Bou ŉ nasie wat omgee vir kinders

Vukuzenzele unnamed

Geagte me de-Suid-Afrika ners, daar is ŉ gesegde in baie Afrikakulture wat stel dat dit ŉ ge meenskap vat om ŉ kind groot te maak. Dié idee — dat die breër gemeen skap vir die ontwikkeling, welstand en veiligheid van elke kind verantwoordelik is — gaan deur my gedagtes wanneer ek aan die onlangse tragiese en hoogs ontstellende dood, op ŉ skoolkamp, van 13-jarige Enock Mpianzi, dink.
 Enock is nie die enigste kind wat sy lewe verloor het in omstandighede wat voorkom kon word as volwassenes die nodige voorsorgmaatreëls ge-tref en verantwoordelikheid geneem het. Dit laat  ŉ mens dink aan ŉ ander 13-jarige kind, Keamohetswe Shaun Seboko, wat onlangs in ŉ Magaliesburgse laerskool se swembad verdrink het, en die twee kinders wat by Laerskool Lekgolo in Limpopo oorlede is toe ŉ trok in ŉ muur vasgery het wat op hulle geval het.  ŉ Mens dink ook aan die talle kinders, soos sesjarige Nathlia Pienaar, wat in die kruisvuur van ’n bende-oorlog op die Kaapse Vlakte gesterf het. Ons onthou ook die tragiese dood van Michael Komape en Lumka Mkethwa wat dood is toe hulle in puttoilette geval het.  Dit was heeltemal onnodig dat al hierdie jongmense, en baie ander, hul lewens ver-loor het. Al dié tragedies kon voorkom word as die nodige maatreëls om die kinders se veiligheid te verseker, getref was.  Dit lyk vir my asof ons, as ŉ samelewing, ons kinders in die steek laat.  Te veel kinders bevind hul-self in gevaarlike situasies, hetsy op ŉ tydelike vlot op ŉ rivier of alleen in ŉ gehuggie met ŉ paraffienlamp. Ons kinders se lewens word in gevaar gestel wanneer kon-trakteurs opgrawings onbeskerm laat, skoolinfrastruk-tuur nie onderhou word nie, of skoolvervoer oorlaai word.  Daar kom egter nog meer nalatigheid en verwaarlosing voor. Baie kinders word deur seksuele prooisoe-kers, kriminele bendes en dwelmverkopers geteiken, juis omdat hulle kwesbaar is. As ŉ samelewing, moet ons meer toegewyd wees en aktief betrokke wees by die beskerming van ons kinders teen dié en ander gevare.  Ons moet gesamentlik ŉ verantwoordelikheidskultuur opbou.  Ons moet vir onsself, ons kinders en ander verantwoor-delikheid aanvaar. Ons moet verseker dat ons kinders in ŉ veilige, versorgende en stimulerende omgewing kan grootword; ons moet ook be-sef dat dit ons plig is om almal wat ons ken en die mense met wie ons omgaan, te beskerm en versorg.  Ons moet ook hierdie ver-pligting op ons land se paaie voel. Ons verwelkom die afname in padsterftes oor die feesseisoen, maar die aaklige werklikheid is dat meer as  1 600 mense in net ŉ maand en ŉ half op ons paaie gesterf het. Dit is kommerwekkend dat meer as 9 000 motoriste vir oortredings, insluitend dronk-bestuur, oorskryding van die spoedgrens en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem is. ŉ Verantwoorde-likheidskultuur beteken dat ons almal die verkeersreëls moet nakom en voetgangers en ander padgebruikers se regte moet respekteer.  ŉ Verantwoordelikheids-kultuur beteken dat pa’s by hulle kinders se lewe ns betrokke moet wees. Te veel vroue moet hulle kinders alleen grootmaak, wat dikwels hulle en hul kinders se moontlikhede beperk. ŉ Verantwoordelikheidskultuur beteken ook dat ons veilige seks moet hê en nie onsself of ander aan MIV moet blootstel nie. Ons moenie alkohol en dwelms misbruik nie. Ons moet gesonde lewens leef sodat ons siektes wat grootliks voorkombaar is kan vermy en langer kan leef.  Sodanige kultuur behoort veral deur diegene in posisies van gesag en invloed, hetsy godsdienstige leiers of politici, tradisionele leiers of beroemdes, omarm te word. Hulle behoort, deur hulle woorde en dade, daarna te streef om ŉ beter samelewing te skep waarin almal waardeer en versorg word.  Dit is verkose amptenare en staatsamptenare se ver-antwoordelikheid om die veiligheid en welstand van burgers te verseker. Hulle moet seker maak dat daar voldoende en veilige skoolinfrastruktuur is. Hulle moet vinnig optree wanneer daar ŉ onderbreking in watertoevoer in gemeenskappe is of wanneer foutiewe straatligte aangemeld word. Hulle moet seker maak dat gesondheidsen veiligheidsregulasies toegepas word en dat die oppergesag van die reg gehandhaaf word.  Ons moes soms uitermatige stappe neem, bykomend tot die werk wat steeds regoor die regering — op alle vlakke — gedoen word, om uiting te gee aan dié verantwoordelikheid. Ons het, as antwoord op die kinders wat gesterf het of seergekry het toe hulle in puttoilette geval het, die SAFE-inisiatief geloods om die voorsiening van behoorlike toilette aan alle skole in die land, te bespoedig. Ons het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag na dele van Kaapstad ontplooi om die polisie in hul pogings om bendegeweld te verminder, te ondersteun. Ons het, meer onlangs en saam met die burgerlike gemeenskap, ŉ noodreaksieplan geloods om geweld teen vroue en kinders te beëindig.  Dit is egter duidelik dat daar baie meer is wat ons, as regering en samelewing, moet doen.  Ons prys die individue en organisasies wat die verantwoordelikheid vir ander se welstand op hulself neem. Daar is mense soos Ralph Bouwers en Mark Nicholson, wat ontspanningsaktiwiteite vir jongmense in Lavender Hill in Kaapstad reël om te verhoed dat hulle na die bendewêreld terugkeer. Daar is moeders, susters en dogters wat as vrywilligers diens doen by Operation Bobbi Bear, ŉ organisasie in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal wat toevlug aan mishandelde kinders bied.  Daar is talle geloofsgebaseerde groepe, soos die Konferensie van Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe, met wie ek vergader het, wat my vertel het van die werk wat hulle doen in antwoord op die armes se behoeftes, om gesinne te ondersteun om meer om te gee en versorgend te wees en ook om jong mense te help om die talle uitdagings wat hulle in die gesig staar, te hanteer.  Dié Suid-Afrikaners wys vir ons die weg. Hulle herinner ons, deur hul voorbeeld, wat dit beteken om verantwoordelikheid vir onsself en ander te neem.  Ons land het heeltemal te veel tragedies ervaar. Te veel jongmense is oorlede, te veel kinders het seergekry en is getraumatiseer.  Ons kan hierdie tragedies beëindig as ons almal, ieder en elk van ons, die verant-woordelikheid neem om die kinders in ons wonderlike Suid-Afrikaanse gemeenskap, te help grootmaak.
