanningsoordraglyne en gaan deur verlagingstransformators na die laer stroom spanning. Elektrisiteit word dan na die nasionale netwerk versprei.”Die kragstasie se steenkool kom van Exxaro se Grootgelukmyn. Dit word via ŉ ver voerbandstelsel na Matimba se silo’s en steenkoolhokke vervoer voordat dit na die meule toe gaan waar dit fyngedruk word en in elektrisiteit omgesit word,” sê Mabotja.
 

