Die wetlike beëindiging van ŉ huwelik

Dale Hes

As jy alles probeer het om jou huwelik te laat werk, is ŉ egskeiding die beste alternatief vir sowel jy as jou maat. Egskeiding is moeilik en stresvol vir gesinne en die regsproses kan verwarrend wees.
ŉ Egskeiding is wanneer ŉ huwelik amptelik in ŉ geregshof beëindig word. Daar is twee soorte egskeid-ings: onbestrede — waar albei partye saamstem dat ŉ egskeiding moet plaasvind; en bestrede — waar die par-tye nie saamstem oor ŉ eg-skeiding of die voorwaardes daarvan nie.Josephine Peta, Senior Regsadministrateur by die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se Kantoor van die Gesins-advokaat, verduidelik dat die egskeidingsproses begin wanneer ŉ dagvaarding uit-gereik word.“ŉ Persoon wat sy of haar huwelik wil ontbind, kan ŉ egskeidingsdagvaarding by ŉ hooggeregshof of streekhof kry, of ŉ prokureur nader om hulle met die proses te help. Die eggenoot wat met die egskeidingsprosedure begin, word die eiser genoem, en die ander gade is die verweerd-er,” sê Peta.Peta verduidelik dat die egskeidingsdagvaarding aan die volgende vereistes moet voldoen:
• aandui dat daar geen rede-like kans bestaan om die verhouding te herstel nie; 
• voorsiening maak vir die verdeling van gesamentlike besittings of die afdwinging van die voorwaardes waar-oor ooreengekom is in die voorhuwelikse ooreenkoms wat aan die begin van die huwelik onderteken is; en• bepaal watter reëlings getref sal word vir die egpaar se kinders, soos byvoorbeeld by wie die kind gaan woon.“Die dagvaarding moet ook aandui dat die verweerder 10 dae het — in die geval waar hy of sy in dieselfde omge-wing as die eiser woon, of 20 dae — indien die partye in verskillende provinsies woon, om op die dagvaarding te rea-geer,” voeg Peta by.Sodra ŉ saak geopen is, word dokumente aan die eiser teruggegee, wat twee stelle van hierdie dokumente aan die balju in die omgewing waar die verweerder werk of woon, moet voorsien.“Die balju sal dan die do-kumente persoonlik aan die verweerder voorlê en ŉ relaas van betekening – ŉ geskrewe dokument wat bewys dat die dokumente aan die verweerder beteken is – uitreik. Waar daar kinders betrokke is, moet die Kantoor van die Gesinsad-vokaat in kennis gestel word,” verduidelik Peta.Na ŉ tydperk van 10 of 20 dae kan die eiser die egskeid-ing op die hofrol plaas. In betwiste egskeidings moet die verweerder die dagvaarding beantwoord deur ŉ kennis-gewing van voorneme om die saak te verdedig.“Sodra dit gedoen is, moet hy of sy ook binne ŉ bepaalde tydperk ŉ pleidooi indien. ŉ Pleidooi is ŉ verklaring waarin die verweerder op die bewerings in die dagvaarding reageer. Nadat ŉ pleidooi ingedien is, kan die eiser ook op die pleidooi reageer of ŉ kennisgewing van vasgestel-de voorlegging indien.“Die saak sal dan vir verhoor op die rol geplaas word,” sê Peta.
 vWat is ŉ verstekeg-skeiding?ŉ Hof sal ŉ egskeiding by verstek toestaan indien ŉ dagvaarding op die gade uitgedien is en hy of sy nie binne die toegewese tydperk reageer nie. Dit is egter raadsaam om jou huweliksmaat eers te kontak, want hy of sy kan later probeer om die egskeiding tersyde te stel op grond daarvan dat daar ŉ goeie rede was waarom die sperdatum nie nagekom is nie.
Die Vuk’uzenzele  koerant gaan ŉ reeks artikels publiseer wat met egskeiding verband hou. Kyk uit daarvoor in die volgende uitgawe.
