Ektopiese swangerskap is ŉ mediese noodgeval 

Allison Cooper

Vroue wat ŉ ekto piese swangerskap gehad het, is deeglik bewus van die hartseer wat dit kan veroorsaak omdat dit met urieneen bloedtoetse positief toets vir swangerskap.
Dit is die mening van dr Bushy Mhlari, Senior Registrateur Ektopiese Verloskunde en Ginekologie by die Dr George Mukhari Akademiese Hospitaal. Hy verduidelik dat ŉ ektopiese swangerskap nie soos ŉnormale swangerskap binnein die baarmoeder ontwikkel nie.Hy sê dat, met ŉ normale swangerskap,  die bevrugte eier wat in die fallopiese buis deur die sperm bevrug is, deur die buis tot in die ryk baarmoederholte beweeg, waar dit aan die endometriale voering heg en die baba ontwikkel.  “By ektopiese swangerskappe vestig die bevrugte eier op ander liggaamsoppervlakke. In 98 persent van gevalle is ektopiese swangerskappe in die fallopiese buise geleë. In buitegewone gevalle, kan dit egter ook in die eierstok, buikholte, serviks of die breë ligament voorkom,” verduidelik dr Mhlari.Wanneer dit gebeur, kan die embrio nie oorgeplant word en normaal ontwikkel nie, en is die vrou se enigste opsie om die swangerskap te beëindig.Dr Mhlari sê dat ŉ vrou ŉ groter kans op ŉ ektopiese swangerskap het, as sy:
• beskadigde of abnormale fallopiese buise het, byvoorbeeld, as  gevolg van vorige buisin feksies weens seksueel oordraagbare infeksies of buisoperasies; 
• voorheen ŉ ektopiese swangerskap gehad het; 
• onvrugbaar is; 
• veelvuldige seksmaats het; 
• sigarette rook.“Gebarste ektopiese swangerskap is ŉ lewensgevaarli ke toestand en is die grootste oorsaak van swangerskapverwante moedersterftes in die eerste drie maande van swangerskap. Die voorkoms van ektopiese swangerskap is ongeveer twee persent in die algemene bevolking,” verduidelik dr Mhlari.
Tekens van 'n ektopiese swangerskapVolgens dr Mhlari kom die simptome vroeg in die swangerskap voor, soms nog voordat die vrou besef dat sy swanger is.Algemene simptome sluit in:
• pyn in die onderbuik• menstruasie wat wegbly• vaginale bloeding.“Sommige vroue het egter geen simptome totdat die fallopiese buis bars nie. As dit gebeur, kan erge pyn ervaar word, en vaginale bloeding kan ook voorkom. Dit word gevolg deur duiseligheid, ŉ daling in bloed -druk, floute, skok en dood as dit nie so gou as moontlik behandel word nie,” sê hy.Om ŉ ektopiese swanger-skap te diagnoseer, word ŉ bloedof urieneswanger skaptoets gedoen om te bevestig dat die vrou swanger is. “ŉ Ultraklankskandering word dan gedoen om te bevestig of die baarmoeder leeg is en om vas te stel waar die embrio in die vrou se liggaam is,” sê dr Mhlari.
Behandeling van 'n ektopiese swangerskap“Sodra ŉ ektopiese swan gerskap gediagnoseer is, moet dit behandel word om te voorkom dat dit verder groei, want die vrou se lewe is in gevaar as die behandeling vertraag word,” sê hy.
“Chirurgie bly die eerste keuse vir behandeling van ŉ ektopiese. Met vroeë diagnose is mediese behandeling moontlik voordat die ektopiese swangerskap bars,” voeg hy by. Dr Mhlari sê dat ŉ vrou ná  ŉ ektopiese swangerskap steeds ŉ normale swanger-skap kan hê.Vroue wat vermoed dat hulle ŉ ektopiese swanger-skap het, moet hul huis-arts, plaaslike hospitaal of kliniek so gou as moontlik raadpleeg.